Sunday, April 21, 2024

Suid Kaap Amateur Radio Aktiwiteite: 2 Meter DX, SOTA, POTA Stasie aktief al die pad vanaf Herbertsdale!!


Op Saterdag 13 April 2024 het 'n rare "DX" stasie sy verskyning gemaak op die 2m band al die pad vanaf Heuningklip,  Herbertsdale.   Ja dit is 'n rare "DX" stasie gewees want nog nooit van tevore is daar so 'n tipe stasie in die Herbertsdale omgewing opgerig nie.  Nee dit was nie 'n ware DX, SOTA of POTA stasie nie.  Laat ek verduidelik.

Danie ZS1DL van Danabaai se broer Jan het 'n plaas in die Herbertsdale omgewing.  Danie het besluit hy en Thys ZS1TBP gaan vir broer Jan kuier en sommer terselfdertyd gaan hulle 'n 2m stasie oprig daar op die plaas bo-op 'n heuwel en dan kyk of hulle 'n paar kontakte kan maak.  Nou Broer Jan is 'n man van vele talente.  Hy het reeds lank terug gesorg dat daar 'n permanent mas en tafel bo-op die heuwel staan gemaak word.  Dit het baie handig te pas gekom soos uit die videos gesien kan word.  Danie en Thys het 'n hele paar kontakte gemaak met 'n handstel en tuisgeboude opvoubare Slim Jim antenna.  Kyk gerus na die videos.

Stasies wat gehoor kon word:  Rassie ZS1RP (Stilbaai)  Johann ZS1AAC (Stilbaai), Christi ZS4CGR en Jasper ZS1WT (Mobiel)

Na wat verneem word het die manne na die harde ekspedisie 'n vleisie en drink dingetjie genuttig daar op die plaas.

Amateur Radio lewe in die Suid Kaap met velerlei aktiwiteite wat daagliks plaasvind.  Kom gesels gerus saam!

















New Amateur Radio Repeater Technology in the Southern Cape

New amateur radio repeater technology soon to be installed in the Southern Cape on the "AasvoĆ«lkop" Repeater Site.  There is great...