Sunday, January 5, 2025

'n Ware lushof vir die oog! - ZS6DPL Amateur Radio Kamer se kaste en toonbanke gebou van herwinde hout kratte.

Foto:  Lionel skryf - Toe ek een aand moes gaan goed oplaai vir mense hier in die stad, ontmoet ek n ou  wat die hout kratte kry vanaf Nissan en Ford.  Die kratte huisves hulle enjin en ratkaste voordat hulle dit in nuwe voertuie inbou.  Tydens ons gesprek vra ek die ou of ek die kratte by hom kan koop.  Hy verkoop dit vir R150 rand en net daar koop ek my eerste 6 kratte.

Redakteur - Herwinning moet vandag 'n prioriteit in almal van ons se lewens wees.  So baie materiaal, toerusting en elektroniese apparaat vind uiteindelik 'n tuiste op vullis terreine waar dit lei to besoedeling van ons aarde.  Baie van die materiaal, toerusting en elekroniese apparaat kan suksesvol herwin word.  Lionel ZS6DPL is nou reeds verskeie jare in gewaardeerde lid van die Amateur Radio 101 Telegram Groep. Hy het verskeie waardevolle amateur radio bydraes to die groep gelewer.   So paar maande gelede het hy besluit om sy hok se kaste, rakke en toonbanke self te bou uit herwinde hout kratte.  Dit was nie sommer net saag en aanmekaar sit nie.  Nee, hy moes eers elke krat uitmekaar haal wat natuurlik baie tyd in beslag geneem het.  Inagenome dat hy nog voltyds werk het hy die projek in sy spaartyd onderneem.  Met geen houtwerk agtergrond of ondervinding nie het hy die projek onderneem.  Merkwaardig inderdaad.  'n Interessante toevoeging to elke radio is 'n spring en kabel "gadget" wat sorg dat mikrofone nie orals rondle nie. Dit is ook nie nodig om mikrofone in te hak nie.  Kyk gerus na die fotos en video.  Wel gedaan Lionel.  Voorwaar 'n amateur radio kamer om op trots te wees!

Fotos:  Klik of fotos om te vergroot.  Kommentaar tov fotos voorsien deur Lionel ZS6DPL

So het my hok gelyk so 3 maande terug.  Ek was  mooi moeg vir die  ou hok want dit was nie prakties werkbaar vir my nie. 

Het aan die werk gespring en die kratte uit mekaar gemaak. Was baie verras om te sien hou mooi die hout was.  Ek het eers ander planne gehad met die hout maar toe besluit om my hok oor te doen.

Het toe gaan soek vir so paar stukke gereedskap om die werk maklik te maak op die stadium van my lewe het ek nog nie tevore met hout gewerk nie. Het Youtube geraadpleeg en baie geleer.

So het dit begin

Die was my eerste kas wat ek ooit gebou het. Wou hom so bou sodat ek hom kan rondskuif.

Maar nadat ek die blad op gesit het, het ek agter gekom dat dit nie sou werk nie. Ek het toe maar als teen die muur vas gesit. Nou kan ek se die gogga het my gebyt.

Nie lank daar na nie het ek die 2de kas en blad gedoen.  Dit is ook vas gesit teen die muur,  maar die pak plek was nie genoeg nie.

Ek het toe besluit om die kaste tot bo teen die dak vas te sit. Hier is die kaste teen die muur tot teen die dak.

Die hoek was te sleg en ek het ‘n hoek-kas in gesit wat die plek baie beter laat lyk het.

Hier is die kamer amper voltooi. Nog so ‘n laaste paar goed om te doen.  Links op die foto is die rekenaar wat ek  vir my werk gebruik. Op die lang blad is my rekenaar wat ek gebruik om radio te speel en as ook my radios bo op die rak.

Dit is hoe ek die rekenaar onder die blad vas gemaak het.  Eerste foto is die werk se rekenaar. Tweede foto is my radio en amateur radio rekenaar.

Vir werk speel ek die ook met frekwensies en kan ek bepaal of koeel laers (bearings) besig is om te faal in n motor asook of daar enige fout is met die motor self, elektries of meganies. Net deur na die frekwensie te kyk, terwyl die komponent loop en sonder om die proses te stop kan ek ‘n diagnose maak. Selfs op n ratkas kan ek bepaal of al die tande van die ratte reg is. Dit is vir groot industrie’e soos Coca Cola, SAB en nog vele meer bedoel.

Dink die sal die beste beroep wees vir n jong amateur wat lekker wil werk en alles vinnig verstaan waaroor hier gepraat word.

Hier is nog n deel van my werk. Dit word genoem I.R Imaging. Ons kyk na elektriese toerusting en kyk vir buitengewone warm “hotspots” of waar die drade  gekonnekteer word.  Maak dan dit reg anders kan dit n brand veroorsaak.

Laastens hier is my Raspberry Pi rekenaar waaraan ek nog werk. Sal wel ‘n taak vir hom kry om te doen.

En so lyk die hok tans!

Bostaande twee fotos wys my mikrofoon "gadgets" wat ek gebruik om die mikrofone mee terug te trek. Dit verhoed dat die mikrofone die hele tafel vol rondle.  Sien video hieronder.


Ekstra fotos vanaf die Amateur Radio 101 Groep












Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...