Article available in Afrikaans and English
Also available in PDF: Click HERE
Note: Audio Recording will soon be available:
Afrikaans - HERE
English - HERE
Wat is die wen resep vir Amateur Radio in die Suid Kaap?
Ek sien baie van u sit regop as u die titel van die onderwerp lees. 'n Wen resep vir Amateur Radio in die Suid Kaap? Kan nooit wees nie! Die Suid Kaap was bekend vir allerlei kontroversiële aspekte wat Amateur Radio aan betref in die verlede. Sommige gegrond ander ongegrond selfs wat gepaard gegaan het met 'n paar skinder stories en selfs swart smeerdery. Nou hoekom sal ek nou melding maak van die omstredenheid? Wel sekere goed kan mens nie net weg wens of onder die mat invee asof niks gebeur het nie. Ek dink daar is baie ander gebiede in Suid Afrika wat dieselfde aspekte hierbo vermeld ervaar of ervaar het. Soos hulle deesdae se deursigtigheid is belangrik want sien mens kan nie net 'n koek van buite af mooi versier en dan binne is die koek hol of rou nie. Nou ja ek is nie hier om oor die negatiewe en onwaarhede te skryf nie, maar julle eerder in te lig oor 'n positiewe en ware wen resep vir Amateur Radio in die Suid Kaap!
Die wenresep bestaan uit 22 aspekte wat van groot belang is om Amateur Radio te bevorder, en aktiwiteite daar te stel. Die 22 aspekte verleen 'n samehorigheids ("belong") gevoel onder ouer en jonger radio amateurs in die Suid Kaap. Die 22 aspekte het 'n ware trots en wedersydse respek onder mekaar tot gevolg gehad.
Kom ons kyk bietjie na die wen resep:
Ek gaan nie uitbrei op die "metode" van die wen resep nie. Die resep is selfverduidelikend.
1. Heel eerste en die belangrikste is die geestelike seeninge wat ons ervaar en wat elke dag tot ons lewe toegevoeg word deur ons Skepper. Sonder Hom beteken die resep net mooi niks nie!
2. Ons strewe elke dag om die Amateur Radio Kode uit te lewe en na te volg. Die kode is HIER beskikbaar.
3. Wedersydse respek, vriendelikheid en hulpvaardigheid teenoor mede radio amateurs en nie radio amateurs.
4. Positiewe uitkyk/kommentaar word voorop gestel en geen negatiwiteit word toegelaat nie.
5. Geen amateur radio "politiek", "polisiemanne", "diktators", "suur pruime" of "kla kouse" word geakkommodeer nie.
6. Geen dominansie of oorheersing van mede radio amateurs op of van die lug word toegelaat nie.
7. Gelyke behandeling teenoor mede radio amateurs en nie radio amateurs. Jou beroep, gewese beroep, titel of status is van geen belang in amateur radio nie. Ons stel in jou as radio amateur belang.
8. Geen lands- of wereld politieke besprekings word toegelaat nie.
9. Alle radio amateurs reg oor Suid Afrika en selfs wereldwyd is welkom om in te skakel. (Geen onderskeid word getref nie.)
10. Liefde en passie vir Amateur Radio word voorop gestel. Om dit ligweg te stel Amateur Radio is 'n genotvolle radio obsessie hier by ons in die Suid Kaap.
11. Wedersydse affiliasie/samewerking met die SARL, Klubs, Organisasies en die plaaslike gemeenskap is uiters belangrik.
12. Die Suid Kaap radio amateurs dink "buite die boks" maw verken ideas wat kreatief en ongewoon is en wat nie altyd beperk of beheer word deur reëls of tradisie nie. Dit beteken nie dat ons reëls of tradisie sonder meer oorboord gooi nie. Geensins die geval nie!
13. Erkenning aan nie radio amateurs wat luisteraars is wat ook hul persele en eiendom gratis beskikbaar stel vir gebruik deur radio amateurs. (Dit se baie!)
14. Reik uit na en werwing van toekomstige radio amateurs. (Die Suid Kaap het die afgelope twee jaar meer kandidate vir die RAE opgelewer as ooit tevore.) Groot werk word gedoen om die jeug te betrek by amateur radio. Verskeie jeug byeenkomste het reeds plaasgevind waar die jeug direk betrokke was en is amateur radio op die proef gestel.
15. Pas die "belong" begrip toe op alle gebiede van amateur radio. Mense is sosiale wesens en wil graag behoort!
16. Elke radio amateur is vir ons belangrik. Ouderdom of jare ondervinding in amateur radio word nie voorop gestel nie. Ons gee om vir mekaar en ander!
17. Daarstelling van radio infrastruktuur vir gebruik deur plaaslike asook besoekende radio amateurs uit ander dele van die land. 145.750 Mhz Aasvoelkop Herhaler, 145.625 Mhz Stilbaai Herhaler en die 145.550 Mhz GRHub- en DMR Brug Netwerke. AREDN Netwerk (2.4 Ghz en 5.8 Ghz) wat gekoppel is aan die GRHub Netwerk.
