Pages
- Home
- S/Cape Winning Recipe
- Southern Cape Network and Repeater Information
- Notifications: ZS-Hub Network Outages
- Most read article on this Blog:
- Mossel Bay AREDN
- ZS1I DMR Bridge
- ZS-Link Network Stations
- What is this Blog all about?
- Down Memory Lane
- Southern Cape ZS-Link News Broadcasts, Nets, Link Connections etc.
- ZS HUB Nodes:
- Guidelines:
- ZS1I-L ECHOLINK
- APRS
- ZS Link Project Index :
Tuesday, July 15, 2025
Raspberry Pi and the Elements of Nature
Image: Field used Raspberry Pi with completely dust covered PCB, rusted and grass-embedded RJ45 and HDMI sockets, and other debris. Real time clock module features cobwebs and more grass. Recently disconnected Ethernet plug and cable ...... still working!
Sunday, July 13, 2025
Belangrike Sekuriteitswaarskuwing aan Radio Amateurs / Important Security Warning to Radio Amateurs
Belangrike Sekuriteitswaarskuwing:
Soos julle almal weet, gebeur sekuriteits- en bedrogvoorvalle deesdae gereeld — van gekapte rekeninge en selfoonnommers tot vals boodskappe wat lyk of dit van bekende mense af kom. Ongelukkig is daar vandag weer nuwe gevalle in ons breër amateur radiogemeenskap gerapporteer.
Ons wil julle daarom net weer herinner om seker te maak dat jou persoonlike aanlyn sekuriteit in plek is en dat jy versigtig is met enige verdagte kommunikasie. Hierdie tipe aanvalle tref mense van alle ouderdomme en vlakke van tegniese kennis.
Wat jy nou kan doen om jouself te beskerm:
✅ Gaan jou Google-, e-pos- en ander belangrike rekeninge se sekuriteitsinstellings na
✅ Skakel twee-faktor verifikasie (2FA) aan waar moontlik
✅ Gebruik sterk en unieke wagwoorde vir elke rekening
✅ Wees versigtig vir ongewone of dringend klinkende boodskappe, selfs van mense wat jy ken
✅ Moenie op verdagte skakels klik of onbekende lêers aflaai nie
✅ Moenie persoonlike inligting via WhatsApp, e-pos of SMS deel nie
✅ Rapporteer enige verdagte kommunikasie onmiddellik aan die komitee sou dit lyk of dit van een van ons af kom.
Hoe misdadigers dikwels toegang verkry tot jou inligting:
– Vals e-posse of webwerwe wat jou vra om aan te meld op ’n vals webblad
– WhatsApp-boodskappe van “vriende” wat hulp of geld vra
– SIM-swap-bedrog – jou selfoonnommer word oorgeneem en gebruik om jou rekeninge oop te kry
– Gebruik van swak of herhaalde wagwoorde
– Skadelike lêers of skakels wat malware installeer
🔐 Wat doen ons as gemeenskap?
Ons neem hierdie risiko’s ernstig op en pas alle beskikbare sekuriteitsmaatreëls toe op die platforms wat ons gebruik. Jou persoonlike aanlyn veiligheid is egter jou eerste en belangrikste verdedigingslinie.
Laat ons saamwerk om mekaar te beskerm teen hierdie bedreigings. Deel asseblief hierdie boodskap met ander lede wat dalk nie op die groep is nie.
Bly waaksaam en veilig.
73
Boland Amateur Radio Klub Komitee
ED. Dankie BARK vir die inligting.
English Version:
Important Security Alert:
As you all know, security and fraud incidents are common these days — from hacked accounts and cellphone numbers to fake messages that appear to come from well-known people. Unfortunately, new cases have been reported in our broader amateur radio community today.
We would therefore like to remind you once again to make sure that your personal online security is in place and that you are cautious with any suspicious communications. These types of attacks affect people of all ages and levels of technical knowledge.
What you can do now to protect yourself:
✅ Check the security settings of your Google, email and other important accounts
✅ Turn on two-factor authentication (2FA) where possible
✅ Use strong and unique passwords for each account
✅ Be wary of unusual or urgent-sounding messages, even from people you know
✅ Don’t click on suspicious links or download unknown files
✅ Don’t share personal information via WhatsApp, email or SMS
✅ Report any suspicious communication to the committee immediately if it appears to come from one of us.
