Monday, September 22, 2025

Dank en Waardering - Skenking van 2m Tait Herhaler deur Fred ZS5SAM


Die administrateurs van die ZS-Link Netwerk Groep will langs die weg graag vir Fred ZS5SAM bedank vir die skenking van 'n Tait 2m Herhaler ter uitbreiding van die bestaande netwerk.  Baie dankie aan Fred vir die skenking van die herhaler.  Die hehaler kan baie handig aangewend word ter uitbreiding van die ZS Link Netwerk.

Op 'n vorige geleentheid het Fred ook 70cm Dipool Antennas geskenk.  Klik HIER vir meer besonderhede.

Die skenking word hoog op prys gestel en is weereens 'n aanduiding van die goeie amateur radio gees en oop-hand welwillendheid wat daar heers in die ZS Link Netwerk Groep!!

Kennisgewing: 145.550 Mhz RF Link afgeskakel vir die duur van die PEARS VHF / UHF Kompetisie (9 - 11 Januarie 2026, Vrydag 18h00 SAST tot Sondag 14h00 SAST)

Kennisgewing: Die naweek vind die PEARS VHF / UHF Kompetisie plaas.  Die kompetisie maak gebruik van die 145.500 tot 145.575 Mhz FM vir die ...