Showing posts with label Hammies. Show all posts
Showing posts with label Hammies. Show all posts

Monday, January 5, 2026

Rulhof ZS4RM - AllStar Portable / Mobile Node Project


Awhile ago Rulhof ZS4RM informed me that he is busy building an AllStar Portable / Mobile Node which he will be using whenever the need arises.

Now what on earth is a Portable / Mobile AllStar Node?

A
DIY mobile AllStar node is a custom-built, portable device that uses a low-power computer, a radio interface, and amateur radio equipment to connect to the global AllStarLink network via the internet  (often a mobile hotspot). This setup allows amateur radio operators to communicate with thousands of other nodes and repeaters worldwide using their handheld or mobile radios, essentially acting as a personal gateway or "hotspot". 

The "DIY" aspect means the operator assembles the components themselves, which is a common and cost-effective approach within the ham radio community, as opposed to buying a pre-built commercial unit. 
 
Key Components:
 
A typical DIY mobile AllStar node requires the following main components: 
  • A Computing Device: A small, low-power computer, most commonly a Raspberry Pi (Pi 3 or Pi 4 are popular choices). It runs a Linux-based operating system with the AllStarLink software, often a pre-configured image like HamVoIP.
  • A Radio/Audio Interface: A small circuit board or device that connects the computer's USB port (via a C-Media CM108/CM119 sound IC) to the radio's audio input/output and Push-to-Talk (PTT) lines. Pre-made interfaces like the DMK URIx or Masters Communications DRA boards are available, or advanced users can build their own from scratch.
  • A Node Radio: A simple, often inexpensive, UHF or VHF radio (e.g., a Baofeng UV-5R or similar) dedicated to the node. This radio receives signals from your personal handheld radio and transmits audio back from the network.
  • Power Source: For a mobile setup, a portable battery bank or a buck converter for a vehicle's power system is used.
  • Internet Connection: The node needs internet access, which can be provided by Wi-Fi or by tethering to a mobile phone hotspot.
Functionality:
 
The setup works by:
  1. Receiving an FM signal from your handheld radio on a specific frequency.
  2. Converting the audio to digital data via the sound interface and the Raspberry Pi.
  3. Transmitting that digital data over the internet to other AllStar nodes.
  4. Receiving internet audio from other nodes.
  5. Converting the digital audio back to an FM signal for transmission to your handheld radio.
This allows for seamless communication over vast distances, bridging the gap between local RF (Radio Frequency) coverage and the global internet network. 
 
Building Your Own:
 
To build a DIY node, you would typically follow these general steps:
  1. Register for an AllStar node number on the AllStarLink website.
  2. Gather the necessary hardware components.
  3. Install the AllStar software (like HamVoIP) onto the Raspberry Pi's SD card.
  4. Wire the radio to the interface board (if necessary).
  5. Configure the software settings, including audio levels and network parameters, often using a program like PuTTY for remote access.
  6. Test the node using the "Parrot mode" feature.
There are many online guides and YouTube tutorials available to walk users through the process.
 

Information regarding the ZS4RM AllStar Portable / Mobile Node:
 
Call Sign:  ZS4RM
Frequency:  433.4125 Mhz
CTCSS:  100 Hz
Node Number:  647031
Location:  Bloemfontein
Site:  Bayswater
Affiliation:  Hammies Free State (ZS4ZU)
 
The "inauguration"   of the node took place during the recent holiday season when Rulhof visited  Shelly Beach in Kwazulu Natal.  He use the node regularly while mobile and even portable when he visited the beach.  The node is functioning well and is definitely a great asset when going mobile or portable.  Congratulations on constructing a useful and effective node, Rulhof.  It is clear from the videos that you enjoy the node to the full.

Images:  Click on images for larger view.












 
Videos:









Sunday, November 3, 2024

Bloemfontein Voortrekkers leer meer oor Amateur Radio Kommunikasie - 2 November 2024


Hoerskool Sentraal in Bloemfontein was gister sommer lekker besig gewees.  Nee, dit was nie met skoolwerk of sport nie maar het die Bloemfontein Voortekkers meer geleer oor radio kommunikasie in besonder amateur radio kommunikasie.  Onder leiding van die Bloemfontein Amateur Radio Klub (ZS4BFN) het Rulhof ZS4RM, Ettiene ZS4EG en Michael ZS4BHF die Voortrekker Verkenners meer geleer oor amateur radio teorie asook die praktiese toepassing daarvan, beter bekend in die voortrekkers se taal as Radiospraak.

