Showing posts with label DIY Projects. Show all posts
Showing posts with label DIY Projects. Show all posts

Friday, September 12, 2025

New ZS6CM0 70cm AllStarLink Repeater - Alberton



(Click on images for larger view.)

Curtis ZS6CMO recently completed his 70cm AllStarLink Repeater.  In the video the repeater was connected to the ZS-Link Network in the Southern Cape.  Audio quality was excellent way better than the normal Echolink audio.  The repeater consists of the following equipment:

  • Dell Wyse 3040 Mini Computer
  • R1-2023 BH7NOR Controller for AllStar
  • Motorola Repeater Interface
  • 2 x Motorola Radios
  • Mobile Cavity Filter 
  • Yellow 3D Printed Holder for the equipment

Congratulations to Curtis on constructing a good looking "Mobile" UHF Repeater with excellent audio quality!!


 

Tuesday, September 9, 2025

’n Ongewone Dubbel Frekwensie Antenna - Christi ZS4CGR


(Klik op foto om te vergroot)

Hulle sê as jy ’n probleem het, moet jy eerste die probleem definieer en dan vir die antwoord soek. Nou wat is die probleem? Dat ek twee frekwensies uit een radio wil aandryf wat te vêr uitmekaar is vir een antenna en (te naby is vir ’n 'splitter'). Hi!

Nou verskoon maar die foto’s, want my werkstafel is of my hok se tafel of my kombuis/eetkamer tafel.

Die probleem is met Burg-B / Marnet se frekwensies. Die simpleks frekwensies lê van 67.000 tot 67.125MHz terwyl die herhalers lê tussen 69.925 tot 78.6625MHx. met ’n 'off. Set' van tot 7MHz. Bitter wyd vir ’n maer mobiele antenna om te dek. Ek het voorheen reeds ’n antenna gebou wat tot vyf frekwensies van 2m tot 70cm gedek het, so ek moes nou net ’n eenvoudiger een bou met wat ek beskikbaar het.

Ter sefdertyd wil ek dit ’n 'verskuifbare mobiele antenna maak, met die mins moontlike uitgawes.

Laas toe ek by ’n smidswinkel was, het ek daar 2mm ronde plaatjies uit die afval gebedel met die om gly skarniere vir my verkyker staander te maak. Met een van hulle en ’n paar stukkies 20mm plat yster het ek ’n basis gemaak vir die monteerstuk van die antenna. Onder die voetjies het ek duodenum magnete monteer. Ek het nogal baie uitgesien na die magnete vanaf die 'communikasie winkel' (ek mag nie adverteer nie) daar uit Centurion. Nou sal julle verstaan hoe teleur gesteld ek was toe my pakkie hier op die plaas aankom en een of ander kluitkop het die magnete uit die pakkie gesteel. Vroeg die volgende dag kontak ek die winkel en verduidelik en gee foto’s van die beskadigde pakkie, nou moet ek maar kyk wat gebeur waar ek weer geld vir magnete sal kry, want om hulle nou te vervang beteken hulle kos my nou drie-maal die eerste prys (courier ingesluit).

’n Pluimpie vir my verskaffer: Daardie selfde middag ontvang ek ’n kennisgewing dat die vervangings magnete reeds by die koerier is, wat ’n vreugde. So inplaas dat my projekkie uitgestel word, is die nuwe pakkie die volgende dag hier en ek kan laai waai.



 (Klik op fotos om te vergroot)

Die magneet basis se basis Montering van die magnete.

Kyk mooi, die bout wat die magneet monteer het ’n plastiese insetsel wat deur die staal gaan en langer is as die plaat dikte, aan weerskante is daar wassers om die plastiek effe vas te druk in die staal. Die doel is om te kompenseer vir skuins vlakke op ’n voertuig sodat die magneet maksimum kontak op die voertuig het, die magneet kan dus effe kantel.


 (Klik op foto om te vergroot)

 Terloops, die magnete het 'versinkte onderkante en die boutjies (5mm) het versinkte koppe.

Terloops, die midband antenna het ek verlede maand van dieselfde winkel afgekoop, diens is puik produk is puik prys is baie goed en aflewering is meestal die volgende dag (hier na my toe).

En so lyk die antenna basis, as jy eers agtergekom het hoë hy in mekaar sit, is die ontwerp eintlik oulik en goed.