How criminals often gain access to your information:
– Fake emails or websites asking you to log in to a fake website
– WhatsApp messages from “friends” asking for help or money
– SIM swap scams – your cellphone number is taken over and used to open your accounts
– Using weak or repeated passwords
– Malicious files or links that install malware
🔐 What are we doing as a community?
We take these risks seriously and implement all available security measures on the platforms we use. However, your personal online safety is your first and most important line of defense.
Let’s work together to protect each other from these threats. Please share this message with other members who may not be on the group.
Stay vigilant and safe.
73
Boland Amateur Radio Club Committee
ED. Thanks BARK for the information.
Saturday, July 12, 2025
Aan HOK van Thanie ZS4AZ op die grens van Lesotho
Foto: Die Lesotho berge in die agtergrond
Ek het die voorreg gehad om 'n besoek te bring aan die Vrystaat aan die begin van Julie 2025. Op Woensdag, 2 Julie 2025 het ek en Nico ZS4N 'n besoek gebring aan Thanie ZS4AZ op 'n plaas wat 'n klipgooi gelee is vanaf Maseru, Lesotho. Ek en Nico het reeds vroeg vetrek in die rigting van Ladybrand en het net so na 10h00 op die plaas gearriveer. Thanie het ons ingewag en natuurlik soos radio amateurs maar is is ons dadelik na die hok toe en het ons sommer lekker gekuier. Ek wil graag vir Thanie bedank vir sy gasvryheid en gemak waarmee hy ons ontvang het. Thanie is 'n man van vele talente en ek gaan net 'n paar hier opnoem:
en so kan ek aangaan en aangaan. 'n Veelsydige persoon inderdaad. Thanie, dankie dat jy ons 'n geleentheid gebied het om 'n kykie te kry in jou wereld. Ek is seker ons sou nog baie ander talente ontdek, maar was die tyd net te kort om dit te kon beleef. Die onderstaande fotos vertel nie die hele storie nie, maar deel ek dit graag met ons lesers sodat julle ook 'n kykie kan kry in die lewe van 'n baie talentvolle man.
Fotos (Klik of fotos om te vergroot.)

Friday, July 11, 2025
Opdatering: Byeenkoms van die ZS Link Netwerk Groep, Blandsdrift, Mosselbaai.
Opvolg: 16 Julie 2025 09h50 SAST
Reelings: Byeenkoms Saterdag 19 Julie 2025 te Blandsdrift Mosselbaai
1. Hek open 9h00 SAST
2. As jy sukkel met roete aanwysings roep op die 145.625 Mhz (88.5 Hz CTCSS) Aasvoelkop Herhaler.
3. Onthou om jou eie stoele saam te bring.
4. Bring asb jou betaling vir die ZS Link Netwerk Groep naamplaatjie saam. Ons wil asb die betaling afhandel op die betrokke dag. Betaling kan ook direk in die volgende rekening gemaak word. Hierdie is die rekening besonderhede vir die wat via EFT wil betaal. Fnb 62800836689 EN Becker. Die bedrag is R90.00 per naamplaatjie. Onthou om jou roepsein aan te bring op die betalingsadvies.
5. Daar sal ‘n gelukkige trekking wees vir ‘n draagbare radio. Lootjies is beskikbaar teen R25.00 stuk. Die fondse ge-in vir die loting gaan vir die ZS Link Netwerk Groep se herhaler fonds. Onthou ons kan nie die trekking laat plaasvind as daar te min lootjie verkope is. Baie dankie aan Danie ZS1DL wat die radio geskenk het. Merkwaardige gebaar van Danie.
6. Daar sal ook ‘n vlooimark wees. Bring asb die toerusting wat jy nie meer nodig het nie saam. Daar is altyd iemand anders wat belangstel in die toerusting. So maak bietjie daardie HOK en rakke skoon.
7. Bring sakke vol geld saam. Moet nie bang wees vir die LV nie. Wanneer die vlooimark begin kan die LV’s ‘n besigtiging toer onderneem. Maak net seker jy pak die nuwe toerusting iewers in die voertuig waar sy dit nie sal sien nie. Ek se gewoonlik dit is goed wat ek wou verkoop maar daar was nie enige belanstelling nie, so ek neem dit maar terug huistoe!
8. All aanduidings is dat die weer mooi gaan saamspeel op Saterdag. So moet nie bekommerd wees oor die koue nie. Daar is ‘n lekker stoor wat goeie skuiling bied sou dit nodig wees.
Kom geniet die dag saam met vriende en mede radio amateurs. Die vorige byeenkoms was ‘n baie lekker en suksesvolle byeenkoms en ek glo die een gaan nog beter wees.
