Monday, January 20, 2025

Wat behels en hoe funksioneer die ZS-Link Netwerk? / What is the ZS-Link Network and how does it function?


KENNISGEWING:  Maak asb ‘n aantekening in jou dagboek of ‘n knoop in jou sakdoek.  Eerskomende Donderdag (23 Jan 2025) aand om 19h30 SAST gaan ons gesels oor die werking van die ZS Link Netwerk. Ek het agtergekom dat daar heelwat OK’s is wat nie weet wat die netwerk behels en hoe dit funsioneer nie.  So ek gaan probeer om die sluier te lig in die verband.  Nee ek gaan nie gesels oor al die tegniese en ingewikkelde aspekte nie.  Ek gaan dit eenvoudig en hopelik verstaanbaar hou sodat diegene met geen ondervinding in die verband, kan verstaan en inskakel by een van die mees aktiewe netwerke in die land.  Kom praat gerus saam, vra jou vrae en kom luister ook na wat beplan word vir die toekoms van die netwerk.  Moenie die geleentheid misloop nie!!

Hoe skakel ek in?  Radio Amateurs kan konnekteer via: 145.625 Mhz (88.5 Hz CTCSS Toon) Aasvoelkop Herhaler,  145.550 Mhz (88.5 Hz CTCSS Toon) Hub Link te Mosselbaai, ZS1SB-L Echolink, ZS1I-R Echolink, 49355 AllStar or TG65511 via DMR of aan enige node wat gekonnekteer is aan die gemelde nodes.

ZS1I namens die ZS Link Netwerk Groep. 


NOTIFICATION:  Please make a note in your diary or a knot in your handkerchief.  This coming Thursday (23 Jan 2025) evening at 19h30 SAST we will talk about the operation and functioning of the ZS Link Network. I noticed that there are a lot of OC’s who don't know what the network is and how it works.  I'm going to try to lift the veil on that.  No, I'm not going to talk about all the technical and complicated aspects.  I'm going to keep it simple and hopefully understandable so that those with no experience in the matter can understand and tune in to one of the most active networks in the country.  Feel free to join the discussion, ask your questions and also come and listen to what is planned for the future of the network.  Don't miss the opportunity!!

How do I connect?  Radio Amateurs can connect via: 145.625 Mhz (88.5 Hz CTCSS Tone) Aasvoelkop Repeater, 145.550 Mhz (88.5 Hz CTCSS Tone) Hub Link in Mossel Bay, ZS1SB-L Echolink, ZS1I-R Echolink, 49355 AllStar or TG65511 on DMR or any other node that is connected to one of the mentioned.

ZS1I on behalf of the ZS Link Network Group.

Wat behels en hoe funksioneer die ZS-Link Netwerk? / What is the ZS-Link Network and how does it function?

KENNISGEWING:   Maak asb ‘n aantekening in jou dagboek of ‘n knoop in jou sakdoek.  Eerskomende Donderdag (23 Jan 2025) aand om 19h30 SAST g...