Showing posts with label Inventions. Show all posts
Showing posts with label Inventions. Show all posts

Sunday, March 2, 2025

My Son Plaas in die Vrystaat - Christi ZS4CGR

 

Hier volg interessante inligting rondom die gebruik van hernubare energie soos verskaf deur Christi ZS4CGR.  Soos gesien kan word het hy die "doen dit self" rigting gevolg en wek hy genoeg krag op om sy hele huishouding en amateur radio hok van krag te voorsien.  Dankie Christi dat jy die besonderhede rondom jou "son plaas" en opbou na son energie en onafhanklikheid met ons gedeel het.


Opbou na Sonenergie en Onafhanklikheid – Christi ZS4CGR

My pad na sonenergie het in 2004 begin. Ons was van plan om op die banke van die Oranjerivier bokant Aggenys ’n plaas te koop. Op die grond was nog nooit twee bakstene op mekaar nie. Kaal landelike grond. 6500Ha groot.

Ek het my eerste panele 2 x 70W gekoop teen R2500, drie tweedehandse 104 Ah batterye en ’n 400W 'ou tipe' omsetter. Vir ’n jaar was dit ons enigste energie. Daarmee het ons een rekenaar kon bedryf vir maks. een uur per dag. Drie florescent 8W kar 'lead lights' was ons lig in die drie army tente wat ons 'huis' was. Stoof en karavaan vries kassie was op gas. Warm water uit die donkie was net wintertyd nodig. Terloops, somer temperature in die skaduwee het 48°C bereik en in die tente tot 57°C. So teen 3h soggens het die temperatuur onder 32° gedaal en kon ons gou bietjie slaap voor die son weer opkom.

Hierna het ek vir drie jaar in die landbou gewerk en toe stuk-stuk getrek na die familieplaas waar ons nou voltyds woon.

In 2006 het ek begin speel met alternatiewe warm water stelsels (wat ons nou nog gebruik). Swart PVC klas drie 25mm pyp, 200m lank, opgerol en bedek met tonnel plastiek (teen wind -wat so 4j hou - sien foto). Geen opgaar houer nie, die druk van die watertenk voer die pyp en ons moet sorg dat ons voor sononder klaar bad en stort. Dag temperatuur van die water is byna konstant op 75°C, heel bruikbaar, heel jaar deur, behalwe op swaar bewolkte dae (omtrent 7 dae per jaar), dan gebruik ons warm water uit ’n 50ℓ geysertjie wat van die sonstelsel af warm gemaak word. Ons het tans ook 'blou pype' vir die kombuis en veldstort. Warm water is hier volop.

Dit is die agtergrond.

Net eers hoe al my son panele werk.

Ons panele is in 'bondeltjies' gebou oortyd, op ’n middel paal (pivot) sodat as die paneel regop staan die onderkant so 300mm van die grond af is. Hulle kan dus roteer. Dan kan die rame waarop hulle gebou is ook vertikaal gekantel word. As hierdie dubbel beweegbare metode gebruik word, lewer elke paneel tot 160% van ’n vas gemonteerde paneel se krag (dus eintlik ’n besparing is panele). Tans het ek agt individuele 'bondels'.

En ja ek verstel hulle met die hand omdat ek die tyd het en die oefening nodig het. As ons weggaan, draai ek hulle Noord tot ons terugkom.

Hier is my huidige 8 + 3 bondels:

2x 70W 12V Voer lood-suur batterye vir radio’s en ander 12V toerusting
2x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
2x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
6x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
6x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
2x 325W 24V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
4x 180W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
2x 170W 12V Voer lood-suur batterye vir radio’s en ander 12V toerusting
1x 335W 24V Op karavaan dak foto
1x 225W 24V Op bakkie 'canopy'
1x 170W 12V Op bakkie 'canopy'


Hierdie 'bondels' was een-een aangeskaf, nie alles gelyk nie. Op die oomblik is die maks. lewering so 2.2kW.

Ek het baie lank gewerk met ’n motor battery bank van tot 15 batterye. So 3 jaar terug het ek ’n ou lood-suur 48V stelsel geskenk gekry, maar die 2V selle (24 selle) het nie ’n jaar gehou nie, waarna ek besluit het om oor te gaan op LiPO batterye. Omdat ek nie die LiPO batterye geken het nie, was ek geadviseer om 2x 3.7kW batterye te installeer, maar toe ek gaan sit en my somme maak, het ek die verskaffer gekontak en dit vermeerder na vier. En net ’n maand later het ek nog twee by gekoop, dus ses batterye van 3.7kW. Totaal nou 22kW. Terloops, 2.2kW bron vir 22kW batterye? Dit werk,
so 3½ uur se vol son en my laaier skakel af, alles is vol. En in bewolkte weer hou alles so drie dae voordat ek die Lister se hulp moet inroep.

