Foto: Stilbaai Herhaler toring en antennas voor opgradering. (Klik op foto om te vergroot.)
Gister 1 Februarie 2025 was 'n dag waarna talle radio amateurs in die Suid Kaap uitgesien het. Die Stilbaai Herhaler gelee te Stilbaai is besoek om die nodige opgraderings wat reeds 'n geruime tyd in die vooruitsig gestel is te onderneem. Die Stilbaai Herhaler is reeds vir baie jare op die lug in Stilbaai maar soos ons almal weet moet instandhouding en ook somtyds opgradering met tussen poses onderneem word.
Daar was die afgelope week groot opgewondenheid onder radio amateurs. Johann ZS1AAC en Eben ZS1EP het die laaste voorbereidings werk onderneem. Natuurlik is daar ook manne wat in die agtergrond behulpsaam was met die nodige voorbereidings sodat die opgradering en instandhouding glad sou verloop. Want sien 'n mens moet seker maak dat jy alles saamvat wat nodig is om die taak suksesvol af te handel.
Die manne was reeds van vroegdag op 1 Februarie 2025 oppad na die Stilbaai Herhaler toe. Ek het verneem dat niemand toe verdwaal het nie nadat 'n kaart en roete aanwysings beskikbaar gestel is vir diengene wat nie vertroud was met die roete nie. Ek is ook dankbaar om te kan berig dat almal veilig die rit onderneem het. Die opgewondenheid was duidelik hoorbaar op die lug soos die manne oppad was en skertsend gesels het op die Aasvoelkop en Stilbaai Herhaler.
Nou ja die herhalers het stil geraak want sien dit was nou tyd om aan die werk te spring want daar is ook maar net soveel tyd in 'n dag en boonop brand die son hierdie tyd van die jaar ekstra seer. Hoe gouer die taak afgehandel kan word hoe beter want natuurlik moet daar ook nog gebraai en lekker gesels word by so 'n samekoms van radio amateurs.
Die eerste taak was om almal welkom te heet en 'n oorsig te verskaf wat gedoen moet word en natuurlik te voorsien van die nodige veiligheids maatreels wat sal geld op die betrokke perseel. Sien mens kan nooit te versigtig wees nie!
Ek gaan nie in diepte verduidelik tov die take wat uitgevoer moes word nie aangesien die fotos en videos voldoende inligting bevat in die verband. In kort die toring moes gesak word sodat die ou antennas en koaksiale kabel verwyder kon word. Daarna is die nuwe Diamond X510 antenna geinstalleer en toegerus met LMR400 kabel. Volgende aan die beurt was die installering van die twee gevoude dipool antennas en kabel. Beide antennas en koppelstukke is goed verseel om vogtigheid uit te hou. By die see is dit absoluut van kardinale belang. Nadat alles goed vasgemaak en verseel is is die koaksiale kabel met kabelbinders vasgetrek. Finale inspeksie is uitgevoer en daar is toe gegin om die toring op te hys. Kyk gerus na die video en julle sal merk hoe sterk die kabel, "gin pole" en wenas is waarmee die toring opgetrek is.
Ja, "Newton se Law" speel natuurlik 'n belanrike rol wanneer jy amateur radio torings laat sak of ophys. Vir die wat meer wil weet, hier volg 'n kort uiteensetting in Engels:
"When using a winch, Newton's second law of motion is the primary principle at play, which states that the net force acting on an object is equal to its mass multiplied by its acceleration (F = ma); essentially, the winch applies a force to pull a load, and the resulting acceleration of that load depends on the force applied and the mass of the object being pulled, considering factors like friction and the winch's mechanical advantage due to its gear system.
Key points about Newton's law in winch usage.
Force analysis: To calculate the required force to lift a load with a winch, you need to consider the weight of the object (mg) as the force to overcome, along with any additional forces like friction on the winch drum or the cable.
Mechanical advantage: Winches use a gear system to create a mechanical advantage, meaning a smaller force applied to the winch handle can produce a much larger force on the load.
Tension in the cable: The tension in the winch cable is the force applied to the load, which can be calculated using Newton's second law based on the mass of the object and its acceleration.
Factors affecting acceleration: The acceleration of the load will be affected by the winch motor's power, the friction in the system, and the weight of the object being lifted.
Example application: Pulling a vehicle out of mud: When using a winch to pull a stuck vehicle, the force applied by the winch (calculated using Newton's second law) needs to be greater than the combined forces of the vehicle's weight, friction with the ground, and any additional resistance from the terrain."
Nadat die toring regop gehys is, is die moere wat die toring in plek hou vasgedraai en die geleidings drade aangeheg. Die koaksiale kabel is in die herhaler-huisie ingevoer en aan die nodige toets toerusting gekoppel om SWR- en RF-Uitset krag te meet. Wel die manne wat weet was tevrede met die lesings asook die werking van die herhaler. Kontak is gemaak om die herhaler op die lug te toets. Baie dankie aan diegene wat die nodige rapporte voorsien het. Al wat oorbly was om so hier en daar finale verskuiwings te maak en was die herhaler gereed vir gebruik.
