Saturday, November 6, 2021

Bo Karoo Amateur Radio Klub toets ZS3VDK 145.7125 Mhz herhaler, tans tydelik opgestel in Van der Kloof

 



 Die Amateur Radio 101 Telegram groep het vanoggend 'n kort vorderings verslag ontvang vanaf  Thys ZS1TBP tov die ZS3VDK 145.7125 Mhz herhaler wat tans getoets word in die Van der Kloof dorp area in die Noord Kaap.

Thys berig dat die herhaler tans goed werk en is daar kontak gemaak met Christie ZS4CGR en Marie ZS3MG in die Luckhoff area.  Andre Grove ZS3AG van Kimberley en Alta ZS3PA is ook op die herhaler gehoor.  (Kyk gerus na die video)

Na wat verneem word sal die herhaler eersdaags na sy permanente perseel verskuif word. 

Toekomsplanne maar niks finaal nie:   Daar word tans gekyk om moontlik 'n herhaler op Renosterkop naby De Aar te installeer  en dan die Van der Kloof herhaler aan die Renosterkop herhaler te koppel.  Sou dit realiseer dan bestaan die moontlikheid dat die dekkingsarea moontlik die volgende areas kan insluit:

Britstown, Hanover, Colesberg, die twee hoof paaie N1 en N12  en moontlik ook Warrenton.

Die installering van 'n herhaler in die Van der Kloof area word verwelkom en sal 'n groot aanwins wees vir mobiele stasies wat veral op die N1 en N12 reis.  Verdere verwikkelinge word met groot belanstelling dopgehou.

Redakteur:  Sou dit nie fantasties wees as Echolink of AllStar aan die ZS3VDK herhaler gekoppel kan word nie.  Dit sal 'n wye dekkings veld verleen reg oor Suid Afrika.  Dit sal ook lede van ZS3VDK wat reg oor die land verspreid is, die geleentheid gee om met mekaar kontak te kan maak via die herhaler.  Wie weet dalk hoor ons die herhaler ook op die GRHub Netwerk hier in die Suid Kaap?


Mark ZS4OIL donate radio to be used on the ZS Link Hub Network in Mossel Bay!

Now here is a story of  real amateur radio spirit and no Mark ZS4OIL does not know that I am writing an article about his kindness.  In toda...