Tuesday, August 13, 2024

Toekenning aan George-Amateur-Radio Lid


Entoesiastiese lede van die Eden-radioklub in George beywer hulle vir die bevordering van hierdie stokperdjie.


Monday, 12 August 2024, 11:02  


GEORGE NUUS - 'n Lid van Eden-radioklub, Matthys Louw, is met 'n baie spesiale nasionale toekenning vereer tydens die klub se jaarvergadering op 27 Julie.

Louw het die Jack Twine-meriete-toekenning ontvang wat deur die Suid-Afrikaanse Radioliga uitgereik word vir onselfsugtige en opregte bydrae tot amateurradio.

Die klub verwelkom ook drie nuwelinge, waarvan die jongste slegs 15 jaar oud is. Die drie is besig met opleiding en studies ter voorbereiding vir die nasionale eksamen wat in Oktober afgelê word.

Na die vergadering het almal gesellig saam gekuier.

Amateurradio is 'n stokperdjie vir oud en jonk en almal wat betrokke wil raak kan gaan loer na die klub se sosiale bladsye op YouTube, Instagram, Facebook, asook hul webtuiste.

Die klub bedank al die lede en nie-lede wat van so ver as Plettenbergbaai en Boggomsbaai gekom het om die spesiale geleentheid by te woon.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’

George Herald

Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...