Monday, March 3, 2025

How I setup my Yaesu FT817 Radio and Homebrew Soundcard Interface to work Digital Modes

Image:  ZS1I Yaesu FT817 Radio

Image:  ZS1I Homebrew Yaesu FT817 Soundcard Interface

During the PEARS VHF/UHF Contest that took place in January 2025 I decided to setup my trusted Yaesu FT 817 Radio using my homebrew soundcard interface to work a few digital mode stations.  The FT817, 857 and 897 radios have a few settings that must be setup correctly,  if not then you will not be able to play with digital modes.

Please take note that the setup explained worked for me.  I did not use the CAT on this occasion as I need to buy the necessary accessory plug before I can use CAT. 

My Setup:  ( Yours might differ depending on the equipment you use)

Setting up the Computer and Software:

DO NOT switch the Yaesu FT817 or the computer ON.  
We first need to plug in all the cables.
Plug the USB cable coming from the Soundcard Interface into a USB port on the computer.
Plug the data cable coming from the Soundcard Interface into the Data socket of the Yaesu FT817. (Back of the radio.)
Now we can switch the radio on and then the computer.
The radio, computer and interface will now be be ON.
Start WSJT-X by clicking on the icon in your desktop or program start menu.
Go to File and then click on Settings then Radio.
CAT must be OFF  -  Rig = NONE
PTT Method = DTR Port:  Com3
Next click on Audio 
Here we will setup the Soundcard to be used

Soundcard:

Input:  Microphone (19-USB Headphone Set)  -  Left
Output: Speakers (19-USB Headphone Set)  -  Both

Click OK

Monitor Button should be green and round   0 should be green.  Radio and WSJT-X are now talking to each other.  If not check your hardware and sound on the computer.

Select:  Go to Control Panel. Click  on Hardware and Sound and then on Manage Audio Devices.  Sound window will open with Playback displayed.  Note: If you do not use VoiceMeeter then ignore those settings.

Playback:

Speakers:  19-USB Headphone -  Ready
Speakers:  Behringer USB - Disabled
VoiceMeeter Aux Input - Default Device

All others disabled

Recording:

Microphone: 19-USB Headphone - Ready
Line In:  Behringer USB - Disabled
VoiceMeeter Aux Output - Default Device

All others disabled

Managing Devices:

To set the level of the devices go back to Playback and double click on Speakers.  
Select Levels.  
 
Set levels as:

Speakers 83 
Main volume 83
 
To set the level of the devices go back to Recording and double click on Microphone (or Line In)  Select Levels.
 
Set levels as:
 
Microphone 82 
AGC MUST BE OFF!!

Go back to Playback
Select VoiceMeeter Aux Input (Double Click) 
Select Levels

Set levels as:
 
VoiceMeeter Aux Input = 100
Main Volume = 93
 
Click OK

Go to Recording and double click on Voice Meeter Aux Output
Select Levels

Set levels as:

VoiceMeeter Aux Output = 89
Wave in Volume = 100

Click OK

We completed the setup of sound on the computer.  Now we need to setup VoiceMeeter Banana

Open the VoiceMeeter program
 
Hardware Input 1 =  Behringer USB Audio
Hardware Out = Behringer USB Audio
 
Select the above if not displayed in VoiceMeeter.  Restart VoiceMeeter once selected.
 
Setting up WSJT-X Program:
 
I am not going to explain setting up the WSJT-X software as there is a complete manual explaining how to install and setup WSJT-X.  Please use the manual.

Setting up the Yaesu FT817 Radio to work digital modes:

Press F for more than 2 seconds
When in MENU rotate the SEL knob on radio to select menu 1 - 57
Set the following Menus:

# 3  9600 Mic = 50
# 7  Antenna = Front or Rear
#14  Cat Rate = 9600  (If used)
#24  Dig Disp = 0 hz
#25  Dig Mic = 70
#26  Dig Mode = user-u
#27  Dig Shift = 0 hz
#29  FM Mic = 50
#38  OP Filter =  OFF (CW or SSB Filter)
#39  PKT Mic = 50
#40  PKT Rate = 1200
#45  RF Gain/SQL = RF Gain (Digital)  SQL FM
#46  SSB Mic = 50
#51  Vox Gain = 50 (If used)
#52  Extend = ON
 
MODE =  DIG in SSB
             =  PKT in VHF/UHF

General Checks and Settings:
 
1.  Set MTR ALC  Press F once, select MTR ALC by pressing B.  This will reflect ALC when in TX mode.
2.  Check antenna Input = Front or Rear  MENU =  #7  (Select socket where your antenna is plugged in.)
3.  Check SWR Meter (PWR and SWR)
4.  Check receiving meter (WSJT-X)  Must be in the green between 40 - 60 dB.  If in the red adjust recording level - microphone to a lower setting until meter is in the green.
5.  Add  Fan to the back o the Yaesu FT817 to prevent the radio from overheating.

