Monday, February 27, 2023

Terugvoering "Lippeklap" Net 26 February 2023 15h30 SAST


 Die onderwerp vir bespreking was:

"Kom vertel ons van jou eerste ondervinding met Kommersiele (Uitsaai) FM/Kort Golf Radio.  Het jy na FM of Kort Golf geluister?  Was dit ‘n lamp of transistor stel? Het hy met batterye of krag gewerk?  Kon jy na amateur radio op die stel luister?  Kom deel met ons jou ondervindinge en of eerste kennismaking met radio. "

Met die keuse van die onderwerp het ek gedink dat daar nie juis veel reaksie sal wees nie.  Boonop was daar Beurkrag asook die SARL Digitale Kompetisie wat in dieselfde tydsgleuf van Lippeklap geval het.  Groot was my verbasing oor die reaksie wat die onderwerp uitgelok het.  Daar was selfs 'n hele paar komiese vertellings gewees wat tot groot vermaak gely het.  Nou ja hulle se daar is nie beter medsyne vir 'n oorstuurde gemoed nie as lag nie.  Dankie aan almal dat julle julle storie met ons gedeel het.  Ek het lanklaas so lekker in my mou gelag oor al die mannewalisse.

Hier volg net 'n kort saaklike opsomming van wat bespreek is:

1. Wie onthou nog die Groen Oog wat gebruik was in ou radiostelle.  
2. Nie tyd gewees vir radio in daardie dae nie.  Gespeel in die veld en baie tyd in die natuur deurgebring.
3. My eerste radio was 'n Pilot FM Radio.  Kan nie onthou wat van hom geword het nie.
4. My dae van radio het in Montagu begin.  Grammofoon wat bestaan het uit 'n Kortgolf en FM Radio sowel as 'n platespeler met groot ingeboude luidsprekers.  Groot affere gewees.  Gereeld na die CB Radio geluister op die 11 meter AM band.
5.  My eerste radio was 'n Yaesu FT101 wat ek van Charles Gregory gekry het toe ek nog skoolgegaan het. Later het ek 'n Tedelex 6000 gekry wat ek verandering op aangebring het.  Ek het ook 'n Triton Versterker met 6 uitset lampe aangeskaf.  Eendag wou ek die uitset spanning toets met 'n goedkoop multimeter.  Wel na 'n groot geskrik was daar net rook en vlamme.  Nodeloos om te se die multimeter was swart bebrand en dit was die einde van die meter.  Maar so leer mens.
6.  As daar radio amateurs is wat Pietermaritzburg KZN besoek kan hulle gerus by die Museum van OK Bert Cornell ZS5MQ aandoen.  Dit is een van daardie moeite werd besoeke.  Bert het n groot versameling ou radios wat hy tentoonstel aan die publiek.
7.  Volgende stop is op De Aar.  Eeste radio was 'n valve stel.  Ek het gereeld aan die radio "gekarring" en verstel asook ander toerusing.  My pa het in die 1970's 'n Sansui Valve Radio aangekoop destyds nog by Morkels.  Op 'n dag was ek weer besig om te karring en die volgende oomblik was alles net donker.  My pa het van die vertrek langsaan na my kamer toe gestorm en was my radios en toerusing permanent buite aksie gestel, onherstelbaar natuurlik.  Twee lampe vir die Sansui Valve Radio moes van die Ooste af ingevoer word teen R75.00.  Dit was die prys van twee maande se kosvoorraad!
8.  Gereeld na die AM manne geluister tussen 4 - 5 in die middag wanneer die manne by die huis was nadat hulle van die werk afgekom het.
9.  Ek het in 1987 'n radio amateur geword en my eerste radio was 'n FT101ZD.  Die radio het gedryf en moes ek dit eers goed laat warm word.  My man was toe reeds 'n radio amateur en was baie weg van die huis af gewees.  Met amateur radio kon ons kontak behou aangesien die posdiens aflewering baie lank  geneem het.   Ek onthou die groen oog.  Dit was gebruik vir fyn vestelling.  Amateur radio was nie so freemd nie aansien ek 'n radio operateur was by 'n kus stasie wat boodskappe afgeneem het.
10.  In 1987 was ek op Prins Albert gewees.  Gereeld veilings gewees en was daar talle veilings waar ek kommersieele ou radios (lampstelle) aangekoop het.  Dit was 'n fees gewees om die ou stelle te herstel en dan weer te verkoop.
11.  Besoek gerus die Latsky Radio Museum op Vanrynsdorp om die ou radios van weleer in al hul glorie daar te sien.  Onthou net jy moet voor die tyd 'n afspraak maak om die museum te besoek.
12.  In 1993 het ek die voorreg gehad om 'n skeepshouer  vol radios oop te maak by die Oorlogsmuseum in Johannesburg saam met ander lede van ZS6MUS ook 'n duitser wat 'n uitstaande kenner was van ou radios en toerusting.  Ek was sprakeloos gewees nadat die skeepshouer oopgemaak was.  Ons het 'n inventaris saamgestel van al die toerusing sommige nog in hulle oorspronklike verpakking.  Ek weet ongelukkig nie wat op die ou einde met die toerusting gebeur het nie want ek was verplaas na 'n ander standplaas.

Baie dankie aan al die stasies wat deelgeneem en gekoppel was tydens die Lippeklap Net.   Onthou om volgende Sondag middag om 15h30 in te skakel by die "Lippeklap"  Net.  Die onderwerp van bespreking sal later in die week bekend gemaak word.  Kom sluit gerus by ons aan!

Hoe skakel ek in by die Net?

  • Echolink - Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1FC-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie, konnekteer dan via  Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
  • AllStar - Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
  • VHF - 145.550 Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
  • Enige ander Echolink, AllStar  herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
  • Gebruik sommer Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.

 Images:  (Click on images for larger view.)











Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...