Sunday, December 15, 2024

2024 Grosvenor Oorlewingstaptog vanaf Wildernis na Hartenbos



Wat behels die Grosvenor Oorlewingstap?   

 

Waar het dit alles begin? 

 

Wat  berig die Media oor die staptog?

 

"Where we go one, we go all"


"Bogenoemde is die leuse van een die uitdagendste avonture waaraan `n Suid-Afrikaanse hoërskoolseun hom kan blootstel.  Sewe dae van honger en uitputting...  Oorgelewer aan die natuurelemente...  Karakteropvoeding deur avontuur! 

Die Grosvenor Oorlewingstap is `n kursus wat lewens verander.  `n Kursus wat jou wegvat uit jou comfort zone, jou grense verskuif en jou leer om te oorleef in die natuur.  `n Kursus wat van seuns jong manne maak.

Met net die nodige klere aan hulle lywe en geen tente, kussings of slaapsakke nie, word daar van die jong manne verwag om binne 7 dae die 83km vanaf Wildernis tot by Hartenbos, te voet te voltooi.

Op die oog af lyk dit nie te erg nie... Maar probeer dit sonder kos in jou maag...
Want dit is die ding wat die Grosvenor so tough maak.  Elke kursusganger moet hoofsaaklik hul kos en water uit die natuur kry.  As `n man honger is, lyk selfs `n brandsiek hond uit `n lokasie na `n heerlike maaltyd.  Al gou leer hulle dat honger die beste kok is en word naarstiglik na enigiets te ete gesoek: paddas, mossels, riete en selfs skerpioene.  

Tydens hierdie kursus word jou uithouvermoë en karakter tot die uiterste getoets.  Manne wat swaarkry word deur spanmaats gehelp.  Soms moet jy ekstra gewig dra om jou maatjie te help.  Ander kere moet jy motiveer of selfs van jou kos deel as ander nie meer het nie...  

Where we go one, we go all.  Turning back is no option.

Almal is trots en dankbaar as die eindpunt in Hartenbos bereik word en hulle gulsig kan weglê aan die kos wat voorgesit word.  Mammas (en pappas) staan met trane in hul oë.
Oom Ewald Crause, of “Seevader” soos hy aan die Suid-Kaap bekend staan, het 41 jaar gelede hiermee begin. `n Kursus waarin seuns deur swaarkry hulself leer ken, hul karakter bou en deursettingsvermoë leer.  Deur die jare is oom Ewald bygestaan deur `n handjievol instrukteurs – manne met hare op hul tande wat jaar na jaar terugkom vir nog..." 

 - Footsteps To Good Hope

Die doel van die kursus is steeds karakteropvoeding deur avontuur. Op die evalueringsvorm aan die einde van die kursus het baie van die jongmanne aangedui dat hulle van mening is dat elke jong man die voorreg moet hê om die kursus te voltooi. Hierdie is swaarkry wat karakterbou, uithouvermoë toets en seker maak dat jy leer om die regte keuses te maak. Tot 'n groot mate leer die kursus jou ook nederigheid, want in swaarkry is daar geen plek vir arrogansie nie.
 
Jou materiële status tel geen punt nie, want in koudslaap, min eet, swaarkry en deursettingsvermoë is almal gelyk. Die sukses van die kursus kan toegeskryf word aan die fantastiese span instrukteurs wat self al meer as eenmaal hierdie ervaring meegemaak het en wat ingestel is daarop om hierdie 'n leerervaring sonder weerga te maak. 

In hierdie kursus is daar geen finansiële voordeel nie. Dit bly ongelooflik om te sien hoe jong seuns jongmanne word en hoe hulle leer wat dit is om van God diep afhanklik te word, maar ook te leer dat indien hulle die regte keuses maak hulle suksesvol kan wees. 

- Mosselbaai Advertiser

Die 2024 Grosvenor Oorlewingstaptog

Tydsverloop:  7 tot 14 Desember 2024

Beginpunt:  Wildernis

Eindpunt:  Hartenbos

Distansie: 83 km

Getal Deelnemers:  18 

Instrukteurs:  2 (Hoof Instrukteur = Kosie Gericke)

Die fotos en videos hieronder vertel die verhaal van die 2024 Grosvenor Oorlewingstaptog.  (Klik op die fotos om te vergroot.


 

 





































































Videos:




Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...