Tuesday, September 9, 2025

’n Ongewone Dubbel Frekwensie Antenna - Christi ZS4CGR


(Klik op foto om te vergroot)

Hulle sê as jy ’n probleem het, moet jy eerste die probleem definieer en dan vir die antwoord soek. Nou wat is die probleem? Dat ek twee frekwensies uit een radio wil aandryf wat te vêr uitmekaar is vir een antenna en (te naby is vir ’n 'splitter'). Hi!

Nou verskoon maar die foto’s, want my werkstafel is of my hok se tafel of my kombuis/eetkamer tafel.

Die probleem is met Burg-B / Marnet se frekwensies. Die simpleks frekwensies lê van 67.000 tot 67.125MHz terwyl die herhalers lê tussen 69.925 tot 78.6625MHx. met ’n 'off. Set' van tot 7MHz. Bitter wyd vir ’n maer mobiele antenna om te dek. Ek het voorheen reeds ’n antenna gebou wat tot vyf frekwensies van 2m tot 70cm gedek het, so ek moes nou net ’n eenvoudiger een bou met wat ek beskikbaar het.

Ter sefdertyd wil ek dit ’n 'verskuifbare mobiele antenna maak, met die mins moontlike uitgawes.

Laas toe ek by ’n smidswinkel was, het ek daar 2mm ronde plaatjies uit die afval gebedel met die om gly skarniere vir my verkyker staander te maak. Met een van hulle en ’n paar stukkies 20mm plat yster het ek ’n basis gemaak vir die monteerstuk van die antenna. Onder die voetjies het ek duodenum magnete monteer. Ek het nogal baie uitgesien na die magnete vanaf die 'communikasie winkel' (ek mag nie adverteer nie) daar uit Centurion. Nou sal julle verstaan hoe teleur gesteld ek was toe my pakkie hier op die plaas aankom en een of ander kluitkop het die magnete uit die pakkie gesteel. Vroeg die volgende dag kontak ek die winkel en verduidelik en gee foto’s van die beskadigde pakkie, nou moet ek maar kyk wat gebeur waar ek weer geld vir magnete sal kry, want om hulle nou te vervang beteken hulle kos my nou drie-maal die eerste prys (courier ingesluit).

’n Pluimpie vir my verskaffer: Daardie selfde middag ontvang ek ’n kennisgewing dat die vervangings magnete reeds by die koerier is, wat ’n vreugde. So inplaas dat my projekkie uitgestel word, is die nuwe pakkie die volgende dag hier en ek kan laai waai.



 (Klik op fotos om te vergroot)

Die magneet basis se basis Montering van die magnete.

Kyk mooi, die bout wat die magneet monteer het ’n plastiese insetsel wat deur die staal gaan en langer is as die plaat dikte, aan weerskante is daar wassers om die plastiek effe vas te druk in die staal. Die doel is om te kompenseer vir skuins vlakke op ’n voertuig sodat die magneet maksimum kontak op die voertuig het, die magneet kan dus effe kantel.


 (Klik op foto om te vergroot)

 Terloops, die magnete het 'versinkte onderkante en die boutjies (5mm) het versinkte koppe.

Terloops, die midband antenna het ek verlede maand van dieselfde winkel afgekoop, diens is puik produk is puik prys is baie goed en aflewering is meestal die volgende dag (hier na my toe).

En so lyk die antenna basis, as jy eers agtergekom het hoë hy in mekaar sit, is die ontwerp eintlik oulik en goed.

 


(Klik op fotos om te vergroot)

Nou vir die truuk om twee antennas te monteer (ek sal later die VNA prente plaas). Vir die montering het laas keer ’n geelkoper skyf gebruik, maar dit kos geld en ek sou moet Bloemfontein toe gaan vir die materiaal. Dis, maak ’n plan.

Ek wou eers soek vir ’n geelkoperstaaf sodat ek skroefdraad in die gaatjies kon sny, maar toe vang my oog ’n stuk gegalvaniseerde 'ready bar' (wat is dit in Afrikaans) en ek sien ’n nuwe plan.


(Klik op foto om te vergroot)

Hy moet maar groot bly dan kan julle makliker sien wat ek gedoen het. Ek moes die gaatjie op die antenna basis uitboor na 3,2mm sodat ek ’n sterker middel-stuk kon gebruik. Die staak het 3mm gaatjies 100mm uitmekaar en een in die middel. Op die foto het ek nog SS-moere om makliker te werk maar ek het hulle later vervang met selfsluitmoere.

As grondvlak gebruik ek die bokant van ’n 210ℓ drom wat ek op ’n staander met drie pote monteer, dit maak toets werk baie makliker al is dit nie ’n ideale opset nie. Die magneet staander moes ek omtrent 50mm verhoog omdat die kabel uit die antenna monteerstuk nie haaks uitkom nie en ek dit nie skerp wil buig nie


 (Klik op fotos om te vergroot)

Hier is die drie latte waarmee ek getoets het. Van bo na onder No 1, 2 en 3.

No 1 kom saam met die antenna, 2 Is ’n gewone 51" lat en No 3 is ’n gewone SS-vervangings lat.


(Klik op foto om te vergroot)

Net om ’n idee te gee van hoe die kombinasie lyk.

Goed, hier is nou die reeks VNA prente, ek sal hulle volgens nommer bespreek. Eerste net die enkel latte direk op die basis gemonteer, sonder die T-stuk.

(Klik op fotos om te vergroot)


Lat 1


Lat 2

Net om te wys waar elkeen resoneer sodat dit vergelyk kan word met die verandering wanneer in kombinasie. Die T-stuk verleng die antenna met ongeveer 100mm, wat die resonante punt ook sal skuif.

 

Lat 3

Nou vir die kombinasies. Moet nie na die resonante frekwensie kyk nie, die idee is om te sien wat gebeur as ek twee stokke gelyk monteer. Onthou die twee antennas moet tussen 2 en 11MHz uitmekaar resoneer (wanneer dit finaal ingestel moet word)


Latte 1 en 2.

 


Latte 1 en 3.



Latte 2 en 3.


Latte 1 en 3 met die frekwensie grense aangedui.



Laastens lat 1 alleen op die T-stuk. (vlg. Met eerste VNA prent waar lat 1 direk op die montering is.) Omtrent 2MHz verskil.

Die volgende taakie gaan wees on die twee latte uitmekaar (dus parallel) te hou en daarna om die T se onderste been te verstewig. Dan kom die 'langpad toets'

Christi ZS4CGR

New ZS6CM0 70cm AllStarLink Repeater - Alberton

(Click on images for larger view.) Curtis ZS6CMO recently completed his 70cm AllStarLink Repeater.  In the video the repeater was connected ...