KENNISGEWING: Maak asb ‘n aantekening in jou dagboek of ‘n knoop in jou sakdoek. Eerskomende Donderdag (30 Jan 2025) aand om 19h30 SAST gaan ons gesels oor die werking van die ZS Link Netwerk. Ek het agtergekom dat daar heelwat OK’s is wat nie weet wat die netwerk behels en hoe dit funsioneer nie. So ek gaan probeer om die sluier te lig in die verband. Nee ek gaan nie gesels oor al die tegniese en ingewikkelde aspekte nie. Ek gaan dit eenvoudig en hopelik verstaanbaar hou sodat diegene met geen ondervinding in die verband, kan verstaan en inskakel by een van die mees aktiewe netwerke in die land. Kom praat gerus saam, vra jou vrae en kom luister ook na wat beplan word vir die toekoms van die netwerk. Moenie die geleentheid misloop nie!!
"Share your "Knowledge and Experience" / "Deel jou Kennis en Ondervinding": Do you have questions or would you like to share information about amateur radio-, homebrew- and experimental projects? Come and share your knowledge and "how to" information with your fellow radio amateurs. Every Thursday evening at 19h30 will hopefully provide you with the necessary information to "play" with various amateur radio facets and help you in learning more about amateur radio.
Radio Amateurs kan konnekteer via: 145.625 Mhz (88.5 Hz CTCSS Toon) Aasvoelkop Herhaler, 145.550 Mhz (88.5 Hz CTCSS Toon) Hub Link te Mosselbaai, ZS1SB-L Echolink, ZS1I-R Echolink, 49355 AllStar or TG65511 via DMR of aan enige node wat gekonnekteer is aan die gemelde nodes.
ZS1I namens die ZS Link Netwerk Groep.