Friday, October 29, 2021

Update: The impact of Load-Shedding by Eskom now also "breaks" the GRHub Network

 Just a short update in Afrikaans:   Ek het gou 'n paar toetse gedoen en is die 7 aH battery is tot niet.  n Vinnige soektog op die Internet vir 'n goedkoop vervanging maar ek het die battery soos in gister nodig.  Besoek 'n paar elektroniese plekke vroeg vanoggend en ons kyk na R400 + .  Val my toe by dat ek by die Chinese Winkels gaan kyk.  Nou ja almal praat van kwaliteit?  Die batterye waarna ek by die elektroniese plekke gaan kyk het word almal in China gemaak.  Een van die Chinese winkels het 'n groot verskeidenheid.  R200 later en ek het dieselfde battery wat een van die elektronies winkels vir R424 verkoop.  Nou ja hoekom so groot prys verskil, maar 'n man mag seker maar vra wat jy wil.  Of die battery gaan hou sal tyd wel leer.  Nie alles is goedkoop by die Chinese winkels nie maar moet nie vergeet om daar te gaan kyk nie.  Ek gaan die datum op die battery skryf en kyk hoe lank hy gaan hou.



Fotos: Nuwe battery se spanning en die prys van R200 op die pienk plakker.

Mark ZS4OIL donate radio to be used on the ZS Link Hub Network in Mossel Bay!

Now here is a story of  real amateur radio spirit and no Mark ZS4OIL does not know that I am writing an article about his kindness.  In toda...