Foto: Die 2022 SARL AJV aangebied vanaf die NARS Bron : Rassie ZS1YT
"DIE SARL AJV 2023 OP BLUEJEANS OP 22 APRIL"
"Die Raad het die besluit
geneem dat die SARL AJV 'n virtuele vergadering sal wees op Saterdag
22 April 2023. Slegs 6 mense het vir die AJV geregistreer (die Raad
uitgesluit). Alle geleenthede by Maselspoort word hiermee
gekanselleer. Die AJV sal op die Bluejeans-platform gehou word deur
gebruik te maak van die agenda soos gepubliseer in die 2023
AJV-boekie. Om toegang tot die vergadering te verkry, word Lede
versoek om te registreer om die skakel en wagwoord te kry. Die
registrasievorm - moet ingevul word deur almal wat dit bywoon via
Bluejeans is by https://forms.gle/tGgxKgLzNge2LxPC6.
Indien jy nie kan bywoon nie, dien asseblief 'n volmagvorm in by die
SARL-sekretaris by secretary@sarl.org.za.
Die Sekretaris is bereid om jou volmag te hou. Kry al die dokumente
vir die AJV by www.sarl.org.za/members/agm/AGMMembers.asp. "
Dit is met groot jammerte dat ek verneem het dat die visuele SARL AJV op Saterdag 22 April 2023 wat te Bloemfontein gehou sou word gekanselleer is. Dit is seer sekerlik 'n eerste dat 'n persoonlike SARL AJV gekanselleer word behalwe tydens die Covid19 periode. Is die kanselasie weens die gebrek aan belangstelling, finansiele of persoonlike omstandighede wat tans ervaar word of beweeg ons na 'n nuwe era?
Hier volg my mening rondom die aangeleentheid asook die onbetrokkenheid/onaktiwiteit in Amateur Radio die afgelope paar jaar. Hierdie is my beskeie mening wat gestaaf kan word deur my waarnemings die afgelope 25 jaar plus.
Laastens: Groot ASSEBLIEF, ondersteun die SARL Virtuele AJV op Saterdag 22 April 2023 !!!