Maar wat behels amateur radio kommuniksie?  Radio-amateurs gebruik verskeie radios en modusse (analoog sowel as digitaal) asook VOIP ("Voice Over Internet Protocol") om met mede radio-amateurs reg oor die wêreld heen kontak te maak.   Wel nie net wereldwyd nie maar ook met ruimtevaarders aan boord van die Internasionale Ruimtestasie (ISS).  Kontakte word deur ARISS ("Amateur Radio on the ISS") gekoordineer.  Dit stel jong mense en studente in staat om met die bemanning op die Internasionale Ruimtestasie kontak te maak en vrae oor die ruimte en wetenskap te vra.  Hierdie is maar slegs een aspek van Amateur Radio.  Die tyd en spasie laat my nie toe om al die aspekte van Amateur Radio hier te verduidelik nie.  As jy meer wil weet klik op die skakel hieronder.

Die drie bostaande radio amateurs het ook verskillende radio toerusting / aparaat uitgestal tydens die geleentheid.   Daar is ook breedvoerig verduidelik hoe om 'n radio stasie op te rig en dan die toerusting te gebruik om kontak te bewerkstellig met ander amateur radio stasies.  Van die Verkenners het ook hul voortrekker radio kentekens verwerf tydens die byeenkoms nadat hulle die vasgestelde vereistes nagekom het.  Baie geluk aan die Verkenners wat radio kentekens verwerf het. Dankie ook aan Hoerskool Sentraal en die bostaande Radio Amateurs vir julle bydrae tot die sukses van die geleentheid asook om amateur radio te bevorder !!

Wil jy meer weet oor Die Voortrekkers?  Klik HIER

Wil jy meer weet oor Amateur Radio?  Klik HIER

Fotos (Klik op fotos om te vergroot.)




























Saturday, October 26, 2024

Congratulations to all the candidates that wrote and passed the Oct 2024 RAE Examination!!


 

As per the above title I would like to congratulate all the RAE candidates on passing the RAE, They wrote the examination last Saturday (19 October 2024).  A special word of welcome to every new radio amateur and I trust that every single one that passed will be and active radio amateur for the rest of his lifetime on this planet.  We as "older" radio amateurs would like to take this opportunity to share our knowledge that we gathered throughout the years. Let's be realistic there will by experienced radio amateurs that might not share their knowledge but they are definitely far and in between. There are also a few "soar plums" around.  Please ignore them and find a friendly helpful radio amateur.  The only thing that you must do is to ask questions on the airwaves, and NOT social media as we would like others to also learn from you questions.  After all we talk about amateur radio here and NOT social media!  If you do not ask questions you will not gain the knowledge of experience radio amateurs. Yes, there is Google, YouTube etc. but they do not always explain the "nitty gritty" and definitely not the way experience radio amateurs will personally assist you with any problems you might experience in your amateur radio career.  The worst thing you can do is to "disappear" after you wrote the RAE.  Please get into the swing of things as soon as possible!!

The following candidates passed the RAE in the Southern Cape Area:

1. Jacobus ZS1JDJ

2.  Vivian  ZS1VIV

3.  Jacub ZS1KUB

4.  Matthys ZU1MY

5.  Martin ZS1FCN

6.  Cloe  ZR1CZ

7.  Llewellyn  ZS1VIS

Congratulations to the Eden Radio Club who managed to obtain a 100% pass rate!!

Finally:  Many thanks to all those who are/were involved in the RAE, PR and the recruiting process.  

Monday, June 10, 2024

Jong Bloemfonteinse radio amateur bevorder Amateur Radio Kommunikasie in sy Gemeenskap, Suid Afrika asook die Buiteland.

Bo:  Rulhof van der Merwe ZS4RM in sy radio kamer

Rulhof van der Merwe ZS4RM het weereens gewys dat hy nie gras onder sy voete laat groei wanneer dit by die Amateur Radio stokperdjie kom nie.  Die GRHub Netwerk Blog het al verskeie kere artikels geskryf oor hierdie jong dinamiese radio amateur. As gekyk word na die lesersgetalle dan is dit duidelik dat die artikels tot groot belanstelling onder die publiek gelei het.  Indien u die artikels nog nie gelees het nie kan u gerus op die onderstaande skakels klik om meer uit te vind oor die jong man:

(1) Bloemfonteinse jong aktiewe radio amateur skud die Rosestad behoorlik wakker!