Laat ons nie vergeet van die talle herhalers, skakelings, netwerke van radio klubs en individue wat hulle stelsels en netwerke koppel aan verskeie nodusse en netwerke in die Suid Kaap nie. Julle bydraes in die verband word hoog op prys gestel en waardeer.
18. Daaglikse aktiwiteite in amateur radio in die Suid Kaap is belangrik. Dit laat die "vuur" brand in amateur radio! Huidiglik is daar drie op die lug net byeenkomste van Maandag tot Vrydag. 06h00 - Dagbreek Span Net. 06h30 - Ontbytsake Span Net. 16h30 - Sonsak Span Net. Al drie nette vind op die 145.750 Mhz 88.5 hz Aasvoelkop Herhaler plaas. Weeklikse Bulletin uitsendings op die GRHub Netwerk o.a. ARRL, Amateur Radio News ens. Nuwe Sondag middag HF Net vind op 40 meter (7100 Mhz) plaas na die Bo Karoo Bulletin se uitsending. Dankie aan Koos ZS5KDK vir die insiatief.
Die Aasvoelkop Herhaler se daaglikse gebruik wissel tussen 4 tot 6 en 'n half ure per dag. Is dit die besigste herhaler in die land?
19. Daarstelling van 'n verskeidenheid van radio aktiwiteite onder andere "Fox Hunting", HOTA, POTA en SOTA aktiverings. Eksperimentele groep wat landwyd toetse doen met Winlink, RattleGram, Antennas, DMR, AllStar, SVXLink, Echolink, MMDVM Hotspots, Radio Programering en vele maar. Toets van nuwe amateur radio toerusting - Quansheng, SDR, PTT/COR/COS vanaf GPIO Pins op Raspberry Pi ens. Talle radio amateurs reg oor die land is hierby betrokke.
20. Sosiale Media soos onder andere WhatsApp en Telegram om maar net twee te noem word slegs gebruik vir die plasing van fotos, videos en aankondigings. Sosiale Media het baie amateur radio bedrywighede wat vroeer inslag gevind
het op die lug, gekaap en is besig om amateur radio groot skade te
berokken. Ons glo nie daaraan om sosiale media te gebruik in plek van amateur radio nie! Ons gebruik eerder die amateur radio bande en vermy WhatsApp en Telegram waar moontlik!
21. 2 Meter eksperimentering vind gereeld plaas waar lang distansie herhaler-, satelliet--, FM analoog- en SSB kontakte gemaak word. Ons stel belang in weternskap, tegnologie en nuwe amateur radio uitvindings. Op die lug eksperimentering is belangrik om ons bande besig te hou.
22. 'n Wye verskeidenheid van tuisbou konstruksie projekte afkomstig van dele van die land vind plaas en word dan op die GRHub Blog gepubliseer vir moontlike gebruik deur bestaande en nuwe radio amateurs.
Die beskikbaar stelling van die wen resep hierbo is nie om te spog of aan te dui dat die Suid Kaap beter is is ander dele van die land nie. Geensins nie. Die oogmerk is om dit wat hier in die Suid Kaap susksesvol is, beskibaar te stel aan ons mede radio amateur vriende en klubs wat moontlik van die aspekte sou wou implimenteer. Die 22 aspekte is seer sekerlik nie die Alfa en Omega nie en verneem ons graag van ander wen resepte wat elders in die land in gebruik is.
Ter afsluiting wil ek elkeen en ek bedoel elkeen wat ‘n positiewe bydrae lewer tot die sukses resep in die Suid Kaap van harte bedank. Dit is werklik ‘n belewenis om deel te wees van die huidige "ontploffing" in aktiwiteite in die area. Enige radio amateur vanwaar ookal word uitgenooi om gerus by ons in te skakel en deel te word van ‘n aktiewe en dinamiese groep radio amateurs. Ons sien uit om julle te verwelkom in die Suid Kaap al woon julle nie in die area nie.
Artikel saamgestel deur:
Johan ZS1I
Kontak: Klik Hier
23 April 2024
What is the winning recipe for Amateur Radio in the Southern Cape?
I see many of you sitting straight up when you read the title of this topic. A winning recipe for Amateur Radio in the Southern Cape? Can never be! The Southern Cape has been known for all sorts of controversial aspects regarding Amateur Radio in the past. Some founded others unfounded which was accompanied by some gossip stories. Now why would I mention the controversy here? Well, certain things cannot just be wished away or swept under the carpet as if nothing has happened. I think there are many other areas in South Africa that are experiencing or have experienced the same aspects mentioned above. Nowadays transparency is important because you see you can't just decorate a cake nicely from the outside and then inside the cake is hollow or raw. Well, I'm not here to write about the negatives and untruths, but rather to inform you about a positive and true winning recipe for Amateur Radio in the Southern Cape!
The winning recipe consists of 22 aspects that are of great importance to promote Amateur Radio and establish activities. The 22 aspects provide a feeling of togetherness ("belonging") among older and younger radio amateurs in the Southern Cape. The 22 aspects resulted in a real pride and mutual respect among each other.
Let's take a look at the winning recipe:
I am not going to elaborate on the "method" of the winning recipe. The recipe is self-explanatory.
