Sunday, October 16, 2022

Amateur Radio Klub Nuus vir 22 - 29 Oktober 2022


Die nuwe Eden Radio Klub beoog om Saterdag 22 Oktober 2022 ‘n veldstasie op te rig vanaf die George Botaniese Tuine. Die stasie sal aktief wees vanaf 08:00-14:00. Tydens ‘n vorige veldstasie vanaf die Tuine het verskeie radio amateurs en lede van die publiek die stasie besoek. Die publiek en radio amateurs word versoek om die stasie te besoek vir verdere inligting rondom amateur radio of kontak Corne ZS1COR by edenradioclub@gmail.com

Die Bo-Karoo Amateur Radio Klub hou hulle AJV op Saterdag 29 Oktober by die Sandgat Karavaanpark naby die dorp Vanderkloof, aan die oewer van die Vanderkloofdam. Kontak zs3vdk@webmail.co.za vir meer inligting.

Die Suid-Kaap Amateur Radio Klub beplan 'n veldstasie vanaf 10:00 SAT op Saterdag 29 Oktober by die Oop Park oorkant die Heiderand Mall op die hoek van Seder- en Melkhout strate in Heiderand, Mosselbaai. Die Klub wil bewys dat sy lede van die netwerk af kan funksioneer as daar 'n lang tydperk van beurtkrag of verduistering is, ook om antennas en toerusting te toets. Almal is welkom. Kontak zs1skr@gmail.com vir meer inligting.


Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...