Al wat ek kan se is die Net raak net beter en beter en dit is nie aan my te danke nie maar aan almal wat deelneem aan die Net. 'n Besondere woord van welkom aan Johan ZS1AAC wat vir die eerste keer by die net aangesluit het. Gistermiddag was 'n ope net en dit beteken dat jy kon praat oor enige iets wat jy in amateur radio gedoen of nie gedoen het nie die afgelope tyd. Die opkoms was goed en was dit goed om te verneem dat Koos ZS5KDK weer op die been is na sy olikheid. Koos ons het jou gemis maar is bly dat jy weer by ons kon aansluit. Ons vertrou dat jy volkome sal herstel.
Hier volg net 'n kort saaklike opsomming van wat bespreek is:
- Bouvet Island DXPedition
- Rules when trying to work a dxpedition
- Radio - How to use the Split function.
- Older amateur radio sets like Yaesu FT680R and FT480. Fixing of older radios and looking for a crystal for the Yaesu FT480 radio.
- Radio Test Equipment and availability. Is it worth buying test equipment if you're not going to repair radios?
- Dae wanneer dit nie so goed gaan nie en as jy begin sukkel met 'n radio wat nie wil doen wat jy he hy moet doen nie. Geduld is somtyds baie nodig.
- Arduino Programering en skryf van kode.
- Baie geluk aan Christi ZS4CGR en sy LV Marie ZS4??? wat altwee suksevol was om die manne op Bouvet Eiland te werk en dit nogal toe daar menigsverskille was onder verskeie stasies wat hulle wou werk. Die ou spreekwoord "Twee honde baklei oor 'n been en die derde gaan daarmee heen" is heel van toepassing. Christi en Marie het besluit om 3Y0J te kontak juis tydens die meningsverskille. Baie geluk aan beide van julle.
- Hoe werk jy "split" frekwensie? Thys ZS1TBP, Koos ZS5KDK en Christi ZS4CGR verduidelik.
- Installering van rugsteun battery en UPS by een van Koos ZS5KDK se servers in KZN. Dit voorkom onderbrekings tydens beurkrag.
Baie dankie aan al die stasies wat deelgeneem en gekoppel was tydens die Lippeklap Net. Onthou om volgende Sondag middag om 15h30 in te skakel by die "Lippeklap" Net. Die onderwerp van bespreking sal later in die week bekend gemaak word. Kom sluit gerus by ons aan!
Hoe skakel ek in by die Net?
- Echolink - Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1FC-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie, konnekteer dan via Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
- AllStar - Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
- VHF - 145.550 Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
- Enige ander Echolink, AllStar herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
- Gebruik sommer Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.