Monday, March 13, 2023

Terugvoer "Lippeklap" Net Potgooi (Podcast) Sondag 12 Maart 2023 15h30

Foto:  Yaesu FT-991A.  My keuse van radio as hy maar net goedkoper was. 

Soos reeds te kenne gegee is in die kennisgewing tov van Lippeklap vir Sondag 12 Maart 2023 het ons die week na 'n potgooi geluister.  Geen onderwerp was bespreek nie en was daar ook dan geen geselsie na die potgooi nie.  Dit wil voorkom of daar 'n verskeidenheid van redes is wat Lippeklap negatief beinvloed waarvan die grootste natuurlik beurtkrag (loadshedding) is.  Ek sal indringend ondersoek instel na die  redes en later 'n aankondiging plaas oor my bevindinge en moontlike veranderinge wat aangebring gaan word.

Nietemin ons het lekker geluister na die potgooi. 

Onderwerp van die Potgooi:

“What is the Best HF Radio in production at the beginning of 2023? All of these radios in this list are still currently being offered by the manufacturer and are tried and true. Today I take you through the top 7 picks of HF Ham Radios for 2023 that can be used for a Base Station or Mobile HF operation.” 

Die radios wat volgens sy opinie die beste waarde vir geld is om the gebruik as ekonomiese basis stasie of mobiele HF werking.

  1. Icom IC 718 Radio 100W $613.00
  2. Yaesu FT 891 Radio 100W $639.00
  3. Yaesu FT 710 Radio 100W $1050.00
  4. Icom IC 7300 Radio 100W $1060.00
  5. Yaesu FT DX10 Radio 100W  $1400.00
  6. Kenwood TS590SG Radio 100W $1579.00
  7. Flex 6400 SDR Radio 100W $2299.00

Volgens Jason KC5HWB is die Flex 6400 sy keuse van radio alhoewel jy hom nie mobiel kan gebruik nie.  Alternatief kan jy hom wel gebruik as 'n "remote" stasie vanaf die huis en dan met 'n ander radio in die mobiel na die Flex toe werk.

Volgende keer kan ons bietjie na Jason se VHF/UHF Radio keuses kyk.

Baie dankie aan al die stasies wat gekoppel was tydens die Lippeklap Net.   Onthou om volgende Sondag middag om 15h30 weer in te skakel by die "Lippeklap"  Net.   Kom sluit gerus by ons aan!

Hoe skakel ek in by die Net?

  • Echolink - Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1FC-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie, konnekteer dan via  Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
  • AllStar - Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
  • VHF - 145.550 Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
  • Enige ander Echolink, AllStar  herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
  • Gebruik sommer Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.

 

Down memory lane - We shall remember them! (Part 1)

Throughout the years I had the privilege to meet and learn from many fellow radio amateurs.  Some I have never met in person but spend many ...