Sunday, May 21, 2023

Lippeklap Net gaan vir eers QRT!


Sondag 21 Mei 2023 om 15h30 is dit weer tyd vir Lippeklap Net.

Die volgende onderwerp in sal bespreek word:

Lippeklap Net  gaan vir eers QRT!

Ja u het reg gelees.  Lippeklap net gaan vir eers so bietjie eenkant toe staan.  Nee ons gaan nie permanent verdwyn nie.  Ek het verskeie kere op verskillende platforms  aangedui dat ek nie hou van stereotipe gebeurtenisse of aktiwiteite nie.  Ons is immers veronderstel om 'n dinamiese stokperdjie te wees waar eksperimenting met nuwe en ou tegnologie voorkeer moet geniet.  Noodwendig beteken dit dat verandering moet plaasvind as ons vorentoe wil beweeg op tegnologiese gebied.  So dinge verander met tyd.

Kom luister vanmiddag op Lippeklap Net oor die veranderinge wat gaan plaasvind tov die Net en deel ook jou opinie in die verband.

Hoe skakel ek in by die Net?

• Echolink - Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1FC-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie, konnekteer dan via  Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
• AllStar - Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
• VHF - 145.550 Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
• Enige ander Echolink, AllStar  herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
• Gebruik sommer Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.


Sluit gerus by die Lippeklap Net aan op Sondag, 21 Mei 2023 om 15h30 SAST.

Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...