Daar is vier metodes om met ander radio amateurs te kommunikeer vanuit Orania.
1. HF Radio
2. Vanderkloof 2m Herhaler
3. Echolink / DroidStar
4. DMR Radio met "Hotspot"
Zayn ZR3VO van Orania kan op die stadium nie met HF kommunikeer nie aangesien hy nog nie 'n HF Radio besit nie. Hy se hy spaar maar nog om eendag 'n HF Stel te kan aankoop. Alternatiewe wat vir hom goed werk is die Vanderkloof 2m Herhaler, Echolink en DMR Radio met 'n "Zum-Hotspot".
So tydjie terug het OK Christi ZS4CGR van Luckhoff vir Zayn ZR3VO 'n 2m Slim-Jan Antenna gebou. Zayn het die antenna op 'n paal geplaas by sy huis. Ongelukkig is daar heelwat "reen" op sy sein na en van die herhaler. Zayn se hy werk nog daaraan om die sein te verbeter. Hy kyk tans uit vir 'n langer paal en co-ax kabel om die Slim-Jan hoer te kan monteer.
OK Christi het onlangs die "RF Line of Sight" program gebruik om vas te stel hoe lyk die topografiese ligging van Zayn se huis in Orania na,die Vanderkloof herhaler, Bloemfontein en Kimberley toe.
Die radio rigting studie in al drie gevalle hierbo lyk glad nie te sleg nie. Met bietjie meer krag en 'n vyf element rigstraler is ek seker dat Zayn suksesvolle kontakte sal maak. Selfs met die Slim-Jam antenna nog so 5 meter hoer in die lug kan hy die Vanderkloof Herhaler sneller en behoort die ontvangs en die transmit heelwat beter te wees.
Oor Echolink gaan ek nie veel se nie. Zayn gebuik Echolink op 'n daaglikse basis om met talle radio amateurs reg oor Suid Afrika en selfs Wereldwyd te gesels. Hy het 'n Shari AllStar Module bekom en hoop om in die toekoms sy eie AllStar Node op die lug te kry.
Wat DMR betref het Zayn reeds al verskeie kere kontakte reg oor die wereld gemaak met DroidStar. Hy het onlangs 'n Zastone DMR Radio van Giga Electronics bestel en 'n Hotspot vanaf Peet EI7JQ al die pad vanaf Ierland.
Zayn ZR3VO gesels nou die hele wereld vol met die Zastone dmv die ZumSpot. Hy dui aan dat hy baie geleer het die afgelope tyd en dat hy nog elke dag iets nuuts leer in Amateur Radio.
Zayn ZR3VO wil graag almal bedank wat hom so gereeld help wanneer hy vashaak met amateur radio bedrywighede. Hy dui aan dat hy nie wil uitsonderings maak nie want netnou laat hy iemand per abuis uit en daarom bedank hy almal gesamentlik.
Laastens: Nou dit is hoe jy kontak maak met mede radio amateurs oral oor die wereld as jy nie 'n HF Radio besit nie. Die lekkerte van amateur radio is dat daar altyd ander alternatiewe is wat jy kan volg om met mede radio amateurs te gesels buite Orania. Jy hoef nie 'n duur HF stel aan te skaf nie, maar dit sal tog lekker wees om vanaf Orania ook kontak te kan maak op HF. Zayn ZR3VO hoe lyk dit wil die manne jou nie "sponsor" met 'n HF Stel daar op Orania nie? Ek is seker dat daar baie stasies jou vanaf Orania sal wil werk!! Enige iemand met 'n HF stel wat hy nie gebruik nie?