Monday, November 6, 2023

Nuwe Radio Amateur gryp die stange en vlieg hoog met die Dagbreek Span! (Deel 1)

Goeie more ek het goeie nuus!!

'n Plaaslike radio amateur wat die Oktober RAE geskryf het, Henk Botha ZS1AAD laat nie gras onder sy voete groei nie.  Hy het met 'n blink idea na vore gekom deur die Dagbreek Span Net tot stand te bring op die Aasvoelkop Herhaler wat naby Albertinia in die Suid Kaap gelee is.  Die Net vind plaas elke weeksdag Maandag tot Vrydag om 06h00 SAST.  Henk Botha saai uit vanaf sy hok in Danabaai waar hy begin met inrapporterings en daarna verskaf hy 'n volledige weervoorspelling van gebiede waarvandaan deelnemende radio amateurs ingerapporteer het.  Hierna is dit tyd vir lekker positiewe gesels en sommer lekker kuier om die Dagbreek Koffie Tafel.  Die manne gesels kort en kragtig aangesien die tyd nie lang "ragchews" toelaat nie, maar ook om elkeen die kans te gee om more te se.  So stil stil verdwyn van die manne wat nog werk en gereed moet maak om die dag aan te pak.  Van tyd tot tyd hoor jy weer die manne vanuit die mobiel soos hulle vertrek na hulle onderskeie bestemmings.  Sy blink idea strek so ver as Limpopo,  Vrystaat, Wes Kaap, Mpumalanga en Kwazulu Natal want sien van oral oor word stasies gehoor in die oggende.

Ek wil van die geleentheid gebruik maak om Henk te bedank vir die inisiatief wat hy geneem het om verdere aktiwiteite te skep in die Suid Kaap sowel as landwyd en wie weet miskien ook wereldwyd.  Baie dankie, Henk!!

Nou hoe skakel ek in by die Net? 

Dit is sommer baie maklik.  Jy het verskeie metodes om in te skakel:

• Echolink - Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1SB-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie, konnekteer dan via  Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
• AllStar - Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
• DMR -  Konnekteer aan ZS1I-L.  Die DMR Brug sal die res hanteer of skakel in via TG65511 met jou DMR radio en HotSpot.
• VHF  RF - 145.550 Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
• VHF RF - 145.750 Mhz Aasvoelkop Herhaler, Suid Kaap en Garden Route Areas 88.5 khz CTCSS toon.
• Enige ander Echolink, AllStar  herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
• Konnekteer aan die AREDN Netwerk via 5.8 Ghz in die Mosselbaai area.  Die AREDN Netwerk is gebrug na die GRHub Netwerk wat jou dan toegang sal bied tot die Dagbreek Span Net.
• Gebruik sommer Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.

BELANGRIKE VERSOEK:

Hier volg ‘n paar algemene wenke vir die gebruik van die bostaande Netwerke: 

1. Wag asseblief 3 sekondes nadat u u mikrofoon geaktiveer het om jou sein die geleentheid te bied om deur die stelsel te beweeg. Onthou daar is verskeie gekoppelde herhalers en koppel netwerke verbind aan die Netwerk.  As u nie die 3 sekondes wag nie word die eerste deel van u gesprek afgesny.
2. Wag asseblief 8 sekondes tussen gesprekke om ander stasies die geleentheid te bied om in te skakel of te diskonnekteer.  Met die reeling gee u geleentheid vir ander stasies om in of uit te skakel by die Dagbreek Span.
3. Stel asseblief jou radio, node, of herhaler se tydskakelaar (“Time-Out-Timer”) tot 3 minute of minder. Deurlopende transmissie vir langer as 3 minute sal aanleiding gee dat die netwerk uitskakel (“Time-Out”) en mag ‘n invloed he op ander gebruikers en gekoppelde sisteme.  
4. Ek versoek dat ‘n stasie nie konnekteer aan meer as een stasie of node wat alreeds gekonnekteer is aan ‘n spesifieke stasie op die netwerk nie.  Die gevolg sal wees dat jy “ping-ponging” en klank (audio) kringlope sal veroorsaak.  Maak altyd seker wie is gekonnekteer aan wie voordat jy konnekteer aan ‘n stasie, herhaler, link ens.   As u 'n krinloop hoor nadat u gekontak het diskonnekteer asb u stasie en stel asseblief ondersoek in wie aan u of aan wie u gekoppel is.
5. Geniet die gebruik van die netwerke en wees asseblief bedagsaam teenoor ander wat dalk die netwerk wil gebruik. Hou asseblief u kontakte binne redelike tydsverloop ten einde ander ook die geleentheid te bied om in te skakel en lekker saam te gesels.
6. Besoek gerus die volgende webtuiste vir meer inligting rondom die verskeie verbindings, tegniese inligting, selfbou projekte en die nuutste en varste amateur radio nuus.
 

Sluit gerus aan by die Dagbreek Span Net, Maandag tot Vrydag om 06h00 SAST.

New Amateur Radio Repeater Technology in the Southern Cape

New amateur radio repeater technology soon available in the Southern Cape on the "AasvoĆ«lkop" Repeater Site.  There is great excit...