1. First and foremost are the spiritual blessings that we experience and that are added to our lives every day by our Creator. Without Him, this recipe means nothing!
2. We strive every day to live and follow the Amateur Radio Code. The code is available HERE.
3. Mutual respect, kindness and helpfulness towards fellow radio amateurs and non radio amateurs.
4. Positive outlook/comments is prioritized and no negativity is allowed.
5. No amateur radio "politics", "policemen", "dictators", "sour plums" or "complaining socks" are accommodated.
6. No dominance or domination of fellow radio amateurs on or off the air is allowed.
7. Equal treatment towards fellow radio amateurs and non radio amateurs. Your occupation, former occupation, title or status is of no importance in amateur radio. We are interested in you as a radio amateur.
8. No national or world political discussions are allowed.
9. All radio amateurs right across South Africa and even worldwide are welcome to tune in. (No distinction is made.)
10. Love and passion for Amateur Radio is put first. To put it mildly, Amateur Radio is an enjoyable radio obsession here in the Southern Cape.
11. Mutual affiliation/cooperation with the SARL, Clubs, Organizations and the local community is extremely important.
12. The South Cape radio amateurs think "outside the box", ie explore ideas that are creative and unusual and that are not always limited or controlled by rules or tradition. This does not mean that we throw rules or tradition overboard without further ado. Not at all the case!
13. Acknowledgement of non-radio amateurs who are listeners who also make their premises and property available free of charge for use by radio amateurs. (That's saying a lot!)
14. Reach out to and recruit future radio amateurs. (The Southern Cape has produced more candidates for the RAE in the past two years than ever before.) Great work is being done to involve the youth in amateur radio. Several youth gatherings have already taken place where the youth were directly involved and amateur radio was put to the test.
15. Apply the "belong" concept to all areas of amateur radio. Humans are social creatures and want to belong!
16. Every radio amateur is important to us. Age or years of experience in amateur radio are not prioritized. We care about each other!
17. Establishment of radio infrastructure for use by local as well as visiting radio amateurs from other parts of the country. 145.750 Mhz Aasvoelkop Repeater, 145.625 Mhz Stilbaai Repeater and the 145.550 Mhz GRHub and DMR Bridge Networks. AREDN Network (2.4 Ghz and 5.8 Ghz) which is connected to the GRHub Network. Let us not forget the many other repeaters, links, networks of radio clubs and individuals who connect their systems and networks to various nodes and networks in the Southern Cape. Your contributions in this regard are highly valued and appreciated.
18. Daily activities in amateur radio in the Southern Cape are important. This makes the "fire" burn in amateur radio! Currently there are three on air events from Monday to Friday. 06h00 - Dawn Net. 06h30 - Breakfast Net. 16h30 – Sundown Net. All three nets take place on the 145.750 Mhz 88.5 hz Aasvoelkop Repeater. Weekly Bulletin broadcasts on the GRHub Network are the ARRL Bulletin and Amateur Radio News Bulletin as well as many other local bulletins. The new Sunday afternoon HF Net takes place on 40 meters (7100 Mhz) after the Bo Karoo Bulletin's broadcast. The Aasvoelkop Repeater's daily use varies between 4 to 6 and a half hours a day. Is this the busiest repeater in the country?
19. Establishment of a variety of radio activities including "Fox Hunting", HOTA, POTA and SOTA activations. Experimental group doing nationwide tests with Winlink, RattleGram, Antennas, DMR, AllStar, SVXLink, Echolink, MMDVM Hotspots, Radio Programming and many more. Testing new amateur radio equipment - Quansheng, SDR, PTT/COR/COS from GPIO Pins on Raspberry Pi etc. Many radio amateurs all over the country are involved in this.
20. Social Media such as WhatsApp and Telegram to name but two are only used for posting photos, videos and announcements. Social Media has hijacked many amateur radio activities that used to be on the air, and is causing great damage to amateur radio. We don't believe in using social media instead of amateur radio! We rather use the amateur radio bands and avoid WhatsApp and Telegram whenever possible!
21. 2 Meter experimentation occurs frequently where long distance repeater, satellite, FM analogue and SSB contacts are made. We are interested in science, technology and new amateur radio inventions. On air experimentation is important to keep our bands busy.
22. A wide variety of homebrewing construction projects from parts of the country take place and are then published on the GRHub Blog for possible use by existing and new radio amateurs.
The making available of the winning recipe above is not to brag or indicate that the Southern Cape is better than other parts of the country. Not at all. The aim is to provide a recipe that is successful here in the Southern Cape to our fellow radio amateur friends and clubs who might want to implement some of the aspects. The 22 aspects are certainly not the Alpha and Omega and we would like to hear about other winning recipes that are in use elsewhere in the country.
In conclusion, I would like to thank everyone and I mean everyone who makes a positive contribution to this successful recipe in the Southern Cape from the bottom of my heart. It is truly an experience to be part of the current "explosion" in activities in the area. Any radio amateur from anywhere is invited to join us and become part of an active and dynamic group of radio amateurs. We look forward to welcoming you to the Southern Cape even if you do not live in the area.
Article compiled by:
Johan ZS1I
Contact: Click Here
23 April 2024