Friday, November 10, 2023

Opvolg: Nuwe Radio Amateur gryp die stange en vlieg hoog met die Dagbreek Span! (Deel 2)

 


Foto:  Peter F. Wolf

Amateur Radio kook letterlik hier in die Suid Kaap!  Na die plasing van Deel 1 het ek verskeie eposse ontvang waar radio amateurs en ook die publiek navraag gerig het oor waarom ek nie 'n foto plaas van Henk Botha ZS1AAD  nie.  Wel Henk het ingestem en hier sit hy in sy "hok" in Danabaai.   Dit is ook nie al nie.  Ek het dit goed gedink om ook fotos te plaas van sy antennas en ander interessante feite.  Soos julle sal sien in die fotos hieronder het Henk 'n besonderse liefde vir die see.  Hy is ook 'n kranige visserman en hengel gereeld vanaf die rotse in die Danabaai gebied.

Uit die aard van sy liefde vir die see het hy ook besluit om 'n intro te speel voor die aanvang van die Dagbreek Span se bymekaarkoms weeksdae vanaf 6h00 SAST op die 145.750 Mhz Aasvoelkop Herhaler.  Dit is dan ook geen verassing dat die intro die geroep van see voels is nie.  Menigte radio amateurs het hul satisfaksie uitgespreek met die intro.  Luister gerus na die geklets van die see voels.   Ek het sommer ook so 'n kort klank insetsel bygewerk van hoe Henk die manne inroep en welkom heet.

Henk het natuurlik een voorwaarde.  As jy Deel 1 en Deel 2 gelees het versoek hy dat jy in die oggende sal aansluit by die Dagbreek Span al se jy net gou vinnig more.  Met die vakansie in aantog rig Henk ook 'n versoek aan radio amateurs wat met vakansie is in die area om aan te sluit by die span in die oggend.  Dit is immers die mooiste tyd van die dag by die see,  ja vanaf 05h00 in die oggende en nee dit is nie te vroeg nie.  Jy is immers met vakansie en kan eerder later in die dag die velore slaap inhaal.

Henk het aan die epos versoeke voldoen en is dit nou ons beurt om hom te ondersteun op die Dagbreek Span.  Baie dankie Henk vir wat jy doen vir Amateur Radio!!

Nou hoe skakel ek in by die Net? 

Dit is sommer baie maklik.  Jy het verskeie metodes om in te skakel:

• Echolink - Konnekteer aan ZS1I-L, ZS1SB-L, ZS6WDL-R of ZS5PMB-R Neem kennis as die laaste drie stasies nie gekonnekteer is aan ZS1I-L nie, konnekteer dan via  Echolink aan ZS1I-L om by die net aan te sluit.
• AllStar - Konnekteer aan node 49355 ZS1I of 28052 ZS5PMB-R
• DMR -  Konnekteer aan ZS1I-L.  Die DMR Brug sal die res hanteer of skakel in via TG65511 met jou DMR radio en HotSpot.
• VHF  RF - 145.550 Mhz Simplex in die Mosselbaai area. Onthou die 88.5 khz CTCSS toon.
• VHF RF - 145.750 Mhz Aasvoelkop Herhaler, Suid Kaap en Garden Route Areas 88.5 khz CTCSS toon.
• Enige ander Echolink, AllStar  herhaler of link stasie wat aan ZS1I-L gekoppel is.
• Konnekteer aan die AREDN Netwerk via 5.8 Ghz in die Mosselbaai area.  Die AREDN Netwerk is gebrug na die GRHub Netwerk wat jou dan toegang sal bied tot die Dagbreek Span Net.
• Gebruik sommer Echolink wat op jou selfoon geinstalleer is.
 
Fotos en Klank Grepe:
 

 





Klank Greep - Intro Dagbreek Span.  Klik HIER

Klank Greep - Welkom aan radio amateur by die Dagbreek Span.  Klik HIER

 


Our own Story Teller - Richard Nicholls ZS5RMN grieves over the loss of a loved one.

Image: Richard's Mother next to her beloved vintage Alfa Romeo GT. (1960'S ?)  (Click on image for larger view.) It is with great sa...