Tuesday, April 12, 2022

Boland Amateur Radio Klub HF Assessering groot sukses!


 Foto: Die RAE kandidate onder toesig van Con en Marius. Waar is die groot HF radio en stemmer dan?

Na die afloop van die afgelope BARK ledevergadering is ons RAE kandidate vir die Mei RAE getoets op hulle stemprosedures as deel van die amptelike HF Assessering. Dit is ‘n belangrike deel van die verkryging van ‘n amateurradiolisensie wat die kandidate so bietjie touwys maak oor die opstel en gebruik van ‘n HF radio, sowel as om vir hulle blootstelling en oefening te gee aan die wêreld van HF-kommunikasie.

Die stasie wat deur die kandidate gebruik is, is deur Marius, ZS1ML verskaf en het bestaan uit die kompakte, maar uiters doeltreffende, Xiegu G90 met ingeboude antennastemmer, sowel as ‘n liggewig DX Commander 9m antennamas wat ‘n entgevoerde halfgolfantenna ondersteun het. ‘n Werklike puik mobiele stasie vir enige amateur om mee te speel, baie dankie Marius.


Foto: Die baie kompakte maar doeltreffende radio en antenna wat as die roepstasie deur kandidate gebruik is.

Die vyf kandidate wat tans die BARK RAE kursus loop en die assessering afgelê het is Niko Sadie, Jan Lamprecht, Francois Wooding, Johnathan Carter en John Grobler. Sommige van hulle het ook sedertdien aangesluit by BARK, en ons hoop dat hulle die klub (en hierdie eerste weergawe van CQ Boland wat hulle ontvang) geniet.

Verder vorder die RAE kursus goed en is ons kandidate al deur meer as helfte van die studiemateriaal. Met die afloop van die HF Assessering is ‘n groot mylpaal bereik en kan die kandidate nou fokus om die eksamen suksevol af te lê. Baie dankie aan al die lede en stasies wat die kandidate gehelp het met hulle HF Assesserings, en wat die groep welkom laat voel het binne die BARK gemeenskap.


Vriendelike groete,


Jannie ZS1JFK

BARK RAE en Jeug

Wat behels en hoe funksioneer die ZS-Link Netwerk? / What is the ZS-Link Network and how does it function?

KENNISGEWING:   Maak asb ‘n aantekening in jou dagboek of ‘n knoop in jou sakdoek.  Eerskomende Donderdag (23 Jan 2025) aand om 19h30 SAST g...