Sien julle daar!
Die volgende persone het aangedui dat hulle die byeenkoms gaan bywoon. Indien jou naam nie op die lys verskyn nie word versoek dat jy dit asb onderaan die lys op die groep plaas sodat dit bygevoeg kan word op die finale lys. DIE AFSNYDATUM IS VANDAG OM 17h00. Ons moet asb weet wie die geleentheid sal bywoon ten einde die nodige reëings te tref.
1. Francois ZS1Q en Johanna LV
2 Johann ZS1AAC en Nicolene ZS1HAR
3. Nick ZS1NS en Louisa LV
4. Mark ZS1SSM, Elna ZS1EAS en 2 Kinders
5. Johan ZS1I en Martha LV
6. Ingo ZS1IB en Albie ZS1SE
7. Gerrit ZS1KLO, LV en Dogter
8. Rassie ZS1RP en Rola LV
9. Nick ZS1ZAN en Elize LV
10. Kevern ZS1ABU
11. Daniël ZS3DS en Marlize LV
12. Viv ZS1VIV en Ingrid LV
13. Gerhard ZS1TG
14. Jacobus ZS1DJD en Dogter
15. Thys ZS1TBP
16. Bryan ZS1SSS
17. Danie ZS1DL en Annemarie LV
18. Jasper ZS1WT, Natasha en 2 Dogters
19. Danie ZS1DBJ
20. Michael ZS1MMB, LV en Dogter
21. Jan ZS1CBS
22. Jimmy ZS1RB
23. Marco ZS1NEU en Caro LV
Verskonings:
1. Nick ZS1N en LV
2. Matt ZS1MDT
3. Eben ZS1EP
4. Bernie ZR1ACP
So lyk lys nou. Enige byvoegings of veranderings?
ONTHOU: Saterdag 19 Julie 2025, Amateur Radio Byeenkoms op die plaas Blandsdrift, Mosselbaai.
Moet nie die geleentheid misloop nie!!
Suid Kaap ZS Link Netwerk Groep
Thursday, July 10, 2025
Titanic’s Lost Radio Room Found: What’s Still Inside?
Imagine hearing Titanic's distress signal after 113 years. Historical images and recreations bring the iconic ocean liner's last moments to life. Learn about the last sounds heard from the Titanic, the revolutionary SOS signal used for the first time, and the men onboard who sent those distress call that night.
Source: History X
ZS-LINK - DMR Bridge - ZS-HUB and 145.550 Mhz RF Link - BACK ON THE AIR!
KENNISGEWING: Geliewe kennis te neem dat die Mosselbaai DMR Brug (TG65511), ZS-HUB (ZS1I-R Echolink en 49355 Allstar) en die 145.550 Mhz RF Link nodusse vanaf 9 Julie 2025 weer terug is op die lug na my besoek aan Bloemfontein. Ek het die tyd in Bloemfontein vreeslik geniet en geen tyd op sociale media of my selfoon spandeer nie. Vir amateur radio was daar ook nie veel tyd beskikbaar nie, maar ek het darm so 'n paar fotos geneem waarvan die artikels eersdaags op die Blog sal verskyn. Dit is goed om weer terug te wees in Mosselbaai.
NOTIFICATION: Please note that the Mossel Bay DMR Bridge (TG65511), ZS-HUB (ZS1I-R Echolink and 49355 Allstar) and the 145.550 Mhz RF Link nodes are back on the air from 9 July 2025 after my visit to Bloemfontein. I really enjoyed my time in Bloemfontein and did not spend any time on social media or my cellphone. There was also not much time available for amateur radio, but I did take a few photos, the articles of which will appear on the Blog soon. It is good to be back in Mossel Bay.
Raspberry Pi and the Elements of Nature
Image: Field used Raspberry Pi with completely dust covered PCB, rusted and grass-embedded RJ45 and HDMI sockets, and other debris. Real ti...

-
Albert (Al) Akers ZS2U The article about this small and compact "Sharp Shooter Antenna" was published in the PEARS QSX News Let...
-
Foto: Stilbaai Herhaler toring en antennas voor opgradering. (Klik op foto om te vergroot.) Gister 1 Februarie 2025 was 'n dag waarna ...
-
Foto: Ystervarkpunt-vuurtoring "Vuurtorings het vir baie jare 'n belangrike rol in maritieme navigasie gespeel en skepe veilig l...