Thursday, July 18, 2024

Wat is 'n Raspberry Pi?

Tydens die Sonsakspan Net van 16 Julie 2024 op die 145.750 Mhz Aasvoelkop Herhaler is daar 'n versoek gewees dat daar so bietjie oor die Raspberry Pi gesels moet word. Nou wat is 'n Raspberry Pi nou eintlik?

Nee dit is nie 'n "Meat Pie" en ook nie 'n "Moerby Pasty" nie! 

Hier volg 'n kort oorsig rondom die Raspberry Pi.   Dit blyk dat daar heelwat belangstelling is in die Raspberry Pi en word daar beoog om in die toekoms in diepte te kyk na 'n verskeidenheid van moontlike gebruike van die Pi met betrekking tot amateur radio.  Kyk gerus uit vir toekomstige aankondigings in die verband.

Fotos en skakels waarna verwys word in die audio insetsel:



 Skakels:

Amateur Radio en die Raspberry PI = Jason KM4ACK  https://www.youtube.com/playlist?list=PL1QTYT4Qo9cYb8-YkItrM_cQL6EdwRqWj

Hoe kry ek die Raspberry Pi aan die gang:  https://www.raspberrypi.com/documentation/computers/getting-started.html

Audio Insetsel:  (Klik HIER om na audio te luister as onderstaande speler nie werk nie.)

Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...