Bo: Rulhof van der Merwe ZS4RM in sy radio kamer
Rulhof van der Merwe ZS4RM het weereens gewys dat hy nie gras onder sy voete laat groei wanneer dit by die Amateur Radio stokperdjie kom nie. Die GRHub Netwerk Blog het al verskeie kere artikels geskryf oor hierdie jong dinamiese radio amateur. As gekyk word na die lesersgetalle dan is dit duidelik dat die artikels tot groot belanstelling onder die publiek gelei het. Indien u die artikels nog nie gelees het nie kan u gerus op die onderstaande skakels klik om meer uit te vind oor die jong man:
(1) Bloemfonteinse jong aktiewe radio amateur skud die Rosestad behoorlik wakker!
(2) Jong Radio Amateur van Bloemfontein ontvang toekennings tydens die afgelope SARL Nasionale Konvensie
(3) Vyftienjarige Radio Amateur ryg die pryse in - Volksblad
Rulhof van der Merwe het in Mei 2022 toe hy 13 jaar oud was die Amateur Radio Eksamen (RAE) suksesvol afgele en die roepsien ZU4R verwerf. Hy het 'n uitdaging aanvaar om sy ZS roepsein te bekom en 'n jaar later in Mei 2023 op die ouderdom van 14 jaar het hy sy ZS roepsein vewerf nadat hy die eksamen geslaag het. Die roepsein ZS4RM is aan hom toegeken twee dae voor sy 15 de verjaardag. Die jong man het onlangs sy 16 verjaardag gevier maar nie voordat hy weer gesorg het vir 'n "opskudding" in Bloemfontein nie.
Rulhof is nie iemand wat kan stilsit nie. Die daarstelling van 'n uiters suksesvolle amateur radio netwerk in die Suid Kaap wat gebruik maak van VOIP en RF Radio Send / Ontvangers (herhalers) om plaaslik asook wereldwyd te kan kommunikeer met 'n klein twee rigting radio het Rulhof se belangstelling onmiddelik geprikkel. Hy het aangedui dat hy ook 'n Echolink Netwerk wil oprig in Bloemfontein sodat plaaslike radio amateurs die stelsel kan gebruik om ook wereldwyd te kan kommunikeer. 'n Verdere beweegrede was dat hy graag meer aktiwiteite daar wou stel in Bloemfontein wat sou behels die uitsaai van nuusbulletins, amateur radio gesprekke en uitsaai van velerlei gebeurtenisse vanuit ander dele van die land asook wereldwyd.
Nou wat is Echolink? Echolink is 'n rekenaargebaseerde amateur radio stelsel wat gratis versprei word wat radio amateurs in staat stel om met ander amateurradio-operateurs te kommunikeer deur Voice over IP (VoIP) tegnologie op die internet vir ten minste 'n deel van die pad tussen hulle. Voeg by herhalers, skakels en ander amateur radio netwerke en jy vergroot jou kommunikasie moontlikhede drasties. Soos reeds aangedui kan die stelsel plaaslik of wereldwyd gebruik word deur onder andere net 'n klein draagbare VHF of UHF radio te gebruik.
Nou ja ons ken Rulhof as 'n jong man met dryfkrag en na oorlegpleging met verskeie VOIP en Radio Netwerk eienaars het hy besluit om toerusting te bekom om so 'n netwerk op die been te bring vir Bloemfontein. Op eie koste het hy 'n koppelvlak (Blou eenheid) vanaf China af ingevoer. Sonder die koppelvlak is dit nie moontlik om 'n Echolink Netwerk daar te stel nie. Verskeie radio amateurs het hulp aangebied en toerusting beskikbaar gestel om Rulhof se droom te bewaarheid. 'n VHF Radio is aan hom geskenk deur Nico Engelbrect ZS6MAJ van VanderKloof. Die radio moes hergeprogrameer en gemodifiseer word. Die programering is deur Ettienne Grobler ZS4EG behartig terwyl Mark Warner ZS4OIL van Sasolburg die modifikasies gedoen het op die radio wat ook die koppelvlak kabel insluit. Laastens het Rulhof en sy pa die rekenaar kant van die projek behartig. Dit sluit onder ander in die installering van die nodige sagteware, opstel van poorte, Internet koppeling en instalering van die koppelvlak. Met alles opgekoppel en aangeskakel was dit nou tyd om te kyk of die Echolink Netwerk in Bloemfontein korrek funksioneer.
Met die stelsel wat goed werk was daar ongelukkig ook diegene wat nie ten gunste was van so 'n Echolink Netwerk stelsel op die plaaslike 145.600 Mhz Amateur Radio Herhaler op Naval Hill in Bloemfontein nie. Hy het heelwat teenkanting gekry in die verband. Na oorlegpleging is daar 'n ooreenkoms bereik met die plaaslike Bloemfonteinse Amateur Radio Klub en is daar sekere voorwaardes neergele in die verband. Des nieteenstaande die teenkanting en voorwaardes is daar egter heelwat alternatiewe beskikbaar vir Rulhof en word hy geensens gekortwiek in die verband nie. Die alternatiewe laat hom toe om aan ander plaaslike of oorsese herhalers, simplex links, Echolink Nodusse ens. te koppel sonder dat die Bloemfonteinse herhaler gekoppel is.
Nou wat se talle voordele hou die projek van Rulhof in vir Bloemfontein, Suid Afrika en Wereldwyd? Hier volg 'n paar voorbeelde:
1. Die bevordering van Amateur Radio betrekkinge wereldwyd. (Goeie ambassadeurskap met ander lande.)
2. Die daarstelling van Amateur Radio aktiwiteite in Suid Afrika en spesifiek in Bloemfontein.
3. Die ZS4RM-L Echolink Netwerk van Rulhof en sy ander radio bedrywighede kan in krisistye gebruik word om
kommunikasie te onderhou en op noodgevalle te reageer. (Amateur Radio Nood Kommunikasie)
4. Die bekendstelling van amateur radio aan die publiek.
5. Die aktiewe en effektiewe gebruik en beskerming van die Amateur Radio Spektrum.
6. Die ZS4RM-L Echolink Netwerk van Rulhof is uniek geposisioneer om mensgesentreerde, konteks spesifieke sekuriteits uitdagings aan te spreek.
7. Die ZS4RM-L Echolink Netwerk van Rulhof is 'n medium vir die bevordering van tegniese kennis, praktiese vaardighede en innoverende tegnologie.
8. Die ZS4RM-L Echolink Netwerk van Rulhof en sy ander amateur radio bedrywighede verskaf ook rugsteun stelsels op gemeenskapsvlak wat in tye van nood aangewend kan word tot voordeel van die Bloemfonteinse gemeenskap
Uit die paar genoemde voorbeelde is dit duidelik dat die ZS4RM-L Amateur Radio Echolink Netwerk en die ander amateur radio bedrywighede van Rulhof van der Merwe onder andere 'n bydrae lewer tot menslike veiligheid vir almal in Bloemfontein en Suid Afrika.
Vir baie mense is vandag se wêreld 'n onsekere plek, vol bedreigings op baie fronte. Natuurrampe, gewelddadige konflikte, chroniese en aanhoudende armoede, gesondheidspandemies, internasionale terrorisme en skielike ekonomiese en finansiële afswaai lewer aansienlike ontberings op, wat ons vooruitsigte vir volhoubare ontwikkeling, vrede en stabiliteit ondermyn.
Op 16 jarige ouderdom het Rulhof van der Merwe ZS4RM van Bloemfontein gewys dat hy kennis dra van vele uitdagings in sy gemeenskap, Suid Afrika en self wereldwyd en dat hy 'n bydrae wil en gaan lewer om die Wereld 'n beter plek te maak. Des nie teenstaande die aanvanklike teenkanting en struikel blokke het hy volhard en voorgegaan met die projek en dit suksesvol voltooi. Dit is duidelik dat die stelsel groot voordele inhou vir die Bloemfonteinse gemeenskap soos reeds supra vermeld.
Rulhof ZS4RM het getoon dat hy die belange van die Bloemfonteinse Gemeenskap voorop stel en 'n bydrae wil lewer dmv amateur radio, 'n stokperdjie wat ook wereldwyd uitreik na ander. Knap gedaan jong man en doen so voort. Jy gaan sommer nog groot hoogtes bereik in die toekoms!!
Toerusting wat Rulhof ZS4RM gebruik om die ZS4RM-L Amateur Radio Echolink Netwerk daar te stel:
Fotos (Klik op fotos om te vergroot.)
Bo: Motorola GM350 VHF Mobiele Radio vir Echolink gebruik
Bo: R1 Blou Koppelvlak tussen Radio en Rekenaar
Bo: Motorola GM350 Radio Modifikasies tov COS/COR
Bo: Antenna vir Echolink
Bo: VHF/UHF draagbare radio wat gebruik word om wereldwyd kontak te maak
Bo: Rulhof ZS4RM aan die stuur van sake tydens die nuus bulletin uitsending van die Bo Karoo Amateur Radio Klub.
Bo: "Bubble Chart" van die wereldwye stasies wat ingeskakel was op ZS1I AllStar en Echolink
Bo: Echolink rekenaar program wat gebruik word om kontakte te maak.
Bo: Echolink Selfoon program wat gebruik word om kontakte te maak.