Friday, July 11, 2025

Opdatering: Byeenkoms van die ZS Link Netwerk Groep, Blandsdrift, Mosselbaai.

 


Opvolg:  16 Julie 2025 09h50 SAST

Reelings: Byeenkoms Saterdag 19 Julie 2025 te Blandsdrift Mosselbaai

1.  Hek open 9h00 SAST
2.  As jy sukkel met roete aanwysings roep op die 145.625 Mhz (88.5 Hz CTCSS) Aasvoelkop Herhaler.
3.  Onthou om jou eie stoele saam te bring.
4.  Bring asb jou betaling vir die ZS Link Netwerk Groep naamplaatjie saam.  Ons wil asb die betaling afhandel op die betrokke dag.  Betaling kan ook direk in die volgende rekening gemaak word.   Hierdie is die rekening besonderhede vir die wat via EFT wil betaal.  Fnb 62800836689 EN Becker. Die bedrag is R90.00 per naamplaatjie.  Onthou om jou roepsein aan te bring op die betalingsadvies.
5.  Daar sal ‘n gelukkige trekking wees vir ‘n draagbare radio.  Lootjies is beskikbaar teen R25.00 stuk.  Die fondse ge-in vir die loting gaan vir die ZS Link Netwerk Groep se herhaler fonds.  Onthou ons kan nie die trekking laat plaasvind as daar te min lootjie verkope is.  Baie dankie aan Danie ZS1DL wat die radio geskenk het.  Merkwaardige gebaar van Danie.
6.  Daar sal ook ‘n vlooimark wees.  Bring asb die toerusting wat jy nie meer nodig het nie saam. Daar is altyd iemand anders wat belangstel in die toerusting.  So maak bietjie daardie HOK en rakke skoon.
7.  Bring sakke vol geld saam.  Moet nie bang wees vir die LV nie.  Wanneer die vlooimark begin kan die LV’s ‘n besigtiging toer onderneem.  Maak net seker jy pak die nuwe toerusting iewers in die voertuig waar sy dit nie sal sien nie.  Ek se gewoonlik dit is goed wat ek wou verkoop maar daar was nie enige belanstelling nie, so ek neem dit maar terug huistoe!
8.  All aanduidings is dat die weer mooi gaan saamspeel op Saterdag.  So moet nie bekommerd wees oor die koue nie.  Daar is ‘n lekker stoor wat goeie skuiling bied sou dit nodig wees.

Kom geniet die dag saam met vriende en mede radio amateurs.  Die vorige byeenkoms was ‘n baie lekker en suksesvolle byeenkoms en ek glo die een gaan nog beter wees.

Sien julle daar! 

 

ZS-Link Groep – Bywoningslys – Saterdag 19 Julie 2025 te Blandsdrift, Mosselbaai

Die volgende persone het aangedui dat hulle die byeenkoms gaan bywoon.  Indien jou naam nie op die lys verskyn nie word versoek dat jy dit asb onderaan die lys op die groep plaas sodat dit  bygevoeg kan word op die finale lys.  DIE AFSNYDATUM IS VANDAG OM 17h00.  Ons moet asb weet wie die geleentheid sal bywoon ten einde die nodige reëings te tref.

1.  Francois ZS1Q en Johanna LV
2  Johann ZS1AAC en Nicolene ZS1HAR
3.  Nick ZS1NS en Louisa LV
4.  Mark ZS1SSM, Elna ZS1EAS en 2 Kinders
5.  Johan ZS1I en Martha LV
6.  Ingo ZS1IB en  Albie ZS1SE
7.  Gerrit ZS1KLO, LV en Dogter
8.  Rassie ZS1RP en Rola LV
9.  Nick ZS1ZAN en Elize LV
10.  Kevern ZS1ABU
11.  Daniël ZS3DS en Marlize LV
12.  Viv ZS1VIV en Ingrid LV
13.  Gerhard ZS1TG
14.  Jacobus ZS1DJD en Dogter
15.  Thys ZS1TBP
16.  Bryan ZS1SSS
17.  Danie ZS1DL en Annemarie  LV
18.  Jasper ZS1WT, Natasha en 2 Dogters
19.  Danie ZS1DBJ
20.  Michael ZS1MMB, LV en Dogter
21.  Jan ZS1CBS
22.  Jimmy ZS1RB
23.  Marco ZS1NEU en Caro LV

Verskonings:

1.  Nick ZS1N en LV
2.  Matt ZS1MDT
3.  Eben ZS1EP
4.  Bernie ZR1ACP

So lyk lys nou.  Enige byvoegings of veranderings? 


ONTHOU:  Saterdag 19 Julie 2025,   Amateur Radio Byeenkoms op die plaas Blandsdrift, Mosselbaai.

Moet nie die geleentheid misloop nie!!

Suid Kaap ZS Link Netwerk Groep 

Raspberry Pi and the Elements of Nature

Image:  Field used Raspberry Pi with completely dust covered PCB, rusted and grass-embedded RJ45 and HDMI sockets, and other debris. Real ti...