As said previously the above settings worked for my setup.  Your setup might differ but I am sure that some of the information in this article will be useful in setting up your Yaesu FT817, 857 or 897 radio to work digital modes.
 
You should now be able to work digital modes with the Yaesu FT817 Radio.  

Enjoy working digital modes in amateur radio!!
 
 
Images:  (Click on images for larger view.)




Sunday, March 2, 2025

My Son Plaas in die Vrystaat - Christi ZS4CGR

 

Hier volg interessante inligting rondom die gebruik van hernubare energie soos verskaf deur Christi ZS4CGR.  Soos gesien kan word het hy die "doen dit self" rigting gevolg en wek hy genoeg krag op om sy hele huishouding en amateur radio hok van krag te voorsien.  Dankie Christi dat jy die besonderhede rondom jou "son plaas" en opbou na son energie en onafhanklikheid met ons gedeel het.


Opbou na Sonenergie en Onafhanklikheid – Christi ZS4CGR

My pad na sonenergie het in 2004 begin. Ons was van plan om op die banke van die Oranjerivier bokant Aggenys ’n plaas te koop. Op die grond was nog nooit twee bakstene op mekaar nie. Kaal landelike grond. 6500Ha groot.

Ek het my eerste panele 2 x 70W gekoop teen R2500, drie tweedehandse 104 Ah batterye en ’n 400W 'ou tipe' omsetter. Vir ’n jaar was dit ons enigste energie. Daarmee het ons een rekenaar kon bedryf vir maks. een uur per dag. Drie florescent 8W kar 'lead lights' was ons lig in die drie army tente wat ons 'huis' was. Stoof en karavaan vries kassie was op gas. Warm water uit die donkie was net wintertyd nodig. Terloops, somer temperature in die skaduwee het 48°C bereik en in die tente tot 57°C. So teen 3h soggens het die temperatuur onder 32° gedaal en kon ons gou bietjie slaap voor die son weer opkom.

Hierna het ek vir drie jaar in die landbou gewerk en toe stuk-stuk getrek na die familieplaas waar ons nou voltyds woon.

In 2006 het ek begin speel met alternatiewe warm water stelsels (wat ons nou nog gebruik). Swart PVC klas drie 25mm pyp, 200m lank, opgerol en bedek met tonnel plastiek (teen wind -wat so 4j hou - sien foto). Geen opgaar houer nie, die druk van die watertenk voer die pyp en ons moet sorg dat ons voor sononder klaar bad en stort. Dag temperatuur van die water is byna konstant op 75°C, heel bruikbaar, heel jaar deur, behalwe op swaar bewolkte dae (omtrent 7 dae per jaar), dan gebruik ons warm water uit ’n 50ℓ geysertjie wat van die sonstelsel af warm gemaak word. Ons het tans ook 'blou pype' vir die kombuis en veldstort. Warm water is hier volop.

Dit is die agtergrond.

Net eers hoe al my son panele werk.

Ons panele is in 'bondeltjies' gebou oortyd, op ’n middel paal (pivot) sodat as die paneel regop staan die onderkant so 300mm van die grond af is. Hulle kan dus roteer. Dan kan die rame waarop hulle gebou is ook vertikaal gekantel word. As hierdie dubbel beweegbare metode gebruik word, lewer elke paneel tot 160% van ’n vas gemonteerde paneel se krag (dus eintlik ’n besparing is panele). Tans het ek agt individuele 'bondels'.

En ja ek verstel hulle met die hand omdat ek die tyd het en die oefening nodig het. As ons weggaan, draai ek hulle Noord tot ons terugkom.

Hier is my huidige 8 + 3 bondels:

2x 70W 12V Voer lood-suur batterye vir radio’s en ander 12V toerusting
2x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
2x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
6x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
6x 80W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
2x 325W 24V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
4x 180W 12V Voer LiPO batterye en 5kW omsetter
2x 170W 12V Voer lood-suur batterye vir radio’s en ander 12V toerusting
1x 335W 24V Op karavaan dak foto
1x 225W 24V Op bakkie 'canopy'
1x 170W 12V Op bakkie 'canopy'


Hierdie 'bondels' was een-een aangeskaf, nie alles gelyk nie. Op die oomblik is die maks. lewering so 2.2kW.

Ek het baie lank gewerk met ’n motor battery bank van tot 15 batterye. So 3 jaar terug het ek ’n ou lood-suur 48V stelsel geskenk gekry, maar die 2V selle (24 selle) het nie ’n jaar gehou nie, waarna ek besluit het om oor te gaan op LiPO batterye. Omdat ek nie die LiPO batterye geken het nie, was ek geadviseer om 2x 3.7kW batterye te installeer, maar toe ek gaan sit en my somme maak, het ek die verskaffer gekontak en dit vermeerder na vier. En net ’n maand later het ek nog twee by gekoop, dus ses batterye van 3.7kW. Totaal nou 22kW. Terloops, 2.2kW bron vir 22kW batterye? Dit werk,
so 3½ uur se vol son en my laaier skakel af, alles is vol. En in bewolkte weer hou alles so drie dae voordat ek die Lister se hulp moet inroep.

