So 'n tyd gelede het ek en Christie ZS4CGR 'n gesprek gehad rondom die uiters wisselvallige Internet diens wat hy op die plaas van tyd tot tyd ervaar het tydens veral beurtkrag maar ook sommer in die algemeen. Hy het my meegedeel dat die boere en hyself in die omgewing waar hy woonagtig is sommer vir dae sonder Internet en selfoondienste is. Hy is by een van die groot Internet verskaffers die enigste een wat hy is sy area ontvang. Van landlyn dienste is daar nie eers 'n teken nie. Soos ons almal weet maak 'n boer 'n plan wanneer hy 'n probleem ervaar wat opgelos moet word. So is daar ook ander dele in die land wat nie normale Internet verbindings het nie, maar ook geen verbindings tydens beurtkrag nie. Ons het ook reeds ervaar dat amateur radio nadelig beinvloed word wanneer beurtkrag toegepas word en ek gaan nie nou hieroor uitbrei nie aangesien ek dit reeds vele male verduidelik het in die verlede.
Ek was die afgelope tyd besig om te kyk na alternatiewe kommunikasie vir die GRHub Netwerk wanneer Internet of selfoon kommunikasie in duie stort tydens beurtkrag. Ek hoor talle se maar gebruik amateur radio toerusting. Dit is onveilbaar. Ja ek kan dit gebruik maar ek wou sekere kommunikasie middels en sagteware gebruik en nie net RF radio nie. Meer hieroor in 'n toekomstige plasing. Kom ons kyk wat het die afgelope weke met Ok Christie gebeur.
Ek ontvang die volgende selfverduidelikende Winlink epos vanaf Christie op die 13 Oktober 2023. Nee nie op my Winlink stelsel nie, maar via my gewone gmail epos adres.
Noem dit 'n "nood oproep" vanaf die plaas want kyk ons as radio amateurs gee om vir mekaar as ons nie gereeld van mekaar hoor nie. Ek kon toe die lede van die Amateur Radio 101 groep inlig hoekom ons nie van Christie iets hoor nie.
Ek het besluit om in antwoord op die epos vir Christie 'n Winlink Epos terug aan hom te stuur via sy winlink epos adres. Ek het die epos met PAT Winlink wat op 'n Raspberry Pi geinstalleer was gestuur asook 'n beeld afdruk (image) van sy oorspronklike epos. Wel op 15 Oktober 2023 is die PAT Winlink epos afgestuur insluitende die aanhangsel. Ek het die epos ook ge- "CC" na my gmail epos toe. Sonder enige probleme is die epos aan OK Christie gestuur. Winlink werk en dit werk goed ook wanneer daar geen Internet koppeling is nie.
En so kan mens in verbinding bly met radio amateurs op plekke waar daar nie Internet of selfoon ontvangs is nie. Speel bietjie rond met Winlink. Dit is beslis die moeite werd om dit deel te maak van jou arsenaal van sagteware en hardeware.
Klik op bostaande fotos om te vergroot.
Audio Insetsel: Klik HIER