Monday, February 26, 2024

"Down Memory Lane" - SunSat Suid Afrika se Satelliet 25 jaar later nogsteeds in die Ruimte


(Foto krediet: Stellenbosch Universiteit)

Tydens vanoggend (25 Februarie 2024)  se SARL Bulletin is daar melding gemaak van die herdenking van Suid Africa se eerste minatuur satelliet bekend as SunSat.  Dadelik het dit tot my gedagtes gekom wat 'n wonderlike bebeurtenis was dit nie.  Nie net vir Amateur Radio of die Universiteit van Stellenbosch nie, maar ook vir  die hele Suid Afrika. 

Die Universiteit van Stellenbosch se SUNSAT was die eerste satelliet wat in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig is. Dit is op 23 Februarie 1999 aan boord van 'n Delta II-vuurpyl vanaf die Vandenberg-lugmagbasis gelanseer om die eerste gelanseerde Suid-Afrikaanse satelliet te word. Sunsat is gebou deur nagraadse ingenieurstudente aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy AMSAT-benaming was SO-35 (Sunsat Oscar 35).

Luister gerus na die klank insetsel waarin Sias Mostert meer vertel van SunSat.  In dieselfde denke is daar ook die groot hartseer dan ons deesdae in Suid Afrika die verlede herdenk (niks verkeerd daarmee nie) wat tegnologie aan betref.  Ja daar was nog 'n Suid Afrikaanse satelliet gelanseer met die naam van Sumbandile Satelliet.  Ongelukkig was daar so hier en daar probleme ervaar met die spesifieke satelliet.  Nou wat het sedert die landsering van Sumbandile gebeur op die satelliet front in Suid Afrika.  Ja ek weet dat van die tegnologie wat ontwikkel was 'n tuiste gevind het in ander lande onder andere uitstekende kamera tegnologie.  Daar is ook al etlike jare sprake van 'n nano satelliet wat eendag hopelik sy tuiste in die ruimte sal vind.  Ek is ook bewus dat Suid Afrika van ons buurlande behulpsaam was/is tov satelliet vervaardiging en tegnologie 


(Foto krediet: Stellenbosch Universiteit)

Daar blyk maar deesdae 'n groot droogte te wees tov die landsering van Suid Afrikaanse satelliete. Die hartseer deesdae is dat in Suid Afrika die verlede herdenk word in stede daarvan dat nuwe satelliete gebou word.  Een troos is dat daar verskeie privaat Suid Afrikaanse maatskappye is wat satelliet toerusting vervaardig en steeds aan die voorpunt bly van die nuutste satelliet tegnologie.  Ja ek weet daar is so hier en daar vordering tov komponente/onderdele ens. maar op die stadium blyk daar nie 'n dringendheid om plaaslike vervaardigde satelliete die ruimte in te stuur nie.  Ek mag verkeerd wees in die verband en ek hoop werklik so, maar my bronne dui aan dat daar tans 'n bitter skraal kans is dat so iets gaan gebeur weens verskeie redes, die grootste hiervan die gebrek aan fondse asook die politieke klimaat.

Laastens diengene wat nog nie die voorreg gehad het om met 'n Suid Afrikaanse satelliet kontak te maak nie, dit is 'n asemrowende ervaring / gebeurtenis.  Die afwagting, voorbereiding, landsering, aanskakeling en eerste "lewe" van 'n Suid Afrikaans vervaardigede satelliet is iets wat geen radio amateur,  elektroniese ingeneur of student mag misloop nie. Die eerste kontak dmv amateur radio met die satelliet is in my opinie 'n lewens veranderde gebeurtenis.  Kom ons hoop en vertrou dat diengene wat nog nooit met 'n Suid Afrikaanse vervaardigde satelliet kontak gemaak het nie, dit eendag nog sal beleef.   

Hier volg 'n kort uiteensetting tov Sunsat se kommuniksie besonderhede:

SUNSAT se kommunikasie gebruik die stoor-en-stuur-konsep en die PACSAT-protokol suite om die dienste te verskaf vir amateur radio kommunikasie (VHF, UHF, L- en S-bande), data-afskakel-VHF (145.825 MHz), UHF (436.25 & 436.30 MHz) ), S-band (1260 of 2400 MHz), data-insameling (VHF, UHF), en ruimtetuigbeheer. Verskillende frekwensies word soms vir verskillende dienste benodig. Die kragversterkers het 5 W uitset tov VHF en S-band en 10 W uitset tov UHF. Die S-band afskakel laat 'n data snelheid van 40 Mbit/s toe in QPSK-modulasie. 'n 64 MB RAM-skyf word vir beeldberging gebruik.

Benewens tweerigting kommunikasie, het Sunsat 'n papegaai herhaler aan boord gehad wat kort sarsies spraak opgeneem en dit dan herhaal het. Onderwysers het dit veral nuttig gevind in taal onderrig aangesien leerders hul eie toespraak kon hoor met die bykomende opgewondenheid dat dit uit die ruimte kom.  Die papegaai herhaler was die "brein-kind" van Henry Chamberlain ZS1AAC wat ook nou betrokke was by die SunSat satelliet.



( QSL Kaart Sunsat - Universiteit van Stellenbosch)

Wie het die eerste amateur radio kontak bewerkstellig dmv die Sunsat satelliet?

Garth Milne ZR1AFH in Stellenbosch en Hans van de Groenendaal ZS5AKV in Hillcrest (KwaZulu-Natal) het op Sondag 14 Maart 1999 geskiedenis gemaak toe hulle die eerste stemkontak ooit gemaak het met SUNSAT. Die stemkwaliteit was uitstekend en seine sterk selfs wanneer die satelliet die horison genader het.  Dit was lonend dat die eerste toets-stemkontak wat gemaak is deur middel van amateur radio geskied het.  Radio amateurs was van die begin van die projek 10 jaar gelede betrokke, het SA AMSAT se president Hans van de Groenendaal ZS5AKV gesĂȘ.

Die laaste kontak deur grondbeheer met SUNSAT was op 19 Januarie 2001 en op 1 Februarie 2001 is die einde van SUNSAT se funksionele lewe in 'n wentelbaan aangekondig. Die satelliet het vir byna 2 jaar in 'n wentelbaan gefunksioneer.

Daar word voorspel dat dit weer die atmosfeer sal binnedring na ongeveer 80 jaar leeftyd vanaf lansering.

Die onderstaande klank insetsel is met die vergunning van "Sterre en Planete" wat aangebied word deur Hennie Maas op Radio Sonder Grense. Luister gerus elke Sondagaand om 19h30 na Sterre en Planete!!

Indien die klank insetsel nie will speel nie laai dit gerus HIER af om daarna te luister.

New schedule iro Southern Cape ZS-Link News Broadcasts, Nets, Link Connections etc.

    The new schedule is available at: https://grhubnetwork.blogspot.com/p/news-bulletins-nets-link-connections-etc.html ...