Radio Amateurs kan maklik uitgeken word wanneer 'n toring of mas met antennas hul verskyning maak op 'n eiendom. Wel die afgelope week of twee was daar heelwat voorbereidings getref om 'n 18 meter toring staande te maak te Blandsdrift, Mosselbaai. Die toring behoort aan Jasper ZS1WT en is op sy plaas Blandsdrift, Mosselbaai.
Nou kom ons kyk bietjie hoe is hierdie toring deur Jasper en sy skoonpa gebou. Die bou van die toring het 'n paar maande gelede begin in een van Jasper se skure op die plaas. Kyk gerus na die fotos en julle sal opmerk hoe die toring gebou is. Vakmanskap en sweiswerk op sy beste. Die yster vir die toring is met groot sorg uitgemeet, gesny en gesweis. Seksie vir seksie is gebou oor 'n periode van 'n paar weke. Nadat al die seksies (4) van die toring gebou is, is die staal versterkte beton raamwerk gebou waaraan die toring vasgebout moes word. Die nodige gat is gegrawe en die raamwerk is in die gat geplaas waarna die beton blok gegiet is. Klink sommer maklik en vinnig maar wees verseker talle berekenings, verskuiwings, gelyk making en waterpas lesings is geneem/gemaak om te verseker dat die toring stewig en regop staan. Nadat die beton gegooi was, moes dit vir 'n paar weke behandel word om dit tot volle sterkte te bring voordat die toring opgetrek kon word.
Wel die groot dag het aangebreek en was dit tyd om die toring regop te trek nadat twee antennas aan die toring vasgebout was. Die groen trekker het sommer vinnig en sonder enige inspanning die 18 meter hoe toring opgetrek. Die nodig boude is vasgedraai en natuurlik is daar terug gestaan en die harde handewerk te aanskou en seker te maak dat die toring pen regop staan.
Kyk gerus na die fotos en videos want dit is nie aldag dat 'n mens 'n 18 meter hoe toring se bou en oprigting kan besigtig nie. Soos ek reeds aan Jasper gese het, die toring lyk sommer heel indrukwekkend. Wat n lekker gevoel na al die harde werk. Baie geluk Jasper en daar staan hy nou. Jy gaan sommer 'n hond uit 'n bos beduie met die toring en antennas wat jy gaan oprig. Dankie ook dat jy die fotos en videos met ons as radio amateurs gedeel het.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper ZS1WT's 18 Meter Amateur Radio Tower now standing at Blandsdrift, Mossel Bay.
Radio Amateurs can easily be identified when a tower or mast with antennas makes its appearance on a property. Well, over the past week or two, a lot of preparations have been made to erect an 18-meter tower at Blandsdrift, Mossel Bay. The tower belongs to Jasper ZS1WT and is on his farm Blandsdrift, Mossel Bay.
Now let's take a look at how this tower was built by Jasper and his father-in-law. The construction of the tower began a few months ago in one of Jasper's barns on the farm. Take a look at the photos and you will notice how the tower was built. Craftsmanship and welding at its best. The iron for the tower was measured, cut and welded with great care. Section by section was built over a period of a few weeks. After all the sections (4) of the tower were built, the steel reinforced concrete frame was built to which the tower had to be bolted. The necessary hole was dug and the frame was placed in the hole after which the concrete block was poured. Sounds easy and quick but rest assured numerous calculations, shifts, leveling and spirit level readings were taken/made to ensure that the tower stood firmly and upright. After the concrete was poured, it had to be cured for a few weeks to bring it to full strength before the tower could be erected.
Well the big day arrived and it was time to pull the tower upright after two antennas were bolted to the tower. The green tractor quickly and effortlessly pulled the 18 meter high tower up right. The necessary bolts were tightened and of course Jasper stood back and watched the hard work and made sure that the tower was standing upright.
Please take a look at the photos and videos because it is not every day that one can see the construction and erection of an 18 meter high tower. As I already said to Jasper, the tower looks quite impressive. What a nice feeling after all the hard work. Congratulations Jasper and there it stands now. You are going to have a lot of fun with the tower and antennas that you are going to erect. Thank you also for sharing the photos and videos with us all as radio amateurs.
Fotos (Klik op fotos om te vergroot.)
Videos: