OPDATERING: Goeie nuus. Hier is 'n audio opname van die Hoofleier van die Voortrekkers wat gister op die GRHub Netwerk uitgesaai was.
Klik HIER om daarna te luister.
Dit was vir my 'n voorreg gewees om die jaarlikse rede/toespraak van die Hoofleier van die Voortrekkers direk uit te saai op die GRHub Netwerk om 9h00, Saterdag 16 Oktober 2021 soos ontvang vanaf ZS0JPL-R Echolink. Die kwaliteit van die audio was puik gewees en was dit aangenaam gewees om na die rede te luister hier in die Tuinroete.
My dank en waardering aan Johan ZS6JPL, Hans ZS6KR en Andries wat ZS90TVK bedryf het en vir die moeite wat hulle gedoen het om die uitsending moontlik te maak.
Kyk gerus uit vir ZS90TVK spesiale stasie op die onderskeie bande en modusse.