Wat gevolg het was waarna baie ook uitgesien het en dit was die geleentheid om 'n vleisie op die kole te gooi en 'n vloeibare verversing te geniet, want sien dit was sommer lekker warm in die agtermiddag. Groot sake is gesels so om die braaivleis vuur. Een onderwerp van bespreking was natuurlik die oprigting en installering van die volgende herhaler op die Anysberg in die Klein Karoo. Meer inligting later oor die projek sal op die Blog verstrek word.
Na wat verneem word het die vleis en vloeibare verversings die innerlike versterk en kon die manne weer die terugtog aanpak. Vir party was dit nie ver om te ry nie maar vir ander was dit 'n langerige rit. So moes Nick ZS1ZAN en sy LV Elize die terugtog na Anysberg aanpak. Aan die twee 'n spesiale dank dat hulle so ver gery het om te kom help met die opgradering van die herhaler.
Nou ja so het dit ook dan weer tyd geword om die perseel te verlaat maar nie voordat dit netjies gemaak is en net voetspore agtergelaat is nie. Ons in die Suid Kaap is lief vir die natuur en moet dit skoonhou en ten alle koste bewaar. Die dag het ook reeds op sy rug gele toe daar gegroet en huistoe beweeg is.
Die Suid Kaap ZS-Link Netwerk Groep wil graag van die geleenheid gebruik maak om almal te bedank wat die dag gehulpsaam was met die opgradering van die Stilbaai Herhaler. Nou ja dit is nie altyd moontlik om almal daar te kon gehad het nie. Vir die wat in die gees daar was, ook baie dankie.
Johann ZS1AAC het gevra dat ek die volgende radio amateurs bedank vir die skenking van toerusting vir gebruik by die herhalers. Let wel gratis skenkings. Ja dit is die gees in die Suid Kaap onder radio amateurs. Skenkings word nie gevra nie, maar kom spontaan na vore. Dit wil nogal vir mens iets se en is die Suid Kaap ZS-Link Netwerk Groep nederig en dankbaar vir die skenkings en hulp van watter aard ook al.
Die volgende persone word bedank vir hul skenkings:
Vivian ZS1VIV - VHF 4 Stack Antenna. LM400 Koaksiale Kabel en Koppel Stukke
Daniel ZS3DS - VHF Duplexer Filter
Nick ZS1NS - UHF Stainless Steel Yagi Antenna
Johannes ZS1XL - Beskikbaarstelling en gebruik van sy uitstekende koaxiale en koppel stuk krimper tydens die opgradeing van die Stilbaai Herhaler.
Al die fotograwe teenwoordig op die dag. Baie dankie vir die videos en fotos. As dit nie vir julle was nie sou diegene van ons wat nie daar kon wees nie, veel armer en droe bek gesit het. Baie dankie!
Dan aan almal wat ongesiens (anoniem) skenkings en bydraes maak tot die uitbreiding en instandhouding van die Herhaler en VOIP Netwerk. Elke bydrae hoe gering ook al word hoog op prys gestel.
As dit nie is vir die skenkings en bydraes nie sal dit nie moontlik wees om so 'n uitstekende netwerk daar te stel of instand te hou nie. Baie dankie aan almal!!
Die volgende persone was teenwoordig by die Stilbaai Herhaler op 1 Februarie 2025:
1. Henry ZS1SB , Stilbaai
2. Vivian ZS1VIV, Riversdal
3. Eben ZS1EP, Stilbaai
4. Jasper ZS1WT, Blandsdrift
5. Johannes ZS1XR, Stilbaai
6. Nico ZS1ZAN en sy LV Elize, Anysberg
7. Danie ZS1DL, Danabaai Mosselbaai
8. Johann ZS1AAC, Stilbaai
9. Attie, Riversdal
Videos: Stilbaai Herhaler Opgradering:
Fotos: Opgradering van die Stilbaai Herhaler ( Klik op fotos om te vergroot.)
Die man aan stuur van sake, Johan ZS1AAC. Lyk my daar is 'n toekenning uitgedeel. Geluk, Johann.
Die Yaesu DR2X Repeater en Duplex Filters
Ons eie Megaboer besig om toring te klim. Jasper ZS1WT
Neewat kom ons probeer weer. Wat soek julle daar op die grond?
Kyk net daar die jaartse rolle wors. Die manne se monde water behoorlik
So kuier ons lekker saam
Moet net nie dat die wors brand nie, asseblief tog
Die "Onder-Burgemeester" van Danabaai en die "Burgemeester" van .Anysberg, Nick ZS1ZAN geniet 'n eet dingetjie.
Eben en Jasper diep in gesprek. Moenie die wors vergeet nie.
Ek se jou net so lang springer het weggekom, maar gelukkig het ons darm wors op die kole.
Lekker in die koelte na 'n warm dag
So rus ons 'n bietjie. Dankie tog vir die Gazeebo!
Die "Onder Burgemeester" van Danabaai op sy Africa Twin het al die pad vanaf Danabaai gery met sy motorfiets. Danie ZS1DL geniet sy motorfiets ry, maar ry ook graag 'n trap fiets gereeld.
Kom, kom, kom dit is weer fototyd. Terug met die skouers en glimlag asb.
Attie is nou al sinoniem met herhaler instandhouding. Dankie Attie vir jou hulp!