Foto: Die Lesotho berge in die agtergrond
Ek het die voorreg gehad om 'n besoek te bring aan die Vrystaat aan die begin van Julie 2025. Op Woensdag, 2 Julie 2025 het ek en Nico ZS4N 'n besoek gebring aan Thanie ZS4AZ op 'n plaas wat 'n klipgooi gelee is vanaf Maseru, Lesotho. Ek en Nico het reeds vroeg vetrek in die rigting van Ladybrand en het net so na 10h00 op die plaas gearriveer. Thanie het ons ingewag en natuurlik soos radio amateurs maar is is ons dadelik na die hok toe en het ons sommer lekker gekuier. Ek wil graag vir Thanie bedank vir sy gasvryheid en gemak waarmee hy ons ontvang het. Thanie is 'n man van vele talente en ek gaan net 'n paar hier opnoem:
en so kan ek aangaan en aangaan. 'n Veelsydige persoon inderdaad. Thanie, dankie dat jy ons 'n geleentheid gebied het om 'n kykie te kry in jou wereld. Ek is seker ons sou nog baie ander talente ontdek, maar was die tyd net te kort om dit te kon beleef. Die onderstaande fotos vertel nie die hele storie nie, maar deel ek dit graag met ons lesers sodat julle ook 'n kykie kan kry in die lewe van 'n baie talentvolle man.
Fotos (Klik of fotos om te vergroot.)
