Die administrateurs van die ZS-Link Netwerk Groep will langs die weg graag die volgende persone bedank vir die skenking van toerusting asook die verkryging van die ZS-Link Netwerk Logo.
Fred ZS5SAM - Baie dankie aan Fred vir die skenking van 70cm Dipool Antennas. Die antennas kan baie handig aangewend word ter uitbreiding van die ZS Link Netwerk. Die skenking word hoog op prys gestel en is weereens 'n aanduiding van die goeie amateur radio gees en oop-hand welwillendheid wat daar heers in die ZS Link Netwerk Groep!!
Viv ZS1VIV - 'n Versoek is tot Viv gerig of dit moontlik sou wees om die JPEG lêer met die ZS Link Netwerk Groep se Logo daarop te bekom vanaf die vervaardigers wat die ZS Link Netwerk Groep se banier vervaardig het. Wel dit was nie 'n uur later nie toe is die JPEG lêer per epos ontvang. Dankie, Viv vir die spoedige beskikbaarstelling van die lêer!!