Die afgelope naweek het Johann ZS1AAC, Henry ZS1SB, Eben ZS1EP en Jasper ZS1WT 'n "blits" besoek aan die Aasvoelkop Herhaler (145.625 Mhz, 88.5 hz CTCSS) gemaak. Meer oor die herhaler is HIER beskikbaar.
Soos baie van julle weet is daar maar altyd herstelwerk en opgraderings wat gemaak moet word aan herhaler installasies.
Die manne is bergop met al die toerusting en parte wat hulle toe suksesvol geinstalleer het. Johann ZS1AAC het aangedui dat die installasie op Aasvoelkop nou afgehandel is en dat daar nou gekonsentreer sal word op die Stilbaai Herhaler (145.750 Mhz 88.5 hz CTCSS) en die Anysberg Herhaler.
Tans funksioneer die Aasvoelkop Herhaler goed en word dit goed benut op 'n daaglikse basis met drie net byeenkomste nl:
- Sonsopkoms Net (Seevoels groet elke oggend)
- Ontbytsake Net
- Sonsakspan Net (Hadida's groet elke aand)
Verskeie VOIP Netwerke koppel op 'n daaglikse basis aan die Aasvoelkop Echolink Node (ZS1SB-L)
Sluit gerus aan en kom gesels saam.
Laastens maar nie die minste nie, baie dankie aan Johann ZS1AAC, Henry ZS1SB, Eben ZS1EP en Jasper ZS1WT vir die herstelwerk en opgraderings aan die Aasvoelkop Herhaler!
Fotos (Klik op fotos om te vergroot)