DIT IS AMPER WEER LIPPEKLAP TYD!!!!
Dit is vanmiddag 9/4/2023 om 15h30 weer “Lippeklap” tyd. Daar is geen spesifieke onderwerp vir bespreking nie, gevolglik is dit ' n Ope Net. Kom vertel vir ons wat het jy die week in Amateur Radio gedoen nie gedoen nie. Met 'n oplewing in die Suid Kaap gedurende die paasnaweek glo ek daar is baie om te vertel. Kom deel jou ervaringe met ons op Lippeklap.
Hoe skakel ek in by die Net?
• Echolink -
Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1FC-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as
die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie,
konnekteer dan via Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
• AllStar -
Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
• VHF - 145.550
Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
• Enige ander
Echolink, AllStar herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
• Gebruik sommer
Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.
Sluit gerus by die Lippeklap Net aan vanmiddag om 15h30 SAST.