 


(Klik op fotos om te vergroot)

Nou vir die truuk om twee antennas te monteer (ek sal later die VNA prente plaas). Vir die montering het laas keer ’n geelkoper skyf gebruik, maar dit kos geld en ek sou moet Bloemfontein toe gaan vir die materiaal. Dis, maak ’n plan.

Ek wou eers soek vir ’n geelkoperstaaf sodat ek skroefdraad in die gaatjies kon sny, maar toe vang my oog ’n stuk gegalvaniseerde 'ready bar' (wat is dit in Afrikaans) en ek sien ’n nuwe plan.


(Klik op foto om te vergroot)

Hy moet maar groot bly dan kan julle makliker sien wat ek gedoen het. Ek moes die gaatjie op die antenna basis uitboor na 3,2mm sodat ek ’n sterker middel-stuk kon gebruik. Die staak het 3mm gaatjies 100mm uitmekaar en een in die middel. Op die foto het ek nog SS-moere om makliker te werk maar ek het hulle later vervang met selfsluitmoere.

As grondvlak gebruik ek die bokant van ’n 210ℓ drom wat ek op ’n staander met drie pote monteer, dit maak toets werk baie makliker al is dit nie ’n ideale opset nie. Die magneet staander moes ek omtrent 50mm verhoog omdat die kabel uit die antenna monteerstuk nie haaks uitkom nie en ek dit nie skerp wil buig nie


 (Klik op fotos om te vergroot)

Hier is die drie latte waarmee ek getoets het. Van bo na onder No 1, 2 en 3.

No 1 kom saam met die antenna, 2 Is ’n gewone 51" lat en No 3 is ’n gewone SS-vervangings lat.


(Klik op foto om te vergroot)

Net om ’n idee te gee van hoe die kombinasie lyk.

Goed, hier is nou die reeks VNA prente, ek sal hulle volgens nommer bespreek. Eerste net die enkel latte direk op die basis gemonteer, sonder die T-stuk.

(Klik op fotos om te vergroot)


Lat 1


Lat 2

Net om te wys waar elkeen resoneer sodat dit vergelyk kan word met die verandering wanneer in kombinasie. Die T-stuk verleng die antenna met ongeveer 100mm, wat die resonante punt ook sal skuif.

 

Lat 3

Nou vir die kombinasies. Moet nie na die resonante frekwensie kyk nie, die idee is om te sien wat gebeur as ek twee stokke gelyk monteer. Onthou die twee antennas moet tussen 2 en 11MHz uitmekaar resoneer (wanneer dit finaal ingestel moet word)


Latte 1 en 2.

 


Latte 1 en 3.



Latte 2 en 3.


Latte 1 en 3 met die frekwensie grense aangedui.



Laastens lat 1 alleen op die T-stuk. (vlg. Met eerste VNA prent waar lat 1 direk op die montering is.) Omtrent 2MHz verskil.

Die volgende taakie gaan wees on die twee latte uitmekaar (dus parallel) te hou en daarna om die T se onderste been te verstewig. Dan kom die 'langpad toets'

Christi ZS4CGR

Saturday, August 23, 2025

The Radio Shack and Antennas of Nico ZS4N, Bloemfontein


Image: Antennas build and used by Nico  ZS4N  (Click on image for larger view.)

I had the privilege of visiting my brother in law,  Nico ZS4N in Bloemfontein in the Free State at the beginning of July 2025.  Unfortunately we did not spend a lot of time in his shack due to other commitments at the time.  I did however took some images of his towers, antennas, masts, radios and equipment in his Shack.  Nico has a variety of antennas and radios and can work most bands if not all of them.  He loves his Yaesu FT101ZD radios and has participated in several Antique Wireless Association contests with his vintage Yaesu radios.  On the list of some newer HF radios he owns:

Icom IC7610
Icom IC9100 
Yaesu FT840
Yaesu FT891
Yaesu FT897
Kenwood TS480
Kenwood TS2000

I am not going into detail here about all the other equipment and antennas as the photos beneath is a clear indication on his well equipped radio shack and 98% of all his homebrew antennas and towers.

Images (Click on images for larger view.)




























Friday, July 18, 2025

Jasper ZS1WT se 18 Meter Amateur Radio Toring nou staande te Blandsdrift, Mosselbaai. (Article in Afrikaans and English)


Radio Amateurs kan maklik uitgeken word wanneer 'n toring of mas met antennas hul verskyning maak op 'n eiendom.  Wel die afgelope week of twee was daar heelwat voorbereidings getref om 'n 18 meter toring staande te maak te Blandsdrift, Mosselbaai.  Die toring behoort aan Jasper ZS1WT en is op sy plaas Blandsdrift, Mosselbaai.

