Foto: VHF Dipole geskenk deur Viv ZS1VIV (Klik op foto om te vergroot)
Nou sien ek al die gesigte en opmerkings dat die manne in die Suid Kaap wil nou weer "brag" en wys dat hulle beter is as ander. As jy daardie gedagte gekry het dan is jy ver verwyderd van hoe 'n groep radio amateurs dinge doen in die Suid Kaap. Ons is nie ingestel om te spog of aan te dui dat ons beter is as ander radio amateurs nie. Deur so te dink of om te spog bring niks in die sak nie en lei net to verdeeltyd en ook jalosie. Maar genoeg hiervan. Waaroor gaan die artikel nou eintlik?
Hier in die Suid Kaap stel die oorgrote meerderheid van radio amateurs nie belang om aan 'n klub te behoort nie. Nee daar is niks fout om aan 'n klub te behoort nie. Dit is elke radio amateur se persoonlike keuse. Daar is egter gevind dat die wyse waarop projekte en aktiwiteite aangepak en uitgevoer word, baie meer suksesvol is wanneer Suid Kaap Radio Amateurs as 'n groep funksioneer. Daar kan nou geredeneer word dat die groep maar dieselfde funksioneer as 'n klub. Nee, die redenasie is heeltemal verkeerd. Maar laat ons nou nie vashak by groep of klub nie. Die manier waarop die Suid Kaap ZS-Link Groep funksioneer is uniek en iets besonders en daarom ook die suksesse wat reeds behaal is.
As die gees reg is in Amateur Radio en onder radio amateurs dan kan mens letterlik berge versit. Kyk maar so bietjie terug op die Blog wat die groep die afgelope twee jaar vermag het en hoeveel nuwe radio amateurs tot die stokperdjie in die Suid Kaap toegevoeg is.
Siende dat die artikel handel oor amateur radio gees wat hoogty vier wil ons van die geleentheid gebruik maak as groep om weereens die volgende persone te bedank vir gratis skenkings wat hulle gemaak het om amateur radio te bevorder en verder uit te brei in die Suid Kaap en ook na dele van Suid Afrika.
Skenkings en Donasies:
1. Name van donateurs verskyn hieronder, maar daar is ook anonieme skenkers wat toerusting en kontant geskenk het. Aan al ons anonieme en nie genoemde skenkers wil ons baie dankie se vir julle donasies en skenkings. Julle weet wie julle is. Baie dankie!!
2. Dolf ZS1DRP en Rassie ZS1RP - Herhaler Toerusting, Sonpaneel en ander toerusting.
3. Johann ZS1AAC - Te veel skenkings om op te noem. Aankope van herhaler benodighede ens. ens. ens.
4. Vivian ZS1VIV - VHF 4 Stack Antenna. LM400 Koaksiale Kabel en Koppel Stukke
5. Daniel ZS3DS - VHF Duplexer Filter
6. Nick ZS1NS - UHF Stainless Steel Yagi Antenna
7. Johannes ZS1XR - Beskikbaarstelling en gebruik van sy uitstekende koaxiale en koppel stuk krimper tydens die opgradeing van die Stilbaai Herhaler.
8. Anoniem - 2 x UHF Motorola GM360 Link Radios en 1 x UHF Notch Filter
9. Jimmy ZS1RB - 1 x Icom UHF Herhaler
10. Diegene nie hier genoem nie. Nee, dit is nie met opset nie. Elke bydrae hoe klein ook al is kosbaar en is ons dankbaar daarvoor maar onthou die ou geheue laat mens partykeer maar in die steek. Verskoning as jou naam nie genoem is nie. Stuur gerus die besonderhede dan sal ek dit byvoeg.
As daar mooi gekyk word dan sal julle opmerk dat die toerusting geskenk etlike duisende rande beloop. Sonder hierdie skenkings sou dit nie moontlik wees om opradering en instandhouding werk te onderneem nie. Onthou ons is nie 'n klub met 'n ledetal inkomste nie. As toerusting benodig word dan moet daar 'n manier gevind word om dit te bekom sonder om die las op een of twee persone te plaas. Wel dit is met groot dankbaarheid dat ons kan berig dat tot dusver skenkings en donasies die "gate" wat onstaan het kon vul. In dieselfde asem moet on noem dat daar vorentoe toerusting benodig sal word, maar ons weet dat daardie toerusting wel hul "verskyning" sal maak wanneer nodig.
Ten slotte: Die trots en aansteekbare gees onder radio amateurs wat betrokke is by die Suid Kaap ZS Link Netwerk is iets wat nie misgekyk kan word nie. Kom ons bou voort op dit wat ons reeds bereik het en dit wat beplan word vir die toekoms tov amateur radio. Nee ons praat nie net hier van die Suid Kaap Radio Amateurs nie want sien daar is talle radio amateurs in ander dele van Suid Afrika wat voltyds deel is van die Suid Kaap ZS Link Netwerk Groep. Te veel om hier op te noem. Met hulle ondersteuning en inskakeling dra hulle by tot die sukses verhaal wat tans afspeel. Indien daar radio amateurs is wat by ons wil skakel is hulle baie welkom om deel te vorm van die ZS Link Netwerk Groep. Ons is nie 'n geslote of uitgesoekte groep nie. Ons streef die Amateur Radio Kode ten alle tye na en dra dit ook by tot die sukses van die groep.