Saturday, February 12, 2022

Terugvoer/Feedback: " THE NSN NET" / "DIE NSN NET" #1 – Donderdag 10 Februarie 2022 19h30 SAST


Om doelmatigheid redes sal ek die terugvoer een week in Engels doen en die volgende week in Afrikaans.  So die week is die terugvoer in Afrikaans.

Eerstens baie dankie aan die onderstaande radio amateurs wat gisteraand by die Net ingerapporteer het.  Soos ek gisteraand gese het,  diegene wat inrapporteer en deelneem is die persone wat die Net daar stel.  Die Net is nie die GRHub Netwerk of 'n individu se Net nie, maar dit is julle wat deelneem se net.

Die volgende persone het by die samekoms aangesluit:

  1. ZS5V - Majorke
  2. ZS1LEM - Lem
  3. ZS5KDK - Koos
  4. ZS1NEU - Marko
  5. ZS2EC - Theunis
  6. ZS3DNH - Danie
  7. ZS6CMO - Curtis (AllStar Link) Gauteng
  8. ZS1TBP - Thys
  9. ZS1FC - Chris (Echolink Link) Wes Kus
  10. ZS1I - Johan (AllStar en Echolink Link) Garden Route
  11. ZS5PMB-R - Pietermarizburg Herhaler 

Die volgende radio amateurs het verskoning aangeteken:

Tjaart - ZS3DR
Saney ZR1S

Nou Murphy was ook aan die werk gisteraand.  So 15 min voor die aanvang van die Net het ek 'n kragonderbreking ervaar.  Die onderbreking het egter nie 'n effek op die GRHub Netwerk nie maar kan voorkom dat ander stasies aansluit by die Net.  Gelukking was die onderbreking van korte duur en kon ons voortgaan sonder enige onderbrekings.  'n Ander faktor wat 'n rol speel is natuurlik die weer wat gepaard gaan met weerlig.  Gisteraand was daar weerlig aktiwiteite in die Pietermaritzburg area.  Nieteenstaande het Majorke en Koos ingeskakel.

Gisteraand het die Net bekend gestaan as die NSN Net = Net Sonder Naam Net. Ons sal nog kyk na 'n volwaardige naam in die komende dae.  Meer hieroor in 'n latere artikel.

Nou wat het nou eintlik plaasgevind gisteraand?

As 'n aptyt opwekker gaan ek kortliks verwys na die gebeure.  As jy meer inligting verlang dan stel ek voor dat jy volgende Donderdag aansluit by die Net. 

  1. ZS5V Majorke -  Net vinnig ingerapporteer. - Donderstorms met gepaardgaande weerlig was aktief in haar area.
  2. ZS1LEM  Lem - Digital Modes, SDR, DX 17m Brazil
  3. ZS5KDK  Koos - Herhalers, APRS, "Test Bench and Test Equipment", Advertering - Handstel - Donderstorms met weerlig aktief in Pietermaritzburg.
  4. ZS1NEU  Marco - Finansies, Echolink en 88.5 khz CTCSS Toon GRHub
  5. ZS2EC  Theunis - Digital Modusse, DX, Toekennings, Radio Toerusting
  6. ZS3DNH  Danie - Uitnodiging, Gebruik van Netwerk, Echolink
  7. ZS6CMO  Curtis  - Tuisbou Projekte, TV skottel RX Es'hail 2/QO-100 Satelliet , SDR\
  8. ZS1TBP  Thys - CTCSS, Deelname, Mobiele gebruik van Netwerk, Uitnodiging ZS3DNH, Koppie Koffie.
  9. ZS1FC  Chris - FT8Call, 2m Tropo Ducting, Propagation, Netwerke
  10. ZS1I  Johan - Net Kontroleerder, Advertensie, Bob Bruninga WB4APR (SK), Amateur Radio 101 Telegram Groep, Gas Sprekers,  "Rondomtalie/Round Robin"

Nou ja daar is die kort uiteensetting van onderwerpe wat kortliks bespreek was.   Ek glo u sal saam met my stem dat 'n groot verskeidenheid van amateur radio bedrywighede bespeek was.  Kan jy bydrae to die verskeidenheid?  Sluit asb by ons aan.  Jou teenwoordigheid sal 'n bydrae lewer en ook verwelkom word.

As daar enige navrae is kan u my gerus kontak deur HIER te klik.

Al wat oorbly is die volgende datum vir "Die NSN Net" byeenkoms en dit sal gehou word op 17 Februarie 2022 19h30 SAST op die netwerk.  Teken nou al die datum aan in julle dagboeke dat daar nie botsende belange is nie sodat jy by ons kan aansluit.

What's in the Box?

Here is another "What's in the Box?" Contents:     1.  Raspberry Pi 5 Power Supply 2.  HDMI Cable or Raspberry Pi 5 3.  Raspbe...