(2) Jong Radio Amateur van Bloemfontein ontvang toekennings tydens die afgelope SARL Nasionale Konvensie

(3) Vyftienjarige Radio Amateur ryg die pryse in - Volksblad

Rulhof van der Merwe het in Mei 2022 toe hy 13 jaar oud was die Amateur Radio Eksamen (RAE) suksesvol afgele en die roepsien ZU4R  verwerf.  Hy het 'n uitdaging aanvaar om sy ZS roepsein  te bekom en 'n jaar later in Mei 2023 op die ouderdom van 14 jaar het hy sy ZS roepsein vewerf nadat hy die eksamen geslaag het.  Die roepsein ZS4RM is aan hom toegeken twee dae  voor sy 15 de verjaardag.  Die jong man het onlangs sy 16 verjaardag gevier maar nie voordat hy weer gesorg het vir 'n "opskudding" in Bloemfontein nie.

Rulhof is nie iemand wat kan stilsit nie. Die daarstelling van 'n uiters suksesvolle amateur radio netwerk in die Suid Kaap wat gebruik maak van VOIP en RF Radio Send / Ontvangers (herhalers) om plaaslik asook wereldwyd  te  kan kommunikeer met 'n klein twee rigting radio het Rulhof se belangstelling onmiddelik geprikkel. Hy het aangedui dat hy ook 'n Echolink Netwerk wil oprig in Bloemfontein  sodat plaaslike radio amateurs die stelsel kan gebruik om ook wereldwyd te kan kommunikeer.  'n Verdere beweegrede was dat hy graag meer aktiwiteite daar wou stel in Bloemfontein wat sou behels die uitsaai van nuusbulletins, amateur radio gesprekke en uitsaai van velerlei gebeurtenisse vanuit ander dele van die land asook wereldwyd. 

Nou wat is Echolink? Echolink is 'n rekenaargebaseerde amateur radio stelsel wat gratis versprei word wat radio amateurs in staat stel om met ander amateurradio-operateurs te kommunikeer deur Voice over IP (VoIP) tegnologie op die internet vir ten minste 'n deel van die pad tussen hulle.  Voeg by herhalers, skakels en ander amateur radio netwerke en jy vergroot jou kommunikasie moontlikhede drasties.  Soos reeds aangedui kan die stelsel plaaslik of wereldwyd gebruik word deur onder andere net 'n klein draagbare VHF of UHF radio te gebruik.  

Nou ja ons ken Rulhof as 'n jong man met dryfkrag en na oorlegpleging met verskeie VOIP en Radio Netwerk eienaars het hy besluit om toerusting te bekom om so 'n netwerk op die been te bring vir Bloemfontein. Op eie koste het hy 'n koppelvlak (Blou eenheid) vanaf China af ingevoer.  Sonder die koppelvlak is dit nie moontlik om 'n Echolink Netwerk daar te stel nie. Verskeie radio amateurs het hulp aangebied en toerusting beskikbaar gestel om Rulhof se droom te bewaarheid.  'n VHF Radio is aan hom geskenk deur Nico Engelbrect ZS6MAJ van VanderKloof. Die radio moes hergeprogrameer en gemodifiseer word.  Die programering is deur Ettienne Grobler ZS4EG behartig terwyl Mark Warner ZS4OIL van Sasolburg die modifikasies gedoen het op die radio wat ook die koppelvlak kabel insluit.  Laastens het Rulhof en sy pa die rekenaar kant van die projek behartig.  Dit sluit onder ander in die installering van die nodige sagteware, opstel van poorte, Internet koppeling en instalering van die koppelvlak.  Met alles opgekoppel en aangeskakel was dit nou tyd om te kyk of die Echolink Netwerk in Bloemfontein korrek funksioneer.

Met die stelsel wat goed werk was daar ongelukkig ook diegene wat nie ten gunste was van so 'n Echolink Netwerk stelsel op die plaaslike 145.600 Mhz Amateur Radio Herhaler op Naval Hill in Bloemfontein nie.  Hy het heelwat teenkanting gekry in die verband. Na oorlegpleging is daar 'n ooreenkoms bereik met die plaaslike Bloemfonteinse Amateur Radio Klub en is daar sekere voorwaardes neergele in die verband.  Des nieteenstaande die teenkanting en voorwaardes is daar egter heelwat alternatiewe beskikbaar vir Rulhof  en word hy geensens gekortwiek in die verband nie.  Die alternatiewe laat hom toe om aan ander plaaslike of oorsese herhalers, simplex links, Echolink Nodusse ens. te koppel sonder dat die Bloemfonteinse herhaler gekoppel is.

Nou wat se talle voordele hou die projek van Rulhof in vir Bloemfontein, Suid Afrika en Wereldwyd?  Hier volg 'n paar voorbeelde:

1.  Die bevordering van Amateur Radio betrekkinge wereldwyd.  (Goeie ambassadeurskap met ander lande.)

2.  Die daarstelling van Amateur Radio aktiwiteite in Suid Afrika en spesifiek in Bloemfontein.

3. Die ZS4RM-L Echolink Netwerk van Rulhof en sy ander radio bedrywighede kan in krisistye gebruik word om kommunikasie te onderhou en op noodgevalle te reageer.  (Amateur Radio Nood Kommunikasie)

4.  Die bekendstelling van amateur radio aan die publiek.

5.  Die aktiewe en effektiewe gebruik en beskerming van die Amateur Radio Spektrum.

6.  Die ZS4RM-L Echolink Netwerk van Rulhof is uniek geposisioneer om mensgesentreerde, konteks spesifieke sekuriteits uitdagings aan te spreek.

7.  Die ZS4RM-L Echolink Netwerk van Rulhof is 'n medium vir die bevordering van tegniese kennis, praktiese vaardighede en innoverende tegnologie.  

8.  Die ZS4RM-L  Echolink Netwerk van Rulhof en sy ander amateur radio bedrywighede  verskaf ook rugsteun stelsels op gemeenskapsvlak wat in tye van nood aangewend kan word tot voordeel van die Bloemfonteinse gemeenskap

Uit die paar genoemde voorbeelde is dit duidelik dat die ZS4RM-L Amateur Radio Echolink Netwerk en die ander amateur radio bedrywighede van Rulhof van der Merwe onder andere 'n bydrae lewer tot menslike veiligheid vir almal in Bloemfontein en Suid Afrika.

Vir baie mense is vandag se wêreld 'n onsekere plek, vol bedreigings op baie fronte. Natuurrampe, gewelddadige konflikte, chroniese en aanhoudende armoede, gesondheidspandemies, internasionale terrorisme en skielike ekonomiese en finansiële afswaai lewer aansienlike ontberings op, wat ons vooruitsigte vir volhoubare ontwikkeling, vrede en stabiliteit ondermyn.

Op 16 jarige ouderdom het Rulhof van der Merwe ZS4RM van Bloemfontein gewys dat hy kennis dra van vele uitdagings in sy gemeenskap, Suid Afrika en self wereldwyd en dat hy 'n bydrae wil en gaan lewer om die Wereld 'n beter plek te maak.  Des nie teenstaande die aanvanklike teenkanting en struikel blokke het hy volhard en voorgegaan met die projek en dit suksesvol voltooi.  Dit is duidelik dat die stelsel groot voordele inhou vir die Bloemfonteinse gemeenskap soos reeds supra vermeld.

Rulhof ZS4RM het getoon dat hy die belange van die Bloemfonteinse Gemeenskap voorop stel en 'n bydrae wil lewer dmv amateur radio, 'n stokperdjie wat ook wereldwyd uitreik na ander.  Knap gedaan jong man en doen so voort.  Jy gaan sommer nog groot hoogtes bereik in die toekoms!!

Toerusting wat Rulhof ZS4RM gebruik om die ZS4RM-L Amateur Radio Echolink Netwerk daar te stel:

Fotos (Klik op fotos om te vergroot.)


Bo: Motorola GM350 VHF Mobiele Radio vir Echolink gebruik


Bo:  R1 Blou Koppelvlak tussen Radio en Rekenaar

Bo:  Motorola GM350 Radio Modifikasies tov COS/COR

Bo:  Antenna vir Echolink

Bo:  VHF/UHF draagbare radio wat gebruik word om wereldwyd kontak te maak

Bo:  Rulhof ZS4RM aan die stuur van sake tydens die nuus bulletin uitsending van die Bo Karoo Amateur Radio Klub.

Bo:  "Bubble Chart" van die wereldwye stasies wat ingeskakel was op ZS1I AllStar en Echolink

Bo:  Echolink rekenaar program wat gebruik word om kontakte te maak.

Bo:  Echolink Selfoon program wat gebruik word om kontakte te maak.

Closure of this ZS Link Network Blog - 29 April 2026

This will be the final posting on the ZS Link Network Blog. This blog will no longer be updated but will remain available for research an...