Saturday, April 22, 2023

"Lippeklap" Net Sondag 23 April 2023 15h30 SAST:


Sondag 23 April 2023 om 15h30 is dit weer tyd vir Lippeklap Net. Nee ons gaan nie ‘n onderwerp in Amateur Radio bespreek nie, maar ons gaan luister na ‘n amateur radio potgooi. (podcast) Na die potgooi sal daar ‘n algemene lippeklap wees oor enige amateur radio verwante bedrywighede.

Onderwerp van die Potgooi:

Versterk jou passie:  Raak betrokke by jou Amateur Radio Klub  - Marius Lubbe  ZS1ML vir Boland Amateur Radio Klub.

Hoe skakel ek in by die Net? 

• Echolink - Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1FC-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie, konnekteer dan via  Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
• AllStar - Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
• VHF - 145.550 Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
• Enige ander Echolink, AllStar  herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
• Gebruik sommer Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.


Sluit gerus by die Lippeklap Net aan op Sondag, 23 April 2023 om 15h30 SAST.

Eskom Loadshedding Solutions - Raspberry Pi Router/Modem "Watchdog" Project: Testing Internet Connection (Part 3)

 Image:  ZS1I AllStar Hub, 145.550 Echolink Simplex Link and ZS-Link SVXLink Reflector With the recent loadshedding experienced I decided to...