Tuesday, January 28, 2025

Opgradering van die Stilbaai Herhaler ..... sien ons jou daar?


Foto:  Stilbaai Herhaler (Klik op foto om te vergroot.)

Daar word beplan om eerskomende Saterdag, 1 Februarie 2025 die Stilbaai Herhaler op te gradeer mits die weer saamspeel.  Verskeie veranderinge gaan aangebring word.  In 'n toekomstige artikel sal ek meer besonderhede hieroor verstrek.

Dit is egter belangrik dat ons asseblief 'n aanduiding kry van hoeveel radio amateurs beplan om Saterdag 'n besoek te bring aan die Stilbaai Herhaler.  Daar is vooraf reelings wat getref moet word in die verband.

Versoek:  Indien jy wel gaan opdaag, bevestig asb jou voorneme op die 625 WhatsApp Groep voor Donderdag (30 Januarie 2025) 08h00 SAST.

Kom ons maak dit maklik vir Johann ZS1AAC en sy span op Stilbaai en bevestig jou voorneme sommer vandag nog, asseblief.

ZS1I namens die Suid Kaap ZS Link Netwerk


Keep your Repeaters, Simplex Radio's and Raspberry Pi's cool

Image:  PWM Fan Contoller  (Click on image for larger view.) Well this is a bit late to cool things down as we say good bye to summer and he...