Saturday, July 29, 2023

Eksperimentering: Statiese Ontlading in die Radio Kamer van Christi ZS4CGR


Op 26 Julie 2023 was daar 'n baie interessante gewaarwording in die radio kamer van Christi ZS4CGR.  Daardie aand was daar donderstorms aktief in die Luckhoff omgewing in die Vrystaat gewees.  Christi het 'n eksperimentele bank wat bestaan uit verskeie groeilampe, soliede koperdraad en ander items wat hy gebruik om statiese ontladings waar te neem en te ontleed dmv van verskeie antennas.

Christi verduidelik in die video asook audio opnames hoe hy te werk gaan om statiese ontladings te monitor.

Ek is oortuig dat baie van julle saam met Thys ZS1TBP sal stem dat dit 'n vreeslike interessante gewaarwording/ eksperiment is wat jy nie sommer elke dag teekom nie.  Dit is goed om te sien dat daar nog radio amateurs is wat lief is om te eksperimenteer ook op die gebied van die wetenskap.  Amateurradio-entoesiaste het aansienlik bygedra tot wetenskap, ingenieurswese, nywerheid en maatskaplike dienste soos dit vandag daar uit sien.   Doen so voort Christi en ek hoop dat daar sommer baie van die jonger radio amateurs gaan wees wat in jou voetspore sal volg.

 

 

Audio Opname 1 -  Christi ZS4CGR - Klik HIER

Audio Opname 2 - Christi ZS4CGR - Klik HIER

Fotos:



 

Can one see Auroras (Southern Lights) in South Africa?

Aurora Australis (Southern Lights) over Simons Town. Picture: Hassaan Tanvir During a recent discussion on the "Sonsak Span Amateur Rad...