Tuesday, January 2, 2024

Gesegdes van Radio Amateurs op die Lug


I created this post to remember some of those radio amateurs that went SK and those who are still with us today. I hope I have enough time to reminisced and to give recognition to those who played an important and not so important "roll" in amateur radio and also in the lives of many other radio amateurs. 

Gesegdes van Radio Amateurs  /  Sayings of Radio Amateurs

  • TOTSIENS AAN AL DIE BRIEF LESERS  - Jannie ZS6BVM (Brief lesers is radio amateurs wat luister en nie saam praat nie.)
  • JY GOOI ’N VARKOOR -  Willem ZS1ON (SK) (Jy luister maar praat nie saam nie.)
  • MY KORT TERMYN GEHEUE IS IN FLARDE - Mossie ZS4XJ (SK) (Jy vergeet maklik.)
  • DIE SKOENMAKER SE KINDERS LOOP KAALVOET  - Stan ZS1T (Hy sal ander persone se elektroniese goed regmaak maar syne is in ‘n swak toestand.)
  • CW BOOGIE - Stan ZS1T ( Musiekstuk wat deur OK Stan en mederadio amateurs geskryf en gespeel is.)
  • POEF TO YOU -  Willem ZS1ON (SK) (Jy moet gaan doppies blaas.)
  • DAN KNOR DIT MAAR - Phillip ZS1CON (SK) (Wanneer dit maar swaar gaan)
  • HY “SPY” - Joe ZS1AAB (SK) (Luister maar praat nie saam nie.)
  • HULLE IS DIE MAAGWERK SPAN - Willlem ZS1ON (SK) (Hulle gesels nie oor amateur radio– of tegniese aangeleenthede nie.)
  • DIE VYAND IS OP ONS - Johan ZS2PN (SK) (Die tyd het ons ingehaal.)
  • AS JY SUKKEL OM IETS TE LAAT WERK, DAN WERK JY VERKEERD - Phillip ZS1CON (SK) (Selfverduidelikend)
  • EK HET VANDAG ‘N OFFERHANDETJIE GEBRING - Johan ZS2PN (SK) ( Vleisie op die kole gebraai.)
  • DIE OU BOME WORD SO EEN VIR EEN UITGEKAP - Stan ZS1T (Radio amateurs gaan dood.)
  • STIL SLEUTEL RAAK - Outeur onbekend (Radio amateurs gaan dood.)
  • KLIM TUSSEN DIE LAPPE IN -  Willem ZS1ON (SK) (Gaan slaap.)
  • SPRING IN DIE DIP-TANK IN -  Chris ZS4CL (SK) ( Ek gaan gou stort/bad.)
  • MOENIE IN JOU BROEK SWR NIE - Nico ZS4N (Moet nie kwaad raak nie.)
  • EK HET WEL TWEE ORE MAAR KAN NET EEN PLEK LUISTER - Joe ZS1AAB (SK) (Selfverduidelikend)
  • DIE HARDESKYF IS NIE MEER LEKKER NIE - Koos ZS1KWV  (Die brein
    wil nie meer so lekker dink nie. Koos lyk my my hardeskyf is besig om te groet.)
  • ALL GOOD THINGS COME TO THOSE WHO ARE WILLING TO WAIT - Ruth Boatwright ZS2QK SK 
  • AMATEUR RADIO IS NOT A HOBBY, IT IS AN OBSESSION!! - Pieter ZL1PDT
  • AMATEUR RADIO IS 'N BESIGHEID.  AS JY NIE ADVERTEER NIE VERKRY JY NIKS NIE! - Thys ZS1TBP (maw Bedryf die bande as 'n besigheid. As jy nie roep nie gaan jy nie kontak maak nie.)
  • YOU MADE MY DAY -- Oom Piet ZS4 PB (SK) - Die Kalahari Cowboy or Push Button
  • DRIVE CLEVER - Mossie ZS4XJ (X-Ray JULiETTT)
  • JULLE MOET MOOI LOOP, SAGGIES TRAP EN WYD KYK - Thys ZS1TBP (Wees versigtig wanneer jy rondbeweeg.)
  • GROETE ONDER DIE DAK. - Christie ZS4CGR (Groete aan al jou huismense.)
  • SO IS DIE LEWE - Jou oe vol trane en jou neus vol snot - Roelf  ZS6ARR
  • DIE BAAS SE ORE HET SLYTASIE OP - Hoor nie lekker nie.  - Thys ZS1TBP

    ENKEL WOORDE:

    WITHUIS - Hospitaal
    WITJAS - Geneesheer
    GROOT DEURE - Kerk
    ONDER DIE LIGTE KOM -  X-Strale neem
    SWAAIDEURE - Kroeg
    RIP - Good friends like you happen once in a lifetime.
    ZS6BBB - 'Brigitte Bardot's Boyfriend', Peter Avidon (SK)
    EMG - Early Morning Gang
 
 As enige radio amateur wat die artikel gelees het, soortgelyke gesegdes ken of kan onthou, deel dit graag met jou mede radio amateurs. Stuur asb die gesegdes aan Johan ZS1I deur die skakel HIER te klik.  Ek sal graag die lys wil byhou en opdateer sodat dit nie vir die nageslag verlore sal gaan nie.
 


Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...