Nou hier kom ’n interessante punt. Ek het gou agtergekom dat ek steeds nie genoeg rugsteun krag het na my sin nie, maar nog twee batterye sou meer as R30k kos, wat ek nie wou uitgee nie. Lank geloop en dink. Sien, ek het ’n gas yskas wat teen 300W konstant loop (die koste van gas was ’n groot deel van die motivering om oor te gaan op LiPO). Dit beteken 19kg gas per maand teen ongeveer R500/m. Maar die ou yskas kom al amper 15j saam met my en werk goed. Na heelwat dink het ek besef dat die uitweg was om die yskas te vervang i.p.v. batterye te koop. Die nuwe yskas gebruik net 80W en is nie konstant aan nie. Dit het 'veroorsaak' dat ek ook ’n kas vrieskas by gekoop het wat ook net 80W benodig. Die twee saam het minder as een battery gekos en verder nog R500/m se gas bespaar. ’n Goeie kompromie en my krag benodig het omtrent halveer.

Al ons gedagtes moet die volgende patroon volg: as jy nie jou inkomste kan vermeerder nie moet jy jou uitgawes verminder en as ek om my rondkyk, sny sal ons moet SNY.

Vir ’n stoof gebruik ons meestal ’n twee plaat stofie, ’n Elektriese plastiese ketel gebruik minder energie as ’n glas/metaal ketel omdat ek nie die glas/metaal hoef te verhit nie.

En hier is ’n wenner. Koop vit jou LV ’n nuwe druk-kook-pot die elektroniese soort. Hoekom? Want hy werk op 2bar druk (i.v.m. die oues wat op 1.2bar werk), maak taai vleis binne minute sag en gaar en gebruik baie minder krag en tyd as enige ander metode. Voordeel? Die LV 'smile'. Wat wil ’n LV hê? Warm water in die badkamer (en kombuis) en ’n gerieflike kombuis (en baie tyd vir haarself).

Nou kom ons by beligting.

Op Swartbas (plaas) het on 'lead lights' gebruik teen 8W elk.
Op Klein Kortlaagte (plaas) kon ons nie die 'luxury' bekostig nie. (tussen die twee het ek al my kapitaal 'verloor' deur 'diefstal').

Hier, het ek begin met een loodsuur battery (hier is ’n Lister, maar diesel kos geld) en kon dus nie die gewone ligte aandryf nie. Ek het ligte 'gemaak', ek het plastiese versierings-balle met fasette gekoop (O.D. 30mm), ’n gaatjie in geboor en ’n wit LED daarin monteer, drie in ’n ry met ’n weerstand vir stroom beheer en siedaar, hy werk van 12V af en gebruik 20mA. Gou was die hele huis 'belig'. Toe die 'strip LEDs' op die mark kom (of het ek dit ontdek?), het ek sistematies al die ou LED-balle vervang. Teen 50mA per lig. Ons het lank so gewerk, ons kon alles sien en doen wat nodig was. Laas jaar het ek op ’n verbetering afgekom. ’n Vriend wou sy neon lig vervanging (LED strip) waarvan die glas gebreek het weggooi, gou het ek hom oortuig om dit vir my te gee. By die huis het ek die krok met 'cable ties' op ’n 'dowel rod' vasgetrek nadat ek dit getoets het en hy werk nou nog in ons werkkamer (18W). Dit het my weer op ’n ander idee gebring. Ek het vir my van die neon vervangings buise (8W) gaan koop, ou geblaasde lampe se bajonet stert afgehaal en bedraad op die LED buis. Nou hang hulle vertikaal in die plek van gewone lamp aanhegtings en dit werk goed.
Nou-ja, dit alles kom oor die verloop van 18 jaar, sien, dis nie nodig om ’n hoop geld op een slag uit te gee nie, maar maak net ’n begin, dit sal self kleintjies kry, nes radio’s en antennas.

73

Christi ZS4CGR 

 

Fotos  (Klik op fotos om te vergroot.)



 



Thursday, August 31, 2023

Meet Rattelgram and Ribbit!!



Rattlegram/Ribbit is a new digital text messaging mode for HF/VHF/UHF recreational and emergency communications.  Important Note:  Tech demo is called Rattlegram - Ribbit name will be used when we reach Alpha release

Digital Messaging - Ribbit is a novel digital text messaging mode for VHF/UHF communications for recreational and emergency use which radically increases the density of information transmitted by spectrum used.

No Hardware - It leverages the computing power of the modern smartphone to increase the capabilities of any Handy Talkie without requiring any additional hardware or cable.

Distributed Design - Its redundant distributed nature allows it to function even when internet connectivity is lost during emergencies.

Open Source - Ribbit is open source and currently in its early stages of development.

ORI - Ribbit is a project of the Open Research Institute

Want to know more:

DEFCON 2022  DOWNLOAD THE PDF POSTER 

DEFCON 2023 DOWNLOAD THE PDF POSTER

 

Want to test the technology? 

Download Tech Demo - 'Rattlegram' 

Google Play Store

TestFlight for iOS

Test your reception with the test signal on YouTube.

Audio File Download: ZS1I Ramblings 31 August 2023 Issue 8 - Meet Rattlegram and Ribbit!

Tuesday, May 2, 2023

Down Memory Lane - South Africa Stamp of 15c in honour of Dr Trevor Wadley


The above stamp was issued in 1979 by the SA Post Office in honour of Dr Trevor Wadley (1920 - 1981), the inventor of the Tellurometer EDM a land surveying device, the Wadley Loop receiver tuning system for greater stability in communications receivers and the Ionosonde or chirpsounder, is a special radar for the examination of the ionosphere.  .

Dr Trevor Wadley was a research scientist at the Council for Scientific and Industrial Research (CSIR) in South Africa. The Council for Scientific and Industrial Research is South Africa's central and premier scientific research and development organisation. It was established by an act of parliament in 1945.

Wadley was born in 1920 in Durban, South Africa. His father was the Mayor of Durban and Trevor was one of 12 children. He attended Durban High School where he excelled in mathematics and science but was uninterested in any sport. The exception was one year when he entered the annual cross-country athletics event and predicted that he would win in record time and his record would stand for 15 years. He went on to do exactly as he had predicted. His training method involved calculating the time he needed to run each section of the course and then training himself to run at the required pace for each section.

He then went to Howard College (now the University of KwaZulu-Natal), where he studied under Hugh Clark and Eric Phillips. He had the habit of rarely, if ever, taking notes in lectures due to his near-eidetic memory. GR Bozzoli noted in is book Forging Ahead – South Africa’s Pioneering Engineers that Wadley "would very occasionally take out a small pocket notebook and write a word or two in it using a blunt, stubby pencil. His remarkable mind understood and remembered every item of a lecture".

In 1941, during World War II, he joined the Special Signals Services (SSS) of the South African Corps of Signals which was engaged in developing South Africa's own radar system based on the British experience which had been communicated to them. Wadley and other colleagues including Jules Fejer, the Hungarian-born mathematician, were trained on the British RADAR project.[4] His association with Fejer would continue for many more years. Wadley was not keen on mathematics but Fejer proved each of Wadley's concepts mathematically.

In 1946, Wadley was employed as a designer of radio equipment and instrumentation in a special division of the Telecommunications Research Laboratory (TRL), created at the behest of Prime Minister Jan Smuts and located at the electrical engineering department of the University of the Witwatersrand (under Basil Schonland). The TRL relocated to the South African Council for Scientific and Industrial Research (CSIR) and was renamed the National Institute for Telecommunications Research (NITR) (under Dr Frank Hewitt).

In 1948, Wadley started working on an urgent project for the South African Chamber of Mines to provide a means of radio communication underground for rescue purposes. After a feasibility investigation Wadley wrote a report indicating that it could be done and detailing his recommendations. The Chamber did not pursue the matter for more than a decade.

Wadley retired in 1964 (aged 44) and lived on the south coast of KwaZulu-Natal until his death from cancer in 1981 (aged 61).

More information about this remarkable inventor is available by visiting the links underneath:

 Images:  (Click on images for larger view.

 




Closure of this ZS Link Network Blog - 29 April 2026

This will be the final posting on the ZS Link Network Blog. This blog will no longer be updated but will remain available for research an...