Wednesday, December 18, 2024

Opdatering: Suid Kaap Amateur Radio Nuus

Sonsak Mosselbaai 16 Julie 2014 - ZS1I

KENNISGEWING:  Die Dagbreek Span Net wat weeksdae  om 06h00 in die oggende op die Aasvoelkop Herhaler en ZS-Link Hub geskied se laaste bymekaarkoms vir die jaar, sal op 20 Desember 2024 plaasvind.  Die net-kontroleerders gaan so 'n blaaskansie neem tydens Kersfees en Nuwejaar.  Die Dagbreek Span Net sal weer op die 6 Januarie 2025 in aanvang neem.  Daar word vertrou dat die net-kontroleerders die rustyd sal geniet.

LET WEL:  Die Ontbytsake Span Net sowel as die Sonsak Span Net gaan egter steeds voort op weeksdae onderskeidelik 06h30 en 16h30 op die Aasvoelkop Herhaler en ZS-Link Hub.  Meer besonderhede oor die frekwensies en netwerk nodes word op die lug aangekondig maar is ook beskibaar op die ZS-LINK Blog.  Klik HIER vir meer besonderhede.

Radio Amateurs wat in die Suid Kaap vakansie hou is welkom om in te skakel en saam te gesels.

Hier volg so 'n paar fotos wat ek geneem het toe ek SAWDIS, SAWOIS en Mossel Bay Weather Observation websites bedryf het.

Wys maar net hoe mooi is dit waar ons bly. (Klik op fotos om te vergroot.)

 


















Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...