Nou hier kom ’n interessante punt. Ek het gou agtergekom dat ek steeds nie genoeg rugsteun krag het na my sin nie, maar nog twee batterye sou meer as R30k kos, wat ek nie wou uitgee nie. Lank geloop en dink. Sien, ek het ’n gas yskas wat teen 300W konstant loop (die koste van gas was ’n groot deel van die motivering om oor te gaan op LiPO). Dit beteken 19kg gas per maand teen ongeveer R500/m. Maar die ou yskas kom al amper 15j saam met my en werk goed. Na heelwat dink het ek besef dat die uitweg was om die yskas te vervang i.p.v. batterye te koop. Die nuwe yskas gebruik net 80W en is nie konstant aan nie. Dit het 'veroorsaak' dat ek ook ’n kas vrieskas by gekoop het wat ook net 80W benodig. Die twee saam het minder as een battery gekos en verder nog R500/m se gas bespaar. ’n Goeie kompromie en my krag benodig het omtrent halveer.

Al ons gedagtes moet die volgende patroon volg: as jy nie jou inkomste kan vermeerder nie moet jy jou uitgawes verminder en as ek om my rondkyk, sny sal ons moet SNY.

Vir ’n stoof gebruik ons meestal ’n twee plaat stofie, ’n Elektriese plastiese ketel gebruik minder energie as ’n glas/metaal ketel omdat ek nie die glas/metaal hoef te verhit nie.

En hier is ’n wenner. Koop vit jou LV ’n nuwe druk-kook-pot die elektroniese soort. Hoekom? Want hy werk op 2bar druk (i.v.m. die oues wat op 1.2bar werk), maak taai vleis binne minute sag en gaar en gebruik baie minder krag en tyd as enige ander metode. Voordeel? Die LV 'smile'. Wat wil ’n LV hê? Warm water in die badkamer (en kombuis) en ’n gerieflike kombuis (en baie tyd vir haarself).

Nou kom ons by beligting.

Op Swartbas (plaas) het on 'lead lights' gebruik teen 8W elk.
Op Klein Kortlaagte (plaas) kon ons nie die 'luxury' bekostig nie. (tussen die twee het ek al my kapitaal 'verloor' deur 'diefstal').

Hier, het ek begin met een loodsuur battery (hier is ’n Lister, maar diesel kos geld) en kon dus nie die gewone ligte aandryf nie. Ek het ligte 'gemaak', ek het plastiese versierings-balle met fasette gekoop (O.D. 30mm), ’n gaatjie in geboor en ’n wit LED daarin monteer, drie in ’n ry met ’n weerstand vir stroom beheer en siedaar, hy werk van 12V af en gebruik 20mA. Gou was die hele huis 'belig'. Toe die 'strip LEDs' op die mark kom (of het ek dit ontdek?), het ek sistematies al die ou LED-balle vervang. Teen 50mA per lig. Ons het lank so gewerk, ons kon alles sien en doen wat nodig was. Laas jaar het ek op ’n verbetering afgekom. ’n Vriend wou sy neon lig vervanging (LED strip) waarvan die glas gebreek het weggooi, gou het ek hom oortuig om dit vir my te gee. By die huis het ek die krok met 'cable ties' op ’n 'dowel rod' vasgetrek nadat ek dit getoets het en hy werk nou nog in ons werkkamer (18W). Dit het my weer op ’n ander idee gebring. Ek het vir my van die neon vervangings buise (8W) gaan koop, ou geblaasde lampe se bajonet stert afgehaal en bedraad op die LED buis. Nou hang hulle vertikaal in die plek van gewone lamp aanhegtings en dit werk goed.
Nou-ja, dit alles kom oor die verloop van 18 jaar, sien, dis nie nodig om ’n hoop geld op een slag uit te gee nie, maar maak net ’n begin, dit sal self kleintjies kry, nes radio’s en antennas.

73

Christi ZS4CGR 

 

Fotos  (Klik op fotos om te vergroot.)



 



Radio ZS Article - Upgrading of the 145.750 Mhz Still Bay Repeater in the Southern Cape

 

Image:  On the tower - Jasper, ZS1WT; back - Danie, ZS1DL and Johannes, ZS1XL; middle - Henry, ZS1SB; Eben, ZS1EP; Nick, ZS1ZAN and Viv, ZS1VIV; front - Attie and Johann, ZS1AAC

Herewith a PDF EXTRACT of the article published in Radio ZS relating to the upgrading of the Still Bay repeater in the Southern Cape.

How I setup my Yaesu FT817 Radio and Homebrew Soundcard Interface to work Digital Modes

Image:  ZS1I Yaesu FT817 Radio Image:  ZS1I Homebrew Yaesu FT817 Soundcard Interface During the PEARS VHF/UHF Contest that took place in Jan...