Nou kom ons kyk bietjie hoe is hierdie toring deur Jasper en sy skoonpa gebou.  Die bou van die toring het 'n paar maande gelede begin in een van Jasper se skure op die plaas.  Kyk gerus na die fotos en julle sal opmerk hoe die toring gebou is.  Vakmanskap en sweiswerk op sy beste.  Die yster vir die toring is met groot sorg uitgemeet, gesny en gesweis.  Seksie vir seksie is gebou oor 'n periode van 'n paar weke.  Nadat al die seksies (4) van die toring gebou is, is die staal versterkte beton raamwerk gebou waaraan die toring vasgebout moes word.  Die nodige gat is gegrawe en die raamwerk is in die gat geplaas waarna die beton blok gegiet is.  Klink sommer maklik en vinnig maar wees verseker talle berekenings, verskuiwings, gelyk making en waterpas lesings is geneem/gemaak om te verseker dat die toring stewig en regop staan. Nadat die beton gegooi was, moes dit vir 'n paar weke behandel word om dit tot volle sterkte te bring voordat die toring opgetrek kon word.

Wel die groot dag het aangebreek en was dit tyd om die toring regop te trek nadat twee antennas aan die toring vasgebout was. Die groen trekker het sommer vinnig en sonder enige inspanning die 18 meter hoe toring opgetrek.  Die nodig boude is vasgedraai en natuurlik is daar terug gestaan en die harde handewerk te aanskou en seker te maak dat die toring pen regop staan.

Kyk gerus na die fotos en videos want dit is nie aldag dat 'n mens 'n 18 meter hoe toring se bou en oprigting kan besigtig nie.  Soos ek reeds aan Jasper gese het, die toring lyk sommer heel indrukwekkend.  Wat n lekker gevoel na al die harde werk.  Baie geluk Jasper en daar staan hy nou.  Jy gaan sommer 'n hond uit 'n bos beduie met die toring en antennas wat jy gaan oprig.  Dankie ook dat jy die fotos en videos met ons as radio amateurs gedeel het.

                                                        xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Jasper ZS1WT's 18 Meter Amateur Radio Tower now standing at Blandsdrift, Mossel Bay.

Radio Amateurs can easily be identified when a tower or mast with antennas makes its appearance on a property. Well, over the past week or two, a lot of preparations have been made to erect an 18-meter tower at Blandsdrift, Mossel Bay. The tower belongs to Jasper ZS1WT and is on his farm Blandsdrift, Mossel Bay.

Now let's take a look at how this tower was built by Jasper and his father-in-law. The construction of the tower began a few months ago in one of Jasper's barns on the farm. Take a look at the photos and you will notice how the tower was built. Craftsmanship and welding at its best. The iron for the tower was measured, cut and welded with great care. Section by section was built over a period of a few weeks. After all the sections (4) of the tower were built, the steel reinforced concrete frame was built to which the tower had to be bolted. The necessary hole was dug and the frame was placed in the hole after which the concrete block was poured. Sounds easy and quick but rest assured numerous calculations, shifts, leveling and spirit level readings were taken/made to ensure that the tower stood firmly and upright. After the concrete was poured, it had to be cured for a few weeks to bring it to full strength before the tower could be erected.

Well the big day arrived and it was time to pull the tower upright after two antennas were bolted to the tower. The green tractor quickly and effortlessly pulled the 18 meter high tower up right. The necessary bolts were tightened and of course Jasper stood back and watched the hard work and made sure that the tower was standing upright.

Please take a look at the photos and videos because it is not every day that one can see the construction and erection of an 18 meter high tower. As I already said to Jasper, the tower looks quite impressive. What a nice feeling after all the hard work. Congratulations Jasper and there it stands now. You are going to have a lot of fun with the tower and antennas that you are going to erect. Thank you also for sharing the photos and videos with us all as radio amateurs.

Fotos (Klik op fotos om te vergroot.)














Videos:






New ZS6CM0 70cm AllStarLink Repeater - Alberton

(Click on images for larger view.) Curtis ZS6CMO recently completed his 70cm AllStarLink Repeater.  In the video the repeater was connected ...