Monday, November 4, 2024

My mede Radio Amateurs berig dat my Echolink Audio "opbreek". Hoe nou gemaak?


Die titel van die onderwerp is duidelik maar waar gaan kyk ek om die probleem op te los? 

Vir doeleindes van die onderwerp gaan ons na die volgende stelsel kyk.  'n Gekoppelde Herhaler / Link Stelsel.  Beter bekend as "Sysop Mode" in Echolink.

Om die probleem op te los gaan ons die konsep van eliminasie gebruik. Maak asb seker dat u 'n goeie Internet verbinding het alvorens u foutnasporing doen aangesien 'n swak Internet koppeling ook die oorsaak kan wees van audio probleme. 

Ons moet eerstens vasstel wat veroorsaak die probleem maw:

1.  Is dit 'n Internet Konneksie Probleem?

2.  Is dit 'n Rekenaar Probleem?

3.  Is dit die Echolink Sagteware wat die probleem veroorsaak?

4.  Is dit 'n koppelvlak probeem tussen die radio en die rekenaar?

5.  Is dit 'n Mikrofoon Probleem?

6.  Is dit 'n Radio Probleem?  (Gekoppeld radio of Draagbare Radio afhangende van die toerusting wat jy gebruik)

7.  Is dit 'n swak of droe las koppeling tov die stelsel?

8.  Is dit 'n klank-kaart probleem?

9.  Is dit 'n kragbron probleem?

10.  Is dit 'n Internet Diensverskaffer of Modem/Router Probleem?

11.  Is dit 'n "Firewall" Probleem.

12.  Is dit 'n geslote poort wat oopgemaak moet word op die"Router"?

Nou ja dit is 'n lang lys van moontlike oorsake maar om die probleem op te los moet jy alle moontlikhede ondersoek.  Vir die doeneindes van die artikel gaan ek net kyk na die Echolink Sagteware Program wat 'n probleem veroorsaak het tov 'n gekoppelde herhaler stelsel/netwerk.

DIE PROBLEEM:

Die audio van die stasie wat deur die herhaler stelsel/netwerk praat breek sleg op.  Groot gedeeltes van die gesprek verdwyn eenvoudig met net sekere gedeeltes wat hoorbaar is.  Wanneer die audio verdwyn, verdwyn die dragolf ook.  Dit maak nie 'n twee rigting gesprek moontlik nie.

Die stelsel / netwerk het voorheen goed gewerk maar na 'n kragonderbreking het die probleem onstaan.

FOUT NA-SPORING:

Daar was vermoed dit dit 'n Internet, Rekenaar of Echolink Sagteware probleem kon wees.  Eerste op die lys was die Internet.  'n Eenvoudige toets is om Echolink op 'n selfoon te aktiveer en dieselfte Internet koppeling te gebruik.  Die toets het aangetoon dat Echolink op die selfoon geen audio onderbrekings teweeg gebring het nie en dat Echolink korrek werk op die selfoon met dieselfde Internet koppeling as wat die Echolink Rekenaar gebruik.  Die toets het 'n Internet Konneksie / Diensverskaffer of Modem probleme uitgekakel.  Siende dat daar geen veranderinge aan die Stelsel/Netwerk gemaak is nie was die volgende moontlike probleem dat die Echolink Sagteware op die een of ander manier tydens die kragonderbreking foutief of korrup geraak het.

AANVANKLIKE OPLOSSING:

Ek het deur die volgende verstellings gegaan en vergelyk met my toetse wat ek so ruk gelede gedoen het.  Ek het net na die volgende gekyk. Buffering:  Klik op Tools,  Setup, System Setup skerm sal oopmaak.  Klik op Performance, dan Buffering.  Verstellings is soos per foto 1  Network Buffering  10,  Pc Buffering  5  Total Audio Delay 1.20  Klik OK  Die settings is nou korrek.  Dit is ook die rede dat die audio in en uit geval het omdat die buffering voluit oop was.  Hou maar by die default.  Die ander setup wat ek na gekyk het is Sysop Setup, foto 2.   Gaan na Tools, Sysop Settings dan na Sysop Setup.  Die toetse wat ek gedoen het was ook in VOX.  Ek het gevind dat die volgende verstellings goed by my werk en voorkom die Loops en Ping Pong effek.  Vox Delay = 500  Anti Thump = 200,  ClrFreg Delay = 3000.  Ek het ook Squelch Crash Anti-Trip geaktiveer met 'n  X en die Duration is 50  Na die veranderings klik OK   "Squelch Crash Anti-Trip:  If you are using VOX, check this box to enable a special feature that improves VOX behavior when your link is tuned to a local repeater.  When this feature is enabled and properly adjusted, EchoLink's VOX will ignore short noise bursts, such as squelch-tail "crashes" and courtesy tones.  This can significantly improve repeater-to-repeater linking."  Die laaste wat ek sou byvoeg is soos per foto 3:  Click Tools, Setup, Audio.  System Setup skerm sal oopmaak.  Ek het op die blokkie klik langs 300 Hz TX High-Pass Filter en die  filter geaktiveer.  Kan net TX audio verbeter.  Klik OK   

Foto 1 (Klik om te vergroot)

Foto 2 (Klik om te vergroot)


Foto 3  (Klik om te vergroot)

FINALE OPLOSSING:

Bostaande verstellings het die audio opbreek probleem met tye opgelos op die toets Echolink Stasie ZS1I-L.  Indien bostaande nie die probleem oplos nie stel ek voor dat die buffering "Reset to Default" geklik word.  Selekteer dan OK.  Jy kan ook die Squelch Crash Anti-Trip de-aktiveer deur op die regmerkie te klik en dan op OK. 

Die opbreek van audio met bostaande verstellings het met tye voorgekom.  Gedurende 'n 3 minute rondte sou jy twee keer kry wat die audio vir 'n paar sekondes uitval.

Die volgende verstellings is toe gemaak:

 

1.  In Sysop Setup klik op RX Ctrl.  Verander VOX Delay na 'n "Default" van 1200 ms.  Die res bly onveranderd.  Klik OK.


2.  Die final Buffering Setup in System Setup / Performance is soos in bostaande foto verander.  Klik OK. 


3.  Terug op die Hoof Blad van Echolink. Die Vox Threshold is ook verstel na 45%.  Jy kan slegs die verstelling maak as jy aan 'n stasie gekonnekteer is en jy TX.  Die bostaande aanduider verskyn en jy gebruik dan die "slider" om die "Vox Threshold te verstel".  Meer inligting HIER beskikbaar.  Onthou om altyd the rekenaar te "reboot"  as jy verstellings gemaak het. 

Daarsy en nou behoort Echolink goed te werk sonder dat daar onderbrekings is in die audio.  Onthou net wanneer die Internet "siek" is kan audio ook verlore gaan of jy kan selfs heeltemal uit die stelsel "val".

Tot dusver werk die verstellings goed en het die probleem van klank verlies nog nie weer voorgekom nie.  Hopelik is die probleem finaal opgelos.

'n Laaste woord of wenk.  Werk systematies deur die "12 punt foutlys" om die probleem na te spoor.  Merk die lys af soos wat jy deur hom werk en vastel dat daar nie probleme is by die aspek wat jy toets nie.  Jy sal wel gou vasstel waar die probleem le en dit dienooreenkomstig oplos.

Ek hoop dat die artikel ander stasies van hulp sal wees sou hulle 'n soorgelyke probleem ervaar.

Our own Story Teller - Richard Nicholls ZS5RMN grieves over the loss of a loved one.

Image: Richard's Mother next to her beloved vintage Alfa Romeo GT. (1960'S ?)  (Click on image for larger view.) It is with great sa...