Sunday, December 3, 2023

Bloemfonteinse jong aktiewe radio amateur skud die Rosestad behoorlik wakker!


Foto:  Rulhof in sy Amateur Radio Kamer

Vandag gaan ons bietjie kyk na 'n jong radio amateur wat letterlik die Rosestad dmv amateur radio  behoorlik wakker geskud het.  Rulhof van der Merwe het in Mei 2022 toe hy 13 jaar oud was die Amateur Radio Eksamen (RAE) suksesvol afgele en die roepsien ZU4R  verwerf.  Hy het 'n uitdaging aanvaar om sy ZS roepsein  te bekom en 'n jaar later in Mei 2023 op die ouderdom van 14 jaar het hy sy ZS roepsein vewerf nadat hy die eksamen geslaag het.  Die roepsein ZS4RM is aan hom toegeken twee dae  voor sy 15 de verjaardag.

Rulhof is 'n aktiewe radio amateur in die Rosestad (Bloemfontein).  Hy laat nie op hom wag nie en was sommer spoedig op die lug.  Van sy aktiwiteite:

1.  SARL WAZS 100 SSB 886 issued 13 September 2023

2.  Hammies Sprint 2023 Certificate of Merit - Operating ZS4ZU

3.  ZS4SRK ZS4-QSO Party 17 April 2023 (Second Place)

4.  Weeklikse bulletin bydraer tot die Bo Karoo Amateur Radio Klub.  Rulhof voorsien 'n WhatsApp audio insetsel vir die weeklikse bulletin.

5.  Rulhof het 'n Echolink skakel (ZS4RM-L) op 145.500 Mhz in Bloemfontein  in werking gestel en herlei verskillende uitsendings vir radio amateurs in die Rosestad en omgewing.

6.  Rulhof as Hammie is ook besig om van sy vriende aan te  moedig om radio amateurs te word.  As trekpleister gesels hulle onderling op CB Radio wanneer die tyd dit toelaat.

7.  2023 Bo Karoo Amateur Radio Klub Meriete Toekennings tydens die klub se AJV.  Hy het die toekennings ontvang vir die mees aktiefse Hammie en die trofee vir die mees aktiefste "Rookie", Groen Mamba Troffee  (2 x Toekennings.  Sien laaste twee fotos).

8.  Rulhof se toerusing bestaan huidiglik uit die volgende:  

  • 40/80 Meter Inverted V Dipool
  • Kenwood TRC 70 HF Radio
  • Baojie BJ-218 VHF/UHF Radio
  • Kenwood TM V71
  • ZS4N Balun
  • SWR Meter
  • Noise Cancelling Unit
  • Diamond X200 VHF/UHF Antenna

As 'n mens in ag neem dat Rulhof nog 'n ingeskrewe leerling is van HoĆ«rskool Sentraal, Bloemfontein, dan is bostaande werklik merkwaardig as in ag geneem word dat sy skool aktiwiteite baie van sy tyd in beslag neem.  Waar hy die tyd vandaan kry om nog aan amateur radio te bestee sal net hyself weet.  Rulhof het gewys dat wanneer jy 'n aktiewe radio amateur is dit aansteeklik is. Hy word bygestaan en touwys gemaak deur verskeie radio amateurs in die Bloemfontein omgewing maar ook in ander provinsies.  Ek wil nie graag name noem nie, want ek mag dalk nalaat om iemand te noem.  Baie dankie aan diegende wat 'n bydrae in die verband gelewer het en nogsteeds lewer.

Laastens:   Hiernaas verskyn 'n familie foto van die Van der Merwe familie.  Ek sien sommer talle toekomstige radio amateurs op die foto.  Rulhof jy sal so bietjie moet "sielkunde" gebruik want as jy op 13 jarige ouderdom die RAE suksesvol kon afle, is ek seker dat Pa, Ma, Sus en Boetie onder jou leiding ook radio amateurs kan word.  Dink net hoe lekker sal dit nie wees as julle almal radio amateurs is nie.  Kan heel voordelig wees vir almal van julle.

Rulhof word sterkte toegewens met sy amateur radio "loopbaan".  Onthou sukses in amateur radio word te weeg gebring wanneer jy 'n aktiewe radio amateur is en bly.  Sterkte vorentoe ook met die skool eksamens!! 

Fotos (Klik op fotos om te vergroot)



 








LNR:  Rulhof ZS4RM en Pieter Gaybba ZS3PG  Voorsitter van die Bo Karoo Amateur Radio Klub.

Media Dekking:  Klik op titel vir skakel na nuus berig.

Tiener (15) van Bloemfontein ry die radiogolf  -  Karen van der Berg  OVM NUUS


   

 

Maintenance: Amateur Radio Mast at the Coast

  Over a period of time I noticed that one of my radio masts (Ex Wind Turbine Mast) was showing signs of rust